Author Topic: Hoe nou gemaak?  (Read 17852 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #15 on: December 01, 2011, 10:58:05 AM »
Hoop ook so vir julle part.  Wens ek het genoeg geld gehad om my huis heeltemal van die stadsraad se krag af te kry.  Dit is eens te erg.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #16 on: December 08, 2011, 12:04:36 PM »
Nou gee ek heeltemal boedel oor.
Ek, Naas Breytenbach, het nou sy lewenskwota van kak met karre gehad. En hulle moenie met die nonsens kom dat ek depressief is nie of dat alles in die lewe 'n doel het nie.
Op pad om die stukkende bakkie in te gee, gee hy my vir oulaas 'n Pap wiel as afskeidsgeskenk.
Gister kry ek die nuwe bakkie waarvoor ek moes teken omdat Wouter nie finansiering kan kry nie en hy die bakkie dringend nodig het vir sy nuwe werk. Die bakkie ry baie lekker... en vanoggend weier hy doodeenvoudig om te vat.
Die Matiz staan. Die golf is op sy laaste asem en die nuwe donnerse bakkie ry nie. Wouter is met die Golf werk toe en Naas sit soos 'n Jannie vrekramp met die vervoerprobleem en 'n nuwe stukkende bakkie.
Ek wil WEET. Waar is die regverdigheid in hierdie lewe? Ek het ALLES in my vermoe gedoen om my seun te help soos dit 'n goeie pa betaam en op die einde sit ek met die poef.
Ek gaan nou al my karre verkoop. My vrou kan haar golf hou as sy wil, maar ek gaan nerens meer heen waar 'n fiets my nie kan vat nie. En as die bleddie fiets breek stap ek verder.
'n Mens kan wragtag net soveel voor jy jou kwota vol het en glo my. Nie net my kwota is vol nie, ek is ook gatvol.
Se die een gatomdenkende snotvreter vir my , "Almal het maar een of ander tyd probleme met hul motor"
Ja reg! "Een of ander tyd" nie "Die hele fokken tyd nie."



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #17 on: December 08, 2011, 02:11:24 PM »
Ag nee, nou die nuwe ook. Wat is sy probleem? Starter of is daar net nie krag nie? As jy hom brandskok? Werk hy dan? Gee my bietjie meer inligting dan hol ek dit by Better Me, en hoor of hy dalk kan verstaan wat nou sy probleem is.  :dontknow:

Maar  :icon_bigsmurf: ons bly baie  :love7: vir jou, al het jy baie stukkend voertuie.  :toothy4:

Dalk kan ons die nuwe een 'n hulpie gee.

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #18 on: December 08, 2011, 06:23:08 PM »
Nuwe een se strooi is uitgesorteer, dankie. Ek is net gatvol dat dinge nie 'n slag net normaal en reg kan werk nie. Dis 'n kwessie van aanhoudende baklei en geld spandeer wat ek nie het nie. En ten spyte van al die geroei en gestoei is daar te alle tye net EEN kar wat loop. Vannaand is die bakkie reg (en ek kon nog niks aan die Matiz gedoen kry nie) kom Wouter by die huis met die goeie nuus dat die Golf se een agterband 'n skeur in het. M.a.w. more ry hy met die bakkie en ek sit in kakstraat met 'n driewiel golf. En glo my maar, ek het nie die vermoee om die wiel te vervang nie. Ek gaan dus so hunkepunk moet ry tot einde Desember voor ek daai wiel kan laat regmaak. Sal more by die werk maar die spaarwiel laat opsit. Gelukkig is ek in elk geval te vrek arm om enige planne te he vir die drieweke vakansie.
Geseende kersfees...



