Giggles... more, of nee wag dis al middag, PM.
Nee moenie stress nie, vuilgoed vrek en vergaan nie vinnig nie.
Het weer 'n paar tydskrifte gehad en ek soek maar rond op die internet na venues vir die troue en stuur die links na die kinders.
My kind se aanstaande skoonma het gister die Big 50 geslaan en ons sou sundowners op die Berg gaan drink na werk.
Die Sedoos het so getier op die Berg, dat alles gekanselleer is. Toe gaan eet ons maar poeding, koek, terte, pizza... in daardie volgorde, by die huis.
Vanoggend weer vir Visio klas by die kollege opgedaag net om te hoor my booking is nie gefinaliseer nie. Daai poppie gaan ek nog bykom. Het al daar opgedaag op 'n Saterdag oggend toe is al die klasse gekanselleer vir 'n OpeDag en ons is nie in kennis gestel nie.
Die volgende Visio klas is eers in Junie 2012. Kan jy sien hoekom ek die blik... emmer in is.
Gou wasgoed na die laundry gevat en 'n kussing gaan optel wat spesiaal gemaak is vir my om op te sit as ek bestuur. Die Ford mattskappy het die kar se pedale met 10cm te kort gemaak.... en nou het ek 'n kussing nodig om behoorlik by te kom.
Volgende naweek ry ons Bonnievale se koers om na die trou venues daar te gaan kyk.
Verder is werk werk. Dit hou jou besig.
En nog verder het ek skrywersblok... nogal.
Ek moet begin dink aan wat om te doen vir Boek No2, maar my kop wil nog nie koers kry nie.
Maar ek is hier, al is dit baie min.