• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Fôkkôlie

Started by Naas, April 27, 2011, 09:49:12 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

 :dontknow: En wat gaan hier aan dat hier Fôkkôlie aangaan.

Ek maak drie maal 'n dag 'n draai net om niemand te sien nie. Ek pluk sommer my toonnaels en knip my ooghare van verveeldgeit.



:evil5:
:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Hierdie kant van die see wat daaikant lê, was die ark oop.  Ons was so besig dat die winter ons stilletjies bekruip het.  Vanoggend toe ek my voete uit daai bed sit,  toe weet ek,  PM,  jy gaan bars van die koue.  Hierdie winter is nie vir sissies nie.  Ek sal 'n paar stelte moet aanskaf om effens verder van die koue vloere af te loop. 

Nou is dit dan ook tyd dat die twee ou spoke 'n paar dae verlof neem en Manlief se kop staan Tsitsikamma toe.  Maar dit is dan winter dan?  Wat van die bosveld?  Daar skyn die son ten minste.  Ek dink ons sal die brood maar in die helfte moet deel.  Of hoe?  Of is iets beter as fôkkôllie?

Om te weet is om te verstaan.

Mel

Ek voel vir jou PMtjie  :confused1:
Ek kan nie onthou wanneer laas ons 'n behoorlike winter beleef het nie en afwesigheid van sweetpakkke kan getuig!

Hier by ons is dit vir 'n paar dae net Harley Davidsons en rock 'n roll! Die African Bike Week het vandag afgeskop! Te lekker!

PM

Wow!  Ek kan glo dat jy in jou noppies is met die bikes.  As daai Harley so diep uit sy keel uit grom-grom dan kry ek ook lekker tot in my kleintoontjie.   :icon_biggrin:

Hier by ons is dit koud vandag.  Die wind sny sommer die brood ook.   :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Ek dink ek word oud, want ek kry wragtag ook koud.  Diep tot in my siel koud.  Ek weet nie of my oë van koue traan of huil ek nie.  Ek dink Melkkos sal vannaand net die ding doen. Dan 'n lekker warm bad.  Weet nie hoe ek uit die dêm bad gaan kom nie, maar bad gaan ek bad. Kompleet met skuimbad en al. Sal maar wag tot pa by die huis is dat hy my kan kom uithelp. 

Genugtig, ek kan nie onthou wanneer laas ek in 'n bad was nie.  Ek stort tot 3 keer op 'n dag partykeer, maar dis darem nie dieselfde as 'n lekker warm warm bad nie.

PM

Dit klink heerlik Gawie.  Moenounetnie vergeet om 'n glasie saam te neem nie.  As pa dan tuis kom en jou uit help kan jy hom dalk in help.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

En terwyl julle nou met glasies wyn sit en skuim maak gaan hier al weer Fôkkôlie aan.
Ai, ai, ai ai ai!
:sleepy2: :sleepy2: :sleepy2: :sleepy2:




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ja, maar ons was hier toe is jy weg,  en toe was jy hier en toe is ons weg,  en nou is ek weer hier en nou is julle weg.  Ai, ai!   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Moderne wegkruipertjie?




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Koeweeeee, blok myself>  :wave:


:angel12:

PM

 :laughing7:  Lyk my almal speel saam.  Ek dink net Naas kan nou maar uitkom,  ek gaan nou ophou soek!   :laughing7:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Naas is tans baie gelukkig in sy depressie vasgevang.
Sal eers oorgaan nadat ek 'n leerder aangerand het.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Een twee drie blok vir Naas!   Jy het die aan! 

Nou is ek darem baie bly ek leer nie by daai skool nie.   :bootyshake:  Wat doen hulle aan jou Naas, dat jy so drasties wil optree.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Ongelukkig het "Kênners" geen respek meer nie!

Dis uit by die voordeur terwyl Mnr Moreel die hasepad by die agterdeur gevind het!

:angel12:

PM

... en nou sit Mevrou Standaard met die gebakte pere!   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.