Author Topic: Lox, vertel vir my....  (Read 26470 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Lox, vertel vir my....
« on: November 03, 2011, 07:26:29 PM »
Lox, vertel vir my bietjie oor wingerde...
Kan jy enige kultivar's naby mekaar plant?
Het verskillende kultivar's verskillende bemesting of bespuiting nodig of kry almal dieselfde medisyne en grond?
Het 'n wingerdstok blommetjies of waar kom die vruggies vandaan?
Word dit deur goggas bestuif?

En jy lag NIE. 
Ek ry elke dag twee keer om Durbanville Hills en is gek na die wingerde wat nou so mooi staan.
En, by the way, hulle het die koring begin stroop vandag.  Pragtig. Absoluut pragtig.  Verlang terug plaas toe.  Na lande en lande vol koring en ertjies en boorde vol vrugte.... 
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #1 on: November 03, 2011, 11:15:29 PM »
My plek geboek vir hierdie antwoord  :notworthy:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #2 on: November 04, 2011, 01:04:49 PM »
sjoe jy vra so min vrae wat so baie waarde kos om te antwoord

nee ek lag nie vir jou vrae nie geen vraag is dom vraag want jy weet weer baie ander goed wat ek nie weet nie. en as niemand jou vertel nie sal jy nie weet nie en hoe moet iemand weet dat jy nie weet nie as jy nie vra nie.

as ek mense die plaas en kelder wys wil ek hê hulle moet vra anders dink ek ek praat net klomp bollie en hulle sluk dit vir soetkoek. soms kry mens een wat hom probeer slim hou en jou probeer vasvra maar dan seg ek reguit ek weet nie die slim mense weet dalk.


vraag 1
kultivars naby mekaar, ja teen mekaar en deurmekaar, hulle verbaster nie. maar ons plant 'n hele blok met dieselfde cultivar en nie deurmekaar nie om dieselfde cultivar te oes. in die kultivars kry jy ook klone wat selfde cultivar is maar verskillende klone of karaktertrekke. so al een kloon van hanepoot bv minder dra as ander kloon en dalk hoër suiker tot gevolg het. by steen ( chenin blanc) kry jy i kloon wat meer dra of ander een minder dra, sommige digter kompakte trosse ander losser tros, meer of minder bestand teen siektes of ander geure as die ander kloon het.

as jy dink vraag een is omslagtige antwoord dan moet y geduld vir vraag 2 se antwoord hê.

ek praat maar net van die kultivars wat ek ken, daars baie wat ek nog nie eers die name gehoor het.

eerstens kyk jy na die grond en besluit watter onderstok aard in die spesifieke grond en dan watter kultivars is aanpasbaar met daai stok en grond en klimaat.

daar is verskillende wyn doelwitte. soms verskillend vir verskillende kultivars, soms selfde  vir verskillende kultivars en soms selfde kultivar verskillend. ( nou praat ek jou kop lekker deurmekruis ne)

jy kan bv van chenin blanc 'n baie goeie en lekker chenin blanc maak wat in die bottel kom en pryse wen as cultivar wyn. dan kan jy dit ook gebruik as net gewonde droog wit of versnit wyn ( met colombar) of kan ook soetwyn maak daarvan of wyn vir die verstoking van brandewyn. dis nie al die cultivars wat so veelsydig is nie. hanepoot kan jy droë wyn, droog versnit of soetwyn maak maar nie brannewyn nie agv die muskaat geur.
rooi cultvars kan jy goeie cultivar rooiwyn maak, of versnit rooi of soet rooi of rooi port of selfde wyn vir brandewyn maar die handel is nei so mal daaroor nie, ek dink nie daar word meer rabat ( brandewyn wyn) van rooi behalwe van hermitage ( cinsaut) gemaak nie. o ja van rooi kan ook rose gemaak word.

jy bepaal voor die tyd wat is jou doelwit vir die druiwe en behandel hom dan so. dan pas jy jou kunsmis program daarby aan en ook jou water gee program. min of meer selfde kunsmis vir als, meer en minder soms en selfde bespuitings vir als, alhoewel jy stokke kry wat meer en of minder vatbaar vir siektes en droogte en te nat is.

pas maar aan en bestuur dit dat dit kan werk.

word vervolg, vra solank verder
 




wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #3 on: November 04, 2011, 07:34:45 PM »
Hel, ja nee, konfoes is my middelnaam.
Sou nooit 'n wynmaker kon word nie.

Dankie vir die eerste hoofstuk.  Gelukkig kan en gedurig terugkom om weer te kom verfris.

