Ek's bly julle is beter. Gelukkig het ons ons herinneringe wat ons kan uithaal en lag, huil daaroor en dit weer wegsit tot ons weer na die persoon wil 'gaan'.
Ek sien nou die oggend terwyl ons werk toe ry, hier om die Heuwels, 'n paar manne met mandjies in die wingerd.
En ek wonder of dit sulke tyd is. Oestyd. Of sou hulle iets anders gedoen het? Het hulle nog nie weer in die wingerd gesien nie.
Ek het 'n vreeslike moeilike maand agter my.
So se ek toe vir my seun, Juann, ek wil nou plaas toe. Veld in. Weg uit die stad. Soek daardie stof aan my voete, miere ook.
Se hy ek moet maar gaan mandjie optel en druiwe oes.
Het julle pensioenfonds en daai dinge? Indien wel, ek wil aansoek doen daar by jou. Sal goed doen met 'n stukkie brood en bottel wyn vir my dag se rantsoen.