Ek is nie altyd so mooi by nie....my verstaan kamers se kleppe is soms op skreffies oop. Maar hier is vir Stof 'n groot (((((((((((((((((((HUG/DRUK))))))))))))))))))))
Soveel dankies vir die drukkie. Soms is een drukkie beter as hoofstukke se mooi woorde. Laat weet ook maar as die kniegies moeg raak, dan probeer die luis vir jou Campherroom aanstuur.
Siestog Stoffeltjie.
As jou hond flooie het: Maak 'n mengsel (pasta) van brandewyn en sand. Smeer die hele hond daarmee. Die flooie raak dan gesuip en gooi mekaar met klippe dood.
Jy maak luis bang. Sê nou die vlooie gooi die luis ook raak? En dit terwyl die luis reeds lê?
Naas, dankie aan jou, jou gawe om die komiese in die lewe raak te sien, is alreeds soos 'n salfie vir hierdie luismaatjie van jou. Dankie tog nie alle mense gril vir goggas nie.
Aan Mandi, dankie ook vir jou oproep sopas. Ek sien uit na die koffietjie en die deel oor ongeveer 'n uur.