My volgende vraag was:
blommetjies - waar kom die vruggie vandaan? 
Dit word obviously nie bestuif deur goggo's nie.

Ek wil graag druiwe pluk so, en hier is my volgende vraag:
Hoeveel weeg so 'n mandjie en sal ek dit kan dra/sleep?

Tot volgende keer.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #4 on: November 05, 2011, 04:10:54 AM »
blommetjies en bevrug en bestuif, ja dit gebeur alles.

maar eers weer waarsku dis so kort vraag en so lang antw. in wyndruiwe besigheid is niks gou nie.
dis nou eerste week november en die wingerd blom nou, alle cultivars nie 100 % op dieselfde tyd nie en ook nie als gelyk op die selfde stok nie. nou gaan ek jou weer effe konfus.
dis nou november 2011 en feb/mrt 2013 ( nie 2012) se oes word nou in die stok gevorm. elke loot bestaan uit paar komponente, die loot self, die blare met die blaar stele en rankies en dan ook trosse. die wingerdstok is eintlik 'n rankplant en daarom het hy rankies wat kan vasklou. die trosse is gewysigde rankies wat korrels dra. Dan is daar ook die ogies waar die blaar uitkom. die blaarsteel vorm teenaan die ogie en die rankies groei aan die teenoorgestelde kant van die ogie. die 2013 se oes word nou binne in die ogies gevorm. daarvoor is genoeg sonlig nodig, daarom breek ons met die hand onnodige lote uit voor blomtyd sodat daar genoeg sonlig eenhede op die ogie kan kom om die rankie eerder 'n tros as 'n rankie te laat vorm. as jy in november winter weer het, soos in november 2009 wat dit so baie gereën en bewolk was, word swakker oes gevorm. daarom was vanjaar s eoes swakker agv 2009 november se bewolk en reën.

daarom ook hoe langer die loog gelos word met snoei tyd is die later ogies op die loot, seg nr 8 tot 12, meer vrugbaar as nr 1 en 2. by meeste wyndruiwe is nr 1 en 2 genoeg vrugbaar dat ons net 2 ogies los. by sommige tefldruiwe is nr 6 tot 8 of 8 tot 12 eers genoegvrugbaar om 'n ordentlike oes te kan gee, soos sultanas, maar daar kom dan weer ander probleme soos groot oplei stelsels en opvleg en ander snoei metodes wat nie meganies gedoen kan word nie.

jy kan ook nie net leke jaar 8 na 12 ogies los nie na 3 jaar is jou prieel vol lote en geen plek meer nie.

nou bot daai loot die volgende jaar en die miniatuur trossie is reeds binne in die ogie gevorm. soos die loot begin groei wys dit 'n trossie. die plant het genoeg sink en boor nodig om ordentlike korrels te vorm en dit moet voor blomtyd gegee word. daar is baie faktore wat die trosse kan beïnvloed.

die korrels wat jy in die eerste trossie sien is eintlik 'n blom.

alle vrugte begin met 'n blom en sover ek weet is die goed wat ons eet as groente en dit blom eers eintlik vrugte, soos tamaties en pampoen. groente is goed wat 'n eet ding dra sonder or voor blom soos kool en wortels en beet ens.

elke korrel wat jy sien was eers 'n blom op sy eie. ons praat van die blomtros. maw daars seg maar 104 of 43 of hoeveel blomertjies aan die tros. daar is 'n stamper en 4 stuifmeel drade. dan is daar 'n kappie bo oor die blom en hy bestuif homself en dan val die kappie af. ons praat van kappiesval. dan sien jy die stuifmeel drade wat los spring en die stuifmeel kom ook uit en jy kan dit soms ruik op 'n doodstil oggend.

daardie stuifmeel kan nie 'n ander korrel besuif nei want dis klaar bestuif voor kappieval en dan begin die korrel vorm of ons praat van korrelset. as die toestande swak is set die korrels sleg en die tros het min korrels wat vasheg en jyt 'n maer tros soos die korrels afspeen veral by hanepoot langkorrel en  ruby cabernet.

jy kan voor blom en in blom kelpac by jou spuitmengsel gooi en dit help met goeie korrelset. kelpac is 'n seewier of seebamboes prduk wat baie sitokonine bevat wat die stok of enige plant help om goeie wortelgroei te kry en dan kry die korrels goeie voeding en sal beter set en minder afspeen.

ek is nie baie opgewonde oor die bewolk en reenrige weer die tyd van die jaar nie. nou is die trossies ook baie vatbaar vir donsskimmel want dis soos nuwe groei wat nog geen beskerming teen siektes het nie. spuit teen siektes is nou baie belangrik en ons spuit voorkomend.

ek wil hoeka  vlg wek kyk op een mooi stil oggend of ek die blomtrosse kan afneem en dalk van die stuifmeel drade ook.

sjoe jy vra en eenvoudige vraag en dan is die antwoord so lank maar ek dink dit sal jou beter perspektief gee van wat aangaan in die stokke.

'n mandjie druiwe weeg sowat 18 na 20 kg, hang af van die cultivar en ook die grootte mandjie maar ons standaard mandjies se gewig is soveel.
van druiwe en oestyd gepraat. ek glo ons wyndruiwe ( meeste van hulle) is baie lekkerder as tafeldruiwe. sagte skil en meer geurig. dit het wel pitte want hoe meer pitte die korrel het hoe meer vleis bou hy om die pitte. maar ek praat nou van sagte skil en geur en smaak. nou gaan jy vra hoekom dan nie wyn druiwe op die mark sit ipv tafeldruiwe nie. wyndruiwe het nie 'n raklewe nie. as jy hom vandag pluk en mooi oppas sal hy dalk oormôre haal.

meeste rooi druiwe se sap is wit want hulle kleur en geur sit in die doppe. daars so paar cultivars wat rooi of pienk sap het, soos alicante Bouche, ruby cabernet en nog een of 3


die lekerste druiwe is goudini so lang korrel hanepoot.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #5 on: November 06, 2011, 05:53:55 AM »
Dit was nou weer interessant om te "luister" na die wyngroeibedryf.   :icon_biggrin:  Dankie Lox.
Angelica is mos nie so ver van julle af nie.  Gee vir haar die toer wat ons kon meemaak.  Dit was geweldig leersaam en ons het dit baie geniet. 
« Last Edit: November 06, 2011, 05:55:37 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #6 on: November 06, 2011, 07:38:03 AM »
Dis reg sy moet net so sê dat ons iets kan reël.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #7 on: November 06, 2011, 08:02:27 AM »
Hemeltjie, maar dit is baie info.  Amper too much vir my om in te neem.
Maar ek bedank jou vir jou lesse.  Waardevol, want ek beplan om 'n wyn- en druiweplaas te besit eendag. Kan nie daar opdaag sonder die nodig kennis nie.
Nee, joke net.  Ek sien elke dag hierdie pragtige wingerde wat soos 'n oorgooidoek oor die heuwels le en kry nie genoeg van kyk daarna nie:  Van die ou droee stokke wat so dood aan die draadjies hang en dan hoe, sommer net skielik een oggend, die eerste tenger blaartjie sy verskyning maak met die belofte van trosse en trosse plomp korrels wat in een of ander vorm oor jou lippe sal gaan.
'n Toer deur 'n wynbedryf ?  Sjoe, dit sal hemels wees. Sal die kinders ook welkom wees, want ek is rigting bedinges.  Sal in Kairo opeindig as jy se Brederiviervalley. 'n Toer,  moet daar 'n seker aantal mense wees en mag ek die hele dorp saambring?

Lox, sorry, maar ek hou nie op vrae vra nie.  Wil net altyd nog weet en as dit by die natuur in al sy fasette kom, is ek soos 'n spons wat wil opsuig.
Hummmm.... jy't nie dalk 'n paar luiperds op hok wat ek kan streel nie? 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #8 on: November 06, 2011, 08:23:45 AM »
  Angelica, Lox het twee "tigers" wat jy kan streel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #9 on: November 06, 2011, 08:31:52 AM »
PM, ek kry die gevoel dat dit twee woeste honne is.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #10 on: November 06, 2011, 10:02:29 AM »
Nee man, ek sal mos nooit toelaat dat jy twee woeste honde streel nie, Lox ook nie!  Hulle is pragtig, jy moet self gaan kyk.  Maak 'n groepie bymekaar en laat Lox julle op 'n toer vat.  Jy sal dit geweldig waardeer.  Trappies was saam die dag toe Lox ons "getoer" het deur sy plaas en toe kelders toe geneem het.  Hy het vir ons van sy Proteas afgesny en dit het letterlik maande in die blompot gestaan en mooi lyk.  Dit was kosbaar!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #11 on: November 06, 2011, 11:28:12 AM »
Jy praat nou van dai 2 seemsleer honde..

