• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dom dinge

Started by PM, December 26, 2011, 09:24:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Vanoggend soek ek my selfoon.  Weg!  Het dit tog net 'n rukkie van te vore in my hand gehad.  Hannes soek melk.  In die yskas, seg ek.  Issie daar nie.  Is.  Issie.  Ek het dit self daar gesit!
Hy gaan terug yskas toe.  Wat soek jou selfoon in die yskas?  Seker na die melk!  :icon_biggrin:

Watter dom dinge het jy al gedoen?
Om te weet is om te verstaan.

adele

Dom dinge...? duisende.
Ernstige onnosele besluite wat ek nooit weer sal doen as ek sekere tye in my lewe kon oorhê nie   :crybaby2: 

Maar vol humor? O ja, net so baie.
Ek soek gereeld na my selfoon om iets te kyk wanneer ek met iemand oor einste selfoon gesels. Ek het ook al die melk netjies langs die ketel parkeer en die suiker in die yskas gebêre.    :icon_biggrin:   
adéle  :grommit:

Lox

ek het al baie kere my bril gesoek en dan is hy reg voor my oë op my neus.

sleutels, selfoon, pen en/of potlood neergesit en binne 20 sekondes weet ek nie waar dit is nie.

na sononder in die Okavango in die modder ingery en voor die tyd geweet dis verkeerd, ek moet nie so maak nie.



wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

hey.... ek dink nie dit is dom dinge nie.... want dan doen ek dom dinge te veel! haha ek misplaas dingetjies gereeld en kry dit dan weer, en mense lag maar te gereeld vir my daaroor....
*The one and only AWESOME-EST


PM

Ernstige besluite hou weer 'n hele ander inpak in.  Dikwels staan jy terug en wonder hoekom jy so "oop oog" in 'n ding ingestap het.  Dit is so asof jy "siende blind" was.

Adéle, het jy gesien jou  :grommit: is hier?  Ek was bang ek kom vanmiddag daar by jou aan en jy  :`ip2: my, toe maak ek seker dit is hier.  :icon_biggrin:
Hier is nog 'n paar gatseggies wat moet "gaan".

Ons gaan 'n bietjie by Adéle oorbly.  Hannes moet naby Gariepdam wees vir 'n finale inspeksie en oppad gaan ons boeke aflewer.   :hello2:

Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek het bietjie in die gange rondgedwaal en toe kom ek hierop af:  Die dag toe my selfoon na die melk gesoek het!  :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :icon_biggrin:

Met twee verstrooide mense, gebeur hierdie tipe van ding amper elke dag by ons. :-)

PM

Dit laat my dink aan die seuntjie wat elke dag gaan melk en meel haal het.  Die emmer vir die melk doen toe 'n lek op.  "Dan moet antie maar die meel in die emmer gooi en die melk in die slopie."
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

ek het al die strykyster in die yskas gebere en die melk oor die plante gegooi ...
mmm ... dan het ook al sout in koffie instede van suiker gegooi ...
my lys van dom dinge is lank ... maar dis blykbaar 'n duidelike teken van my hoe intelengesie vlak  - al kan ek nei spel nie - nes Einstein ...  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Hheheheh, lekker giggel ek nou. My domste ding wat ek gedoen het was die dag toe ek wou gaan kyk of die mooiste klip in my tuin nie dalk oornag klein klippies gekry het nie! Gin lieg  :color:

PM

Met daardie geloof kan 'n mens berge versit.    :angel4: 
Sal hierdie week 'n storie van Francouis plaas oor geloof.  Kostelik. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Het die klip toe kleintjies gekry??

:angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

As ek hom met 'n hammer en beitel bygekom het sou daar seker gewees het Willa, maar vanself? Nee  :icon_bigsmurf:

Fransi


Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w