Author Topic: Goeie more Angelica.  (Read 2695 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Goeie more Angelica.
« on: November 12, 2011, 06:48:34 AM »
Hi daar EllĂ©, ek het jou die week gemis en net toe ek begin stress toe lees ek  jou raak.  Ek mis julle ouens daar doer ver innie Kaap en toe ek vanoggend jou gediggie oor Tafelberg lees, toe verlang ek sommer na die berg ook. 


Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Goeie more Angelica.
« Reply #1 on: November 12, 2011, 12:36:42 PM »
Giggles... more, of nee wag dis al middag, PM.
Nee moenie stress nie, vuilgoed vrek en vergaan nie vinnig nie.
Het weer 'n paar tydskrifte gehad en ek soek maar rond op die internet na venues vir die troue en stuur die links na die kinders.
My kind se aanstaande skoonma het gister die Big 50 geslaan en ons sou sundowners op die Berg gaan drink na werk.
Die Sedoos het so getier op die Berg, dat alles gekanselleer is.  Toe gaan eet ons maar poeding, koek, terte, pizza... in daardie volgorde, by die huis.
Vanoggend weer vir Visio klas by die kollege opgedaag net om te hoor my booking is nie gefinaliseer nie.  Daai poppie gaan ek nog bykom.  Het al daar opgedaag op 'n Saterdag oggend toe is al die klasse gekanselleer vir 'n OpeDag en ons is nie in kennis gestel nie.
Die volgende Visio klas is eers in Junie 2012.  Kan jy sien hoekom ek die blik... emmer in is.
Gou wasgoed na die laundry gevat en 'n kussing gaan optel wat spesiaal gemaak is vir my om op te sit as ek bestuur.  Die Ford mattskappy het die kar se pedale met 10cm te kort gemaak....   en nou het ek 'n kussing nodig om behoorlik by te kom. 
Volgende naweek ry ons Bonnievale se koers om na die trou venues daar te gaan kyk.
Verder is werk werk. Dit hou jou besig.
En nog verder het ek skrywersblok... nogal. 
Ek moet begin dink aan wat om te doen vir Boek No2, maar my kop wil nog nie koers kry nie.
Maar ek is hier, al is dit baie min.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Goeie more Angelica.
« Reply #2 on: November 12, 2011, 02:08:36 PM »
Hê-hê, ek het gedink jy kruip alweer onder die bed weg.   :icon_biggrin:  Gelukkig was jy darem net baie besig.

Jy praat van onbedagsame mense.  Jy kan oningeligtes daarby inreken.  Hannes wou geld uit een rekening per tjek trek en in 'n ander inbetaal en hierdie tak vertel toe vir hom dat hy nie sonder 'n debietkaart 'n tjek kan kry nie.  Hy moes toe na die tak waar die rekening is ry om dit te doen.  (Net mooi aan die ander kant van die stad, waar ons gewoon het.)  Daar aangekom trek die dame by ontvangs haar wenkbroue hoog op en vra van wanneer af? 
Hier is die tak baie groter en 'n wit dame wat so oningelig is.  Daar het die swart dametjie ons flink gehelp en ook die adresverandering gedoen.  'n Hele swartsak vol papierwerk.  Sy was so vriendelik en behulpsaam en voor jy weet het daardie flytige vingertjies al die nodige gedoen.  Ons het die bankbestuurder genader om dankie te sê vir uitstekende diens.
Mense besef nie hoeveel ongerief en ekstra kostes hulle jou aandoen deur sulke optrede nie. 

Is jy seker dit is die pedale wat te kort is?   :icon_biggrin:

Wens ek kon ook iets wen om 'n laser gedrukte boek te kon bekostig.
Om te weet is om te verstaan.