Angeliek het jy nog vrae. laat waai maar sal probeer antw as ek kan.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #12 on: November 06, 2011, 06:18:26 PM »
Dankie Lox.
Ek sien net klein wingerdstokke hier aan die Heuwels se kant.  Ek bedoel hulle is so meter en bietjie meer hoog.
Soms sien jy groter stokke en die plukkers onder die stok staan om die trosse te pluk.
Watter kultivar is klein, watter is groot ?
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #13 on: November 06, 2011, 09:47:15 PM »
praat jy van bosstok? of opgeleide wingerd.

in die vroeër tye het die mense heelwat bosstok geplant, deesdae lei ns maar op ter wille van meganisasie.

hanepoot kan nogal i groot stok maak, maar die stokke word maar gesnoei om plat op die grond te wees. hang meestal van jou snoei aksie af hoe hoog jy die stok laat groei amper soos roosbome. selfde snoei tegniek.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #14 on: November 10, 2011, 09:22:22 PM »
Angeliek
hier is die beloofde fotos

eerste 'n tros soos hy vandag 10/11/1011 gelyk het. Die tros is in blomtyd



Die foto wys die stuifmeeldrade. die bevrugting is klaar en die kappie het reeds afgeval. die puntjie op die korrel se punt was/is die stamper waar die stuifmeel drade gedruk het toe die stuifmeel ryp was en bevrug het voor die kappie afgeval het.
jy kan ook die ander 2 korrels se kappies sien wat nog oor die korrel is.














die tros ( ander cultvar) is reeds bevrug en die kappies het geval en die korrels is nou by vuurhoutjiekop grootte. volgende week se kant sal dit ertjiekorrel grootte wees. die korrels is nou in selverdeling stadium en later is dit sel vergroting stadium.




« Last Edit: November 10, 2011, 09:26:36 PM by Lox »
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #15 on: November 11, 2011, 05:19:32 AM »
Dankie vir die mooi beskrywing en die foto's Lox.  Dit is vandag die 11de dag van die 11de maand 2011.

Ek mis vir Y, hy is die ou wat altyd die interessante goetertjies kom vertel het.
« Last Edit: November 11, 2011, 05:21:31 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #16 on: November 11, 2011, 08:45:25 AM »
Ja sjoe dit was 'n toer daai...Pragtig, mooi ek praat nou nog met die mense as ek hulle so deur 'n wyn proe vat en ons ry dalk verby Lox se plek o o  dit was lekker.  :wave:
 :angel12:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #17 on: November 11, 2011, 07:18:37 PM »
Geweldig baie dankie dat jy die tyd geneem het om te vertel en nog foto's ook te bring.
Om te dink dat daardie groen knoppietjies volgende jaar, of die jaar daarna, my lekker gaan laat hoogtrap.

Ek sien die boere hier om die Heuwels is besig met bespuiting van een of ander aard.  Word dit algemeen gedoen as die wingerd bot ?
Die mis en / of sagte reen wat ons nou kry is seker baie goed vir die wingerd.

Wanneer word ge-oes ?
Wat gebeur met die wingerde nadat julle ge-oes het ?
Bly dit so - verkleur in die mooiste Herfs drag - om te rus in die Winter ?
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #18 on: November 11, 2011, 07:22:03 PM »
En nou iets van 'n heel ander aard :
Doen julle troues - catering ens ?
Het julle oornag geriewe ?
Die kinders soek nou hard na 'n venue en daar is net nie meer so baie beskikbaar in April / Mei.

elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #19 on: November 11, 2011, 09:46:32 PM »
Plesier

Ons spuit elke 2 weke teen witroes en donsskimmel. Ek sit ook 'n spuit teen botritis vrot op die chenin blanc op maandag en dan van Dinsdag af weer die gewone spuit teen swamme l witroes en donsskimmel.

Die mistigheid en mis reen is nie goed vir die wingerd nie, dis baie bevorderlik vir donsskimmel. dons skimmel kan die oes vernietig in paar dae se tyd as jy nie spuit nie.

oestyd by ons is feb en maart, soms effe gouer some effens later.

ek en buurman het saam oesmasjien en ons gebruik hom baie.

na oes kry die wingerd stikstof bemesting en na oes spuit teen witroes en donsskimmel.
 dan wag ons dat die blare val om te snoei. 99% van die jaar se groei word weg geknip.
die blare wat so mooi kleur mak is virusse wat die oorsaak is, die regte ding sal wees dat die blare net bruin word en afval maar die stokke is maar relik vol virusse. dit maak dat die chlorofil nie so goed werk soos dit moet.

ons self doen nie troue dinge nie maar hier is paar plekke wat dit doen.
hoe groot ( aantal mense) beplan hulle en wat is die koste wat betaal kan word, jy kan maar per private message ook sê.

dan kan ek jou dalk plekke se name gee as ek weet in watter prysklas julle dink en ook kontak persone.


wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #20 on: November 12, 2011, 05:50:33 AM »
Dit is vir my heerlik om saam te lees.  Die vrae en dan die antwoorde, kielie my tone.  Dankie julle twiekies.

Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #21 on: November 12, 2011, 12:44:17 PM »
Net so lekker vir my ook, PM.
Lox,  oesmasjien.. vertel bietjie.
Ek het gedog die druiwe word gepluk-oes. Soos deur mense-hande.  Ek besef nou dit sou 'n tydrowende proses wees.  :munky2:

 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #22 on: November 12, 2011, 01:55:13 PM »
Lox, dit lyk vir my asof jy daai oesmasjienfoto's weer sal moet gaan opdiep en kom wys.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #23 on: November 12, 2011, 03:32:16 PM »
Sjoe nou luister ek darem lekker ons jongdae se musiek op LM. Hulle speel treffers wat ek al van vergeet het, soos barbados wat op die oomblik speel.

In elk geval laat ek gou kyk wta ek van oesmasjien raakloop

Angelieka ja vroeër jare is alle druiwe met die hand geoes en (on)gelukkig het die werkers en wetgewing maar veral die werkers gemaak dat slim mense masjiene druiwe oesmasjiene bedink het en dit suksesvol gebou het.

Ek en buurman het saam masjien gekoop en ons dink nie ons wil weer sonder so iets boer nie. ons pas hom goed op en laat hom elke jaar versien en net ek en hy ry die ding.

kom laat ek sien wat ek kry in my argief.

een mens wat baie goed pluk kan so 1,25 na 1,5 ton druiwe per dag oes en uitdra na die sleepwa. die masjien oes so 10 na 15 ton per uur.

in al 2 gevalle hang dit af van die cultivar en hoe swaar die drag is hoeveel geoes kan word. sommige cultvars oes makliker en sommige dra meer.

Million drums speel nou....lekker ou LM


so lyk 'n ordentlike tros hanepoot



en paar trosse bymekaar



masjien



die masjien loop wydsbeen bo oor die rye



daai wit latte wat jy sien wat so horisontaal is skud die druiwe af teen 400 na 430 slae per minuut en ons ry van 1 tot 3 km per uur, die varisie afhangende van die terrein en cultivar en drag.

die korrels val in bakkies wat in die rondte van onder na bo beweeg soos 'n stootskraper se kettings en wanneer dit bo kom gooi val die druiwe uit in die bakke wat in die sleepwa leeg gemaak word wanneer nodig.

hier word een van die geel vingers waaraan die latte is vervang want hy het gebreek.



jy kan die bakkies se punte sien heel agter. punte lyk so zig zag







druiwe wat in die bak val



kontroles



hys vol ry maar




vroeg oggend begin, met die masjien begin ek baie oggende 4 uur. is lekker om so in die koelte en donkerte te oes.

al nadeel dit raas vreeslik soos die ding werk.




hand oes, daar agter loop een man met 'n mandjie





en dan word sy kaartjie geknip as bewys hy het gegooi.





ek hoop dit help wat ek wys om beter te verstaan


wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #24 on: November 12, 2011, 05:08:58 PM »
Dankie Lox, jy is dierbaar soos altyd.

Dit lyk vir my of van die druiwe blare ook afgeskud word.  Hoe word dit uitgesif?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #25 on: November 12, 2011, 10:17:11 PM »
ja blare word ook afgeskud maar heel bo is 2 sulke ronde dromme, dis waaiers wat die blare uitsuig.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #26 on: November 13, 2011, 06:52:08 AM »
Is daar 'n proses waar die groen druiwe van die ryp druiwe geklas word, of is alles gelyk ryp?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #27 on: November 13, 2011, 07:17:47 AM »
die druiwe is als gelyk ryp, daar is op sommige cultivars na druiwe. die voor druiwe word op die hoof loot gedra en die na druiwe op sylote. sommige cultivars het min tot geen na druiwe nie. iets soos ruby cabernet het baie sylote en na druiwe, die ruby sin pluk ons af met die hand so 6 na 8 weke voor oestyd dat dit nie die rypword belemmer nie. die ander cultivars sin is so min dat dit nie juis saakmaak nie en die meeste na druiwe wat op die punte van die lote sit word nie afgeskud nie want die latte raak nie daar nie.

