• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hoe paraat is jy?

Started by PM, December 14, 2011, 07:37:57 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anastasia

Nee, ons het die Bosveld vaarwel toegeroep einde Mei 1016 met Riaan se aftrede.  Ons het 'n mooi plekkie gekoop, paradys.  Natuurbewarigsgebied omsoom dit, en volle see uitsig.  Maar daar is toe maar ook 'n slang in die paradys.  Maar dit laat ons nie verdryf nie.  Ons leef steeds ons droom.  My seun het daardie aand ons lewens gered.  HY neem mos aan sterkmankompetisies deel.  Die 5 manne wat my man met messe toegetakel en 9 keer gesteek het het hy een vir een hoog bokant sy kop opgetel en by die venster waar hul ingekom het uitgesmyt.  Maar die een wat by my was het 'n pistool gehad, en die het hom toe daarmee geskiet, terwyl een hom ook in die een skouer gesteek het.  Die ander skouer is gewond met die pistool.  Hy het egter homself gerehabiliteer en het al weer deelgeneem aan kompetisies.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

#16
Ek onthou hoe my maag geruk het toe ek lees wat julle oorgekom het Anastasia  :crybaby2: die soort trauma 'hunt' mens vir jare. sluip ek gou terug na jou nuwe plasing mater. Soooooo dankbaar julle het oorleef. Wat 'n aaklige nare ondervinding. Jou seun is 'n hero!

PM, jy onthou reg. Ek moes die swartman in sy spore stuit met 'n loodpil in my kombuis. Hy het Outop van buite af, reg deur ons huis in SA gejaag met 'n rewolwer. Dit was die laaste strooi vir ons.

PM

Ek kan glo dat 'n mens nie maklik daaroor kom nie.  Seker nooit regtig nie. 
By GPF is ons geleer om alarms 'n entjie van jou huis af te hĂȘ sodat jy kan weet hulle is daar voordat hulle in jou huis kan kom. 
Ons het ook vriende wat moeg geword het vir die "vals alarms" en 'n week later is hulle aangerand en beroof.  Die vloekstene het moedswillig die alarm geaktiveer totdat die eienaar die alarmstelsel afgeskakel het. 
Waar ons gewoon het, het ons GPF elke keer uitgekom om ondersoek in te stel oor 'n alarm wat afgegaan het.  Hulle is blitsig, binne 'n minuut of twee is daar tot soveel soos 8 voertuie voor jou hek.  Hulle ondersoek die erf en gaan tot in die huis en maak seker dat jy veilig is.  Dit is hoekom ons radios so 'n groot rol gespeel het.  Dit het my veilig laat voel, geweet hulp is net die druk van 'n knoppie ver.   :hello2:

Om te weet is om te verstaan.