Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Nuwe woordskeppings => Topic started by: adele on December 11, 2011, 09:32:07 PM

Title: langste woord
Post by: adele on December 11, 2011, 09:32:07 PM
http://maroelamedia.co.za/blog/boeretroos/taaltoffie/langste-woord-in-afrikaans/

help julle, ek soek daardie langste woord met die klomp w's wat ons saamgestel het, dalk kan Meraai dit vir hulle aanstuur
Title: Re: langste woord
Post by: Meraai vannie Baai on December 12, 2011, 12:08:47 AM
Adele ek het hierdie netso uit die woordeboek waar ek ons w-woorde bewaar het, gaan haal. Ek glo nie daar is nog so 'n gedig in Afrikaans nie LOL! Sal gaan loer waar ons met die woorde gespeel het vir die langste woord. Intussen geniet die hoor :book1: :notworthy:

Posted Desember 1st, 2010 by Meraai vannie baai

Weeksblaaie Weerspieël Weggesteekte Waarhede:
 
Weggesteekte Westerse Woesteling;
 Waardige Wederhelf Willie Wetie
 Woon Wrintiewaar Wel Waar
 Wonderbaarlike Woordryke
 Woesterse Webwerf-Wesies
 Weekliks, Wille-Woeste-Woorde
 Wat Weliswaar Watertand Werk,
 Wedersyds Wêreldwyd Wil Werf

Woerts-Warts Woepsie-Wapsie
 Word Woord-Wurms Warmbloedig
 Weë Wielie-Walie-Werkskeppende-Walse
 Werklik Weergaloos-Welgesproke
 Willekeurig Wikkelende Wa-Wyd Wakker

Weet Wetsgehoorsame Weetgierige Wysneus Wat?
 Wie Wonder Wydoog Waaroor Wou
 Weleerse Wyle Watsenaam;
 Wynsuipende Wouter Wyngardt Wessels
 Wraggies Wraakgierig Wrokkig
 Weereens Woordloos, Wantrouig Worstel
 
Wyl Wasige Warrelende Woud-Winde Wragtag
 Weens Woelige Werkers, Weswaarts Wegswaai
 Want Wriemelende Warmhakskeentjie-Wesens;
 Wafferse W-Woorde-Wysneus-Wewers,
 Wil Waarskynlik Weer Wondermooie
 Weelderige Wonings Waardevol Weef Want

Weeksblaaie Weerspieël Weggesteekte Waarhede:
 
Welsyns-Werkgewers Wys Wederregtelik
 Werklik Weinig Weerlose Weduwees
 Wanhopig Werkloos, Weemoedig Weg.
 
*In versvorm saamgestel deur 007 en is gedeeltelik geskoei op die Tongue Twister Poem struktuur
Title: Re: langste woord
Post by: PM on December 12, 2011, 11:46:26 AM
Lekker om jou raak te lees Raaitjie.  Dankie vir die inligting.  Ons het darem heerlik gewoeker met die wille w's.   :icon_biggrin:
Title: Re: langste woord
Post by: Meraai vannie Baai on December 24, 2011, 12:30:12 AM
Lekker ou dae gewees ne  :bootyshake:  Woordpret uit die boonste rakke  :love7:
Title: Re: langste woord
Post by: PM on December 24, 2011, 07:51:20 AM
Ons maak weer so!   :bootyshake:  Daar wag harde werk vir boek twee, maar dit is waar die pret inkom.   :icon_biggrin:
Title: Re: langste woord
Post by: PM on April 30, 2013, 12:20:11 PM
Hier is 'n paar "langste woorde". 

hottentottensoldatetentoonstellingstoegangskaartjieknipapperaatbedieningsmeganismehersteller (98 letters).
gespikkeldeminiatuurgroentekewer (33 letters)
meervoudigeprobleemsiektetoestande (35 letters)
metaaloksiedsilikonveldeffektransistor (39 letters)
gewapendebetonbrugkonstruksiemaatskappy (40 letters)
Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein (44 letters)
kafferwaatlemoenkonfytstukketentoonstellingsparades (53 letters)
kafferwaatlemoenkonfytresepteboekassistentsraadgewer (54 letters)
Tweedehandsemotorverkoopsmannevakbondstakingsvergaderingsameroeperstoespraakskrywerspersverklaringuitreikingsmediakonferensie-aankondiging (136 letters)
Title: Re: langste woord
Post by: AB on April 30, 2013, 08:43:19 PM
demit, nog nooit van sommige van die goed gehoor nie.
Title: Re: langste woord
Post by: PM on May 01, 2013, 09:24:29 AM
Jy sal altyd 'n nar kry wat "langer" wil gaan.   :icon_biggrin:
Title: Re: langste woord
Post by: Aspoestertjie on May 01, 2013, 09:41:23 AM
Indiesestienspanossewapadondernwagebietjieboomhangdaarnliggiewatflikkerfonteintweespoorafdraaipad. (95)


 :mumum:
Title: Re: langste woord
Post by: PM on May 01, 2013, 09:48:24 AM
Jy kort nog 'n paar .etters Aspoestertjie.    :icon_biggrin:   Kom ons kyk of iemand jou kan klop.   :wave:
Title: Re: langste woord
Post by: PM on June 26, 2013, 09:22:26 AM
Nou lees ek hier en ek wonder wat dit beteken?  .etters?   Letters?   :dontknow:
Title: Re: langste woord
Post by: Ah Willa on June 28, 2013, 10:31:11 AM
Waar Willa's Werk Werk Wonders Werklik Wonderbaarlik. Wonders is Werklik Waar Willa's Werk.  :toothy4:
Title: Re: langste woord
Post by: adele on June 28, 2013, 10:43:18 AM
oulik oulik vriendin

 :grommit: 
Title: Re: langste woord
Post by: Naas on September 24, 2021, 07:21:16 AM
Terwyl ek by een maatskappy gewerk het was ek hulle aksiekrieketreelingskommiteesameroepervoorsitter. (48)
Ek het my korrespondensie ge teken as die voorsitter.
Besef nou dit was die aksiekrieketreelingskommiteesameroepervoorsitterkorrespondensie. (63)
Sjoe. Mens kan swaar dra aan jou tietels...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: langste woord
Post by: Meraai vannie Baai on September 26, 2021, 08:49:25 AM
Mensig!Haal my hoed af en knak die kniege altwee  :notworthy: :headbang:
Title: Re: langste woord
Post by: PM on October 03, 2021, 09:56:43 PM
My kniee het sommer vanself geknak!  Nou weet ek hoekom ek twee knievervangings nodig het. My maggies Naas, ontsien jy dan nou nie 'n oumens se kniege nie?   :icon_biggrin: