houtvate kan paar keer gebruik word, maar hulle hout karakter neem af met die jare
so 3 keer dink ek vir wyn en dan gebruik hulle soms dieselfde vate vir por wat dalk 5 jaar in die vat lê.
vir brandewyn gebruik hulle nuwe vate en ek dink ook net 1 keer veral as dit 10 jaar of 20 jaar in vate lê. dalk word die 3 jaar brandewyn se vate 'n 2 de keer gebruik.
brandewyn verdamp teen sowat 1 liter per maand uit die vate en moet gereeld opgevul word. as jy hele dag in daai brandewyn stoor werk kan jy getrek raak van die dampe inasem en dis hoogs ontvlambaar. wanneer jy in daai stoor ingaan los jy jou rookgoed en vuurhoutjies en lighter en selfone en enige elektroniese goed buite die deur.
pinotage, shiraz, cabernet saugvinon, merlot, en nog paar ander rooiwyne word soms in vate gehou vir so jaar.
as jy gelukkig is mag jy uit die tenk skep maar dan moet jy die keldermeester ken.
as jy my ken en ons is genoeg bymekaar kan ons so 3 liter bottel oopmaak vir die aand
brandewyn vate hou sowat 250 na 300 liter elk.
rooiwyn vate.
ek is nie seker of brandewyn en rooiwyn vate selfde vate is nie maar dit kan verskil want ek het in Frankryk op 'n plaas gewees met eie kelder en 4 kuipers wat vate maak. selfde wyn in die 4 manne se verskillende vate dan kom die smake en geure anders uit. elke vat kan sy eie karakter hê.
hier word ruby cabernet afgetip by die kelder.
dit is een van die min rooi cultivars wat rooi sap het, meeste se sap is wat en jy kan witwyn daarvan maak. die kleur en geur kom uit die doppe.