• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

langste woord

Started by adele, December 11, 2011, 09:32:07 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

http://maroelamedia.co.za/blog/boeretroos/taaltoffie/langste-woord-in-afrikaans/

help julle, ek soek daardie langste woord met die klomp w's wat ons saamgestel het, dalk kan Meraai dit vir hulle aanstuur
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

#1
Adele ek het hierdie netso uit die woordeboek waar ek ons w-woorde bewaar het, gaan haal. Ek glo nie daar is nog so 'n gedig in Afrikaans nie LOL! Sal gaan loer waar ons met die woorde gespeel het vir die langste woord. Intussen geniet die hoor :book1: :notworthy:

Posted Desember 1st, 2010 by Meraai vannie baai

Weeksblaaie Weerspieël Weggesteekte Waarhede:

Weggesteekte Westerse Woesteling;
Waardige Wederhelf Willie Wetie
Woon Wrintiewaar Wel Waar
Wonderbaarlike Woordryke
Woesterse Webwerf-Wesies
Weekliks, Wille-Woeste-Woorde
Wat Weliswaar Watertand Werk,
Wedersyds Wêreldwyd Wil Werf

Woerts-Warts Woepsie-Wapsie
Word Woord-Wurms Warmbloedig
Weë Wielie-Walie-Werkskeppende-Walse
Werklik Weergaloos-Welgesproke
Willekeurig Wikkelende Wa-Wyd Wakker

Weet Wetsgehoorsame Weetgierige Wysneus Wat?
Wie Wonder Wydoog Waaroor Wou
Weleerse Wyle Watsenaam;
Wynsuipende Wouter Wyngardt Wessels
Wraggies Wraakgierig Wrokkig
Weereens Woordloos, Wantrouig Worstel

Wyl Wasige Warrelende Woud-Winde Wragtag
Weens Woelige Werkers, Weswaarts Wegswaai
Want Wriemelende Warmhakskeentjie-Wesens;
Wafferse W-Woorde-Wysneus-Wewers,
Wil Waarskynlik Weer Wondermooie
Weelderige Wonings Waardevol Weef Want

Weeksblaaie Weerspieël Weggesteekte Waarhede:

Welsyns-Werkgewers Wys Wederregtelik
Werklik Weinig Weerlose Weduwees
Wanhopig Werkloos, Weemoedig Weg.

*In versvorm saamgestel deur 007 en is gedeeltelik geskoei op die Tongue Twister Poem struktuur

PM

Lekker om jou raak te lees Raaitjie.  Dankie vir die inligting.  Ons het darem heerlik gewoeker met die wille w's.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Lekker ou dae gewees ne  :bootyshake:  Woordpret uit die boonste rakke  :love7:

PM

Ons maak weer so!   :bootyshake:  Daar wag harde werk vir boek twee, maar dit is waar die pret inkom.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Hier is 'n paar "langste woorde". 

hottentottensoldatetentoonstellingstoegangskaartjieknipapperaatbedieningsmeganismehersteller (98 letters).
gespikkeldeminiatuurgroentekewer (33 letters)
meervoudigeprobleemsiektetoestande (35 letters)
metaaloksiedsilikonveldeffektransistor (39 letters)
gewapendebetonbrugkonstruksiemaatskappy (40 letters)
Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein (44 letters)
kafferwaatlemoenkonfytstukketentoonstellingsparades (53 letters)
kafferwaatlemoenkonfytresepteboekassistentsraadgewer (54 letters)
Tweedehandsemotorverkoopsmannevakbondstakingsvergaderingsameroeperstoespraakskrywerspersverklaringuitreikingsmediakonferensie-aankondiging (136 letters)
Om te weet is om te verstaan.

AB

demit, nog nooit van sommige van die goed gehoor nie.

PM

Jy sal altyd 'n nar kry wat "langer" wil gaan.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Aspoestertjie

Indiesestienspanossewapadondernwagebietjieboomhangdaarnliggiewatflikkerfonteintweespoorafdraaipad. (95)


:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

PM

Jy kort nog 'n paar .etters Aspoestertjie.    :icon_biggrin:   Kom ons kyk of iemand jou kan klop.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Nou lees ek hier en ek wonder wat dit beteken?  .etters?   Letters?   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Waar Willa's Werk Werk Wonders Werklik Wonderbaarlik. Wonders is Werklik Waar Willa's Werk.  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

oulik oulik vriendin

:grommit: 
adéle  :grommit:

Naas

Terwyl ek by een maatskappy gewerk het was ek hulle aksiekrieketreelingskommiteesameroepervoorsitter. (48)
Ek het my korrespondensie ge teken as die voorsitter.
Besef nou dit was die aksiekrieketreelingskommiteesameroepervoorsitterkorrespondensie. (63)
Sjoe. Mens kan swaar dra aan jou tietels...

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Mensig!Haal my hoed af en knak die kniege altwee  :notworthy: :headbang: