Author Topic: Hoe paraat is jy?  (Read 8280 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hoe paraat is jy?
« on: December 14, 2011, 07:37:57 AM »
Ek het nog altyd gedink ek is "op en wakker" en baie oplettend.  Nou dat ons by die buurtwag aangesluit het besef ek ek is eintlik vas aan die slaap. 

Kan jy die voetganger wat jy pas verbygegaan het beskryf sodra jy om die hoek is?
Bou, lengte en kleredrag?

Weet jy waar jy jou bevind?  In watter straat tussen watter strate?  As jy om hulp moet roep kan jy dadelik sê waar jy is? 

Hou jy gereeld jou truspieels dop om te weet wie is agter  of langs jou?  Is daar genoeg spasie voor jou en die voorste motor, om "gat skoon te maak" as jy vinnig wil wegry?  Dit geld ook vir wanneer jy by 'n sentrum parkeer, of na jou motor toe stap nadat jy inkopies gedoen het.   Wees oplettend. 

Gister het ons 'n voorval gehad waar 'n ou omie 'n man uit die straat gehuur het om sy tuin skoon te maak.  Voor eenuur weier meneer om die gras te sny, want hy is nie gehuur daarvoor nie.  Die beddings is skoon en hy wil nou loop.  Die oom het hom in diens geneem vir die dag teen R100.00 en hy betaal hom toe net R70.00.  Meneer dring toe aan op R100.00 of hy sal die oom laat "uithaal". 
Toe die polisie daar aankom en hom vra vir sy ID het hy nie een nie.  Dit is baie onverantwoordelik.  Maak altyd seker dat jy die persoon se ID neem totdat hy klaar gewerk het.  Maak 'n kopie daarvan as dit moontlik is.  Dit is ook 'n groot resiko om iemand uit die straat op jou perseel toe te laat.  Dit is nou maar net so. 

Daar is soveel klein goedjies wat 'n mens kan doen om jouself te beveilig.  Wees wakker. 

Dit is "inkopietyd" vir die skelms. 

Dit was op die nuus noudie oggend, as jy geld trek by 'n ATM, hou jou ander hand oor die hand wat die kode intik, die skelms versteek klein kamaraties om jou kode te bekom voordat hulle jou kaart by jou afneem.  Almal weet ook seker al om nie 'n kredietkaart aan te bied vir betaling waar jy dit nie permanent onder die oog het nie. 

Wie het nog voorkomende inligting?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #1 on: December 14, 2011, 10:14:22 AM »
Geen inligting die kant nie, ek weet net ek was nog nooit paraat nie. Loop met toe oë deur die lewe.

Jy noem 'n paar goed wat ek van weet, maar ook 'n hele paar waarvan ek nie bewus was nie. So baie dankie, hoop nou net my oë gaan een of ander tyd oop.... :icon_scratch:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #2 on: December 14, 2011, 10:17:58 AM »
Julle het seker van die "swartsakmetode" gehoor.  Ta wikkel homself in 'n swartsak in dan dink jy dit is maar net 'n sak vuilegoed wat daar lê.  Wees bedag as hy langs jou hek lê.  Jy mag dalk net 'n verrassing kry. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #3 on: December 14, 2011, 11:13:19 AM »
Ons gebruik blikke met wieletjies, so as ta daar in sy swart sak, afsak in 'n sak posisie, sal ek met Koos om my nek, die hek vir Bakkies en Tara oop maak en sien wie en wat kan vinniger hol... dit kan nogal "sports" wees.   :evil6:
Sal bietjie moet 'n toets lopie uit oefen, enige name wat julle in 'n swart sak wil stop?  :dontknow:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #4 on: December 14, 2011, 01:06:12 PM »
Ons het besluit om heen en weer daaroor te ry.  Net vir die wis en die onwis.   :icon_biggrin:
Nee, gelukkig het ek nie name om in die swartsak te stop nie.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #5 on: December 14, 2011, 07:55:55 PM »
Motor deure gesluit, vensters opgedraai.  Ons hou 'n skokgedoentetjie in die kar naby ons hande. As ta sy hand indruk sal enigeen van ons hom met die kontrepsie kan skok dat sy kop klap. Ek weet hulle is blitsvinnig, maar wees bedag op die wat langs die pad loop of staan. Bedelaars kry nie 'n sent van my nie. Handsak op die vloer tussen jou voete.
Huis se deure gesluit. Ongelukkig.  Anders moet jy by elke buite deur Trellidor laat aanbring.
Shopping, ek het die minimum in my handsak. Hou jou kaarte en ID in jou jeans se sak. Selfoon ook. Ek wil 'n bom insit wat ek kan aktiveer sodra iemand dit by my gryp.  Sy hande moet daarna nooit weer kan steel nie.  Of 'n troetel slangetjie. Giftig.
Het jy speed dial nommers op jou foon.  Laai dit.  Wanneer jy in 'n situasie is, kan jy nie hierdie nommers onthou nie ook nie altyd opsoek eers nie.
Die kinders MOET weet wie /  wie nie hulle kan vertrou en inligting mag uitgee voor.
Hou 'n afskrif van jou motor versekering in die kar sodat dit maklik bekombaar is as jy in 'n ongeluk betrokke is.  Weet watter no om te skakel en hou jou polis no byderhand.
Wat moet gebeur as jy nie self kan kommunikeer nie?  Hospitaal, Dr, ambulans, wie moet geskakel word as jou naasbestaande???

Dit is belangrik dat ons weet sodat ons veilig kan wees.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #6 on: December 15, 2011, 01:00:11 PM »
Dalk kan ons jou idee patenteer Ell♥, ek sal ook so 'n bom wil plant.   :icon_biggrin:
Julle sal nie weet hoeveel wraakgedagtes deur 'n mens se kop gaan as jy 'n ou tannie bystaan wat kliphard huil omdat al haar pensioengeldjies in haar handsak was nie. 
Die wetters weet wie is die sagte teikens. 

Daardie inligting is uiters belangrik.  In ons sektore kyk ons eerste agter die sonskerm aan die bestuurderskant, want baie mense bêre die inligting daar.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #7 on: August 02, 2018, 12:59:40 AM »
Skuldig - alweer lesende oor 'n gas se skouer besef ek hoe dankbaar ons is vir die veiligheid (maar nog steeds versigtig) in ons klein cowboy dorpie hier in die land van Bloekoms en groot springende hase.

Ons dorp het soos baie ander ook 'n toevlug geword vir omtrent vier 'vlugtelinge uit donker Afrika' wat die staat 'ingeneem' het. En vergewe my die rassistiese waarneming - waar hulle ook al geplaas was, het die misdaadsyfer skielik verhoog. Feit soos paal bo water!
Selfs hier in ons Outback geweste  :crybaby2:

Ek is dank Vader bly vir die ou ingesteldheid in my gebeentes om op te let na sekere tekens wat onheil voorspel. Iets wat die mede Ausies uit die mag van gewoonte natuurlik onnodig vind.

Binne weke na ons die vlugtelinge begin opmerk in die winkels hier, stap ek een oggend soos my gewoonte is om te gaan seker maak  my weduwee buurtannetjie is nog wel. Sy het 'n hartaanval gehad so rukkie gelede en weier om in 'n te huis of by haar kinders tuis te gaan in naburige dorpe.

Met die terugkeer vang my oog Outop se sandaal wat wonderbaarlik self 'geloop' het tot by ons voorste bedding. Die heining het ons jare gelede verwyder sodat die wieletjieshuis in die erf kon inkom.

Nare gewoonte wat ek het om alles in rytjies te skuif, weet die uwe dat sy die twee sandale netjies langs mekaar geskuif het reg langs die stoeptrappie toe ek uitgekom het oppad na buurtannie toe. Ek doen dit instinktief. Altyd. (Outop skop net uit en kom in). Onmiddelik het ek onraad vermoed en ons haal van toe af weer sleutels uit die motors, sluit en gaan hang op in die pandok. Alles word getrou gesluit en daar is ekstra beskerming aan die wieletjieshuis geplaas. Ek loer deur die venster om te sien wie klop voor ek oopmaak. Daardie sandaal was 'n teken dat die vrou van die huis padgevat het en hier twee maklike, sagte teikens reg langs mekaar woon.