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #19 on: December 09, 2011, 09:00:43 AM »
Jou frustrasie slaan duidelik deur en ek het begrip daarvoor.  Wens ernstig ek kon iets aan die situasie doen.  Baaiesukkel en potifar is nou nie juis die gewenste oplossing nie, maar hier rond is ook 'n medebroer wat potifar.  Dit kos egter minder om sy tekkies te versool as 'n band, maar dit neem soveel langer.   :icon_biggrin:  Skuus, ek probeer maar net die komiese daarvan uitlig.  Ons het darem die vermoee om vir onsself te lag, so tussen die trane deur. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #20 on: December 09, 2011, 04:12:11 PM »
Vir die eerste keer in jare kry ek niks om oor te lag in die situasie nie.
Sorry PM, maar ek is regtig by gatvol verby oor hierdie situasie. Al wat dit bietjie draagliker maak is dat ek dit met julle kan deel.
Ek het nog nooit in my lewe iemand geskop wat le nie maar hier voel dit nou 'n paar maande later asof ek nie eers my kop moet probeer lig nie dan skop iets my weer uit 'n ander rigting.
Sal seker nie tot trap-en-stap oorgaan nie maar as dinge so aangaan is dit al uitweg wat ek gaan oorhe.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #21 on: December 09, 2011, 07:24:08 PM »
Hi Naas.  Dit is baie jammer wat nou gebeur met julle.
Moenie so radeloos wees.  En ek weet jy dink dat dit maklik is vir enigeen van ons om so te se, want ons is nie in jou situasie nie. Maar moenie radeloos wees/word nie.
Solank as wat jy negatiewe energie wat binne jou opline uitstraal, sal dit negatiewe dinge aantrek.
Fokus op positiewe dinge, al is dit klein. Maak die energie-veld om jou positief en jy sal positiewe dinge na jou toe aantrek.  Jou emosies sal selfs positief word.
Dit werk.  So probeer.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #22 on: December 09, 2011, 09:01:30 PM »
Jy's reg Angeltjie. Ten minste gaan die stap help met my dieet...  :sign10:





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #23 on: December 10, 2011, 07:43:21 AM »
Good for you.. 
Hey, het jy gese 'dieet'?  Dis krismis, man.  Niemand diet nou nie. Daar is 'n datum hiervoor,  1 Januarie.  Regtig, ek jok nie.  Almal begin dan.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #24 on: December 10, 2011, 08:17:27 AM »
Nee Sussie. Naas steur hom nie aan datums nie. Ek het die laaste twee maande 'n hele pocket aartapples afgegooi en mik vir nog drie. Van 'n gesonde 139 afgekom na 128.2.
My gesondheid moet nou eers eerste kom. Het nou al drie keer vir die nursies gaan kuier en dis nie lekker nie. Dink net... Al die mooi goeitjies en ek is te siek om dit te waardeer...






 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #25 on: December 10, 2011, 08:29:36 AM »
Wow, dit is nou 'n sukses-storie.
Mooi so. 
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #26 on: December 10, 2011, 08:40:36 AM »
Dankie! So se Naas die paashaas met 'n ontbytwortel tusse die tanne.






 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #27 on: December 10, 2011, 09:04:52 AM »
Ek sien jy het al maande lank jou krismishoedjie op.    :icon_bigsmurf:
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #28 on: December 10, 2011, 09:25:59 AM »
Ja. En ek is al blou in die gesig van asem ophou wanneer ek my motor(s) moet aanskakel.
Daar' darem 'n glimlag agter die grys baard.
(En ek moet elke dag teen my pizzalus baklei maar glo my: "Ek Wen!")





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe nou gemaak?
« Reply #29 on: December 10, 2011, 10:22:50 AM »
Gan wonder jy is so depresief nie!    :icon_biggrin:  My probleem is nie die pizza nie, my probleem is die hele pizza.   :icon_biggrin:  Ek eet vir hom totdat daar nie 'n stukkie kaas aan die deksel vassit nie!

Van maande voor die rekenaar sit het ek self lekker dik geword.  Nou pak ek ook maar my vulsel, (tamaties, uie, rooi- en geelpepers en engelsekomkommer)  tussen blaarslaaiblare, rol dit op en eet te lekker.  Niks brood en niks botter nie.  Dankie tog ek het nie 'n soettand nie. 

Baie geluk matertjie, ek weet jy kan dit doen en ek dink regtig elke dag aan jou.  Wens so ek was daar om vir jou 'n drukkie te gee.  Nou moet ek dit maar hier doen.
  (((((((((((( :icon_bigsmurf: ))))))))))))))   :love7:   :bootyshake:

(Naas stuur nie vir niemand in my huishouding drukkies nie, want hy weet ek druk dit alles vir myself op.)   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.