 
« Last Edit: August 02, 2018, 01:01:29 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #8 on: August 02, 2018, 12:11:25 PM »
Dit is soooo jammer!  Ongelukkig is almal in ander lande nie so paraat soos Suid-Afrikaners nie.  Selfs hier op Leeupoort het ons in rustigheid verval.  Ons tuinmeubels en ander toerusting staan net so buite en wanneer ons terug is is alles nog soos ons dit gelos het. 
Onse grootste skelms is bobbejane en ape.  Kan jy glo dat 'n bobbejaan 'n skuifdeur kan uitlig?  As jy nog nie bobbejane of ape in jou huis gehad het nie weet jy nie watse skade hulle kan aanrig nie. Dit is eens te erg.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #9 on: August 02, 2018, 10:53:44 PM »
PM, kom deel groot assebliefie 'n foto van jou diewe!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #10 on: August 03, 2018, 05:02:55 PM »
Ek sal 'n bietjie gaan soek.  Ek moet nog 'n foto hê van Saartjie, die afhande bobbejaan.  Sy het so stout geword dat hulle haar moes uitsit.  Die mense het haar baie bederf omdat sy sonder hande was, maar daardie twee stompies en twee agterpote het presies geweet hoe om kwaad te doen. 
Ons weet nou nie of sy 'n "slagoffer" was omdat sy nie hande gehad het om te keer nie, maar hoe dit ookal sy, Saartjie het elke jaar 'n "baby" gehad.  Sy het daardie kleintjies net so stout geleer.
Ons wens mense wil besef hoeveel skade hulle doen deur die diere te voer.  Aan die einde van die dag is dit die diere wat daaronder ly.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #11 on: August 04, 2018, 06:29:10 AM »
Mens besef eers hoe onparaat mens is as die werklikheid gebeur.  Op 8 November toe die 6 inbrekers ons oorval het, was ons geheel en al onvoorbereid daarop.  Ten spyte daarvan dat ons huis geheel en al afgesonderd staan.  Ons bure is 'n natuurreservaat een kant, oseaan ander kant, en oop erwe sover die oog strek ander kant.  Dit was deel van die aantrekking.  Die stilte en afsondering.  Ons het geen gedagte aan misdaad geskenk nie.  My groot messe het uitnodigend in 'n blok gestaan op die kombuis toonbank reg onder die venster waar hulle ingekom het.  Ons baie duur alarmstelsels was vir 2 jaar nooit geaktiveer nie, oor my katkinders.  My vuurwapen is onafgevuur al vir meer as agt jaar, in die kluis, waarvan ek vir twee dae na die sleutel moes soek agterna.  My en my man se selfone is gesteel.  My seun het met 'n skietwond op die kombuisvloer gele.  Ek het sy sel gehad, maar ken daardie maak nie.  Ek het nie geweet hoe om dit te gebruik nie.  Ek het geheel en al in die war vergeet van die paniek knoppie vir ons sekuriteitsmaatskappy.  Ek het met my kruppel bene op en af deur die huis gehardloop op my kouse, gly gly deur die bloed van my man en seun.  Ek het 'n landlyn, maar daar gekom besef ek het nie 'n enkele nommer op papier om te gebruik nie, alles gestoor op die selfoon.  Ek het maklik twintig mnute geneem voordat ek die werklike paniek knoppie gedruk kon kry en die sekuriteit ontbied, wat van daar af beheer geneem het en die ambulans, polisie ens laat kom het.  Ek dank my sterre alles het sonder tragedie afgeloop.  Dink watter selfverwyt sou daar wees.  Nou is daar 'n lang lys telefoonnommers naby die landlyn, versteek.  Ek weet hoe elke sel in die huis werk.  Ek ken die alamrstelsel goed.  Paraat wees is so belangrik.  Ons hou nou ons eie fire drills hier.  Letterlik ook agv al die vure.  En misdaad.  Iemand moet net effe huiwer voor ons huis, dan het ek sy registrasie nr en beskrywing.  Ek lag so, meestal is dit Gauteng besoekers op vakansie wat ons mooi plekkie bewonder!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #12 on: August 04, 2018, 08:43:12 AM »
Ek kry steeds hoendervleis as ek na jou vertelling "luister" Raaitjie.  Ek weet nie hoe verwerk 'n mens dit nie. 
As 'n mens deesdae in die stad woon is dit noodsaaklik om by 'n GPF (Gemeenskaps Poliesie Forum)aan te sluit, minstens een radio te koop met 'n spaar battery. (As ons nie 'n radio gehad het toe die reservoir se pype los gekom het nie, sou ons beslis verdrink het.)
'n Radio is daar vir enige noodgeval.  Jy druk net 'n knoppie en praat en hulp is oppad. 
Toe ons nou in Richardsbaai was en ek moes die ambulans vir Hannes ontbied, het dit my ook omtrent 20 minute geneem om vas te stel watter ambulansdiens, waar is die gastehuis geleë ens.  Toe ek uiteindelik die nagwag kon wakker kry toe weet hy ook nie waar is ons nie.
Moenie dink as jy op 'n vreemde plek is jy kan nie 'n noodgeval hê nie.  Maak seker van jou adres en noodnommers. 
Paniek oorval 'n mens maklik in 'n noodgeval en dan sny jou brein uit!  Werklik, na 'n noodgeval kan jy nie glo dat jy so paniekbevange was dat jy nie helder kon dink nie.  Maak nou seker dat alles in plek is. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #13 on: August 04, 2018, 04:08:19 PM »
PM, ek neem aan die antwoord was eintlik aan my adres, nie Raaitjie nie?  Dit was 'n skrikwekkende belewenis.  Ek dink dit verander mens van diep binne in jouself vir ewig.  Ons woon nie in die stad nie, eintlik 'n klein dorpie aan die Suidkus KZN.  Maar misdaad is oral so groot probleem.  Ons het die plek juis gekies om te kom aftree as gevolg van die afsondering.  Maar ons gaan ons ook verseker nie laat verjaag nie.  Maar ek sit elke oggend klokslag daardie tyd penorent wakker.  My liggaam se klok se alarm gaan dan af.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #14 on: August 05, 2018, 11:21:31 AM »
Skuus matertjie.  Dit is aan jou gerig.  My tikkertjie tik Raaitjie se naam outomaties.   :icon_biggrin:
Nee ek lieg, ek het nie ag geslaan nie. 
Dit laat my nogtans met koue rillings om te dink wat julle deurgemaak het.   Dat 'n mens sterk genoeg is om so 'n aanslag die hoof te bied en sterk en stewig anderkant uit te kom is sekerlik net genade. 
As ek dit nie mis het nie het Raaitjie-hulle 'n soortgelyke ervaring gehad. 
Ek het eintlik gehoop julle is nog hier naby Leeupoort dat ons 'n koffietjie kon inruim. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #15 on: August 05, 2018, 10:46:35 PM »
Nee, ons het die Bosveld vaarwel toegeroep einde Mei 1016 met Riaan se aftrede.  Ons het 'n mooi plekkie gekoop, paradys.  Natuurbewarigsgebied omsoom dit, en volle see uitsig.  Maar daar is toe maar ook 'n slang in die paradys.  Maar dit laat ons nie verdryf nie.  Ons leef steeds ons droom.  My seun het daardie aand ons lewens gered.  HY neem mos aan sterkmankompetisies deel.  Die 5 manne wat my man met messe toegetakel en 9 keer gesteek het het hy een vir een hoog bokant sy kop opgetel en by die venster waar hul ingekom het uitgesmyt.  Maar die een wat by my was het 'n pistool gehad, en die het hom toe daarmee geskiet, terwyl een hom ook in die een skouer gesteek het.  Die ander skouer is gewond met die pistool.  Hy het egter homself gerehabiliteer en het al weer deelgeneem aan kompetisies.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #16 on: August 05, 2018, 10:49:44 PM »
Ek onthou hoe my maag geruk het toe ek lees wat julle oorgekom het Anastasia  :crybaby2: die soort trauma 'hunt' mens vir jare. sluip ek gou terug na jou nuwe plasing mater. Soooooo dankbaar julle het oorleef. Wat 'n aaklige nare ondervinding. Jou seun is 'n hero!

PM, jy onthou reg. Ek moes die swartman in sy spore stuit met 'n loodpil in my kombuis. Hy het Outop van buite af, reg deur ons huis in SA gejaag met 'n rewolwer. Dit was die laaste strooi vir ons.
« Last Edit: August 05, 2018, 10:51:31 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe paraat is jy?
« Reply #17 on: August 06, 2018, 10:29:48 AM »
Ek kan glo dat 'n mens nie maklik daaroor kom nie.  Seker nooit regtig nie. 
By GPF is ons geleer om alarms 'n entjie van jou huis af te hê sodat jy kan weet hulle is daar voordat hulle in jou huis kan kom. 
Ons het ook vriende wat moeg geword het vir die "vals alarms" en 'n week later is hulle aangerand en beroof.  Die vloekstene het moedswillig die alarm geaktiveer totdat die eienaar die alarmstelsel afgeskakel het. 
Waar ons gewoon het, het ons GPF elke keer uitgekom om ondersoek in te stel oor 'n alarm wat afgegaan het.  Hulle is blitsig, binne 'n minuut of twee is daar tot soveel soos 8 voertuie voor jou hek.  Hulle ondersoek die erf en gaan tot in die huis en maak seker dat jy veilig is.  Dit is hoekom ons radios so 'n groot rol gespeel het.  Dit het my veilig laat voel, geweet hulp is net die druk van 'n knoppie ver.   :hello2:

Om te weet is om te verstaan.