in Frankryk het ek gesien dat druiwe met die hand geklas word na dit geoes is, sommige wat selfs die korrels uitsoek. of dit rêrig verskil maak weet ek nie. die wyn snobs sal seg ja, maar ek glo die toets moet wees op 'n linde proe en waar mense saam kuier en die bottels nie etikette op het nie en dan kyk watter wyne verkies word om te drink.

mense se smaak verander gou gou as daar etiket op is en ook as daar geweet word hoeveel sterre en toekennings dit gekry het teenoor die wyn drink tussen paar ander wyne sonder etiket op.

die beste wyn is die een waarvan jy die meeste hou. die swak of sleg wyn val net nie in jou smaak nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #28 on: November 13, 2011, 08:47:41 AM »
My motto is:  swak wyn in beter as geen wyn nie.  'n Mens kry mos nie sleg wyn nie.  :icon_biggrin:  Dit is 'n ander saak as dit suur geword het om een of ander rede.  Daai "stinkvoet" reukie!

Ek stem saam oor die smaakverskil.  My skoonseun het 'n gros bottels rooiwyn persent gekry van 'n goeie vriend wat sy huis hier in SA verkoop het.  Hy kom hier aan met 'n 19 something Nederburg cab.  Vol stof.  My dogter kry amper 'n oorval toe sy sien hoe vol stof die bottel is. 
Sy verstaan nie van "karakter" nie. *lag*  Ongelukkig het die vorige eienaar ook nie die bottels gedraai nie, maar ons het dit nogtans baie geniet. 

Vir my is 'n goeie wyn in 'n dosie net so reg.

« Last Edit: November 13, 2011, 08:53:46 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #29 on: November 13, 2011, 08:58:44 AM »
Dit lyk my wynmaak sit nie sommer in enige ou se broek nie. 
Behalwe nou wat jy by pa en oupa en die buurman en sommer van self afkyk leer, het jy enige verdere studies nodig in wingerd, wyn en die wynmaak-proses?

Nou sien, dis daardie na-oes-oes wat ek self 'n mandjie op die rug wil dra en druiwe pluk.  Ek is net bevrees ek sal na die eerste honderd tree nie meer die gewig kan dra nie.
Maak jy van seisoenwerkers gebruik?
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #30 on: November 13, 2011, 11:03:30 AM »
PM, ek stem saam met jou ek het ook geen probleem met wyn in boks nie, sommige wyne in bokse is baie lekkerder as sommige wyne in bottels.


ek drink agter lekker aan en hoe rooier hoe lekkerder.

Angelieka:
Elkeen kan seker wyn ( brousel) maak maar om lekker wyn te maak is nie sommer so maklik nie. As jy suiker en water en gis bymekaar ooi gaan jy ook 'n brousel kry, net so as jy druiwesap uit die druiwe vat ( of enige vars  vrugtesap) en gooi gis by gaan die goed gis en alkohol produseer.

Teorie studies vir wynmaak is redelik belangrik en dan ook praktiese ondervinding. Jy kan op maties of Elsenburg verder leer in wynbou en wingerdkunde. daar is baie goeie wynmakers sonder die teoretiese agtergrond maar teorie sal baie help. praktiese ondervinding tel meeste maar jy moet darem weet wat kan gebeure as jy so maak of nie so mak nie en dis goed as die wynmaker wingerd kunde ook het al boer hy nooit met wingerd nie sodat hy die taal van die boere ook kan praat en hulle mekaar kan verstaan oor 'n spesifieke topic as hulle dalk verskillende sieninge hê. net so is dit goed dat die boer ook effens wynmaak agtergrond het en weet hoe werk die kelder dat hy ook kan weet waarvan praat die wynmaker as hy van iets in die kelder praat.

my pa was wynmaker op vlottenburg daar het ek die basies van wynmaak in die kelder geleer. die metodes het redelik verbeter agv tegnologie maar die basies is nog dieselfde.

die groot ding van wynmaak is, jy moet 'n passie hê daarvoor en dit as lewenswyse sien en nie as 'n werk om geld te verdien nie. dieselfde geld vir boerdery. as jy dit vir geld wil doen kan jy maar los, doen dit oor dit lekker is en jy dit geniet.

daai na oes ding gaan jou moedeloos maak, na 100 tree gaan jy nog nie 1 kg in jou mandjie hê nie.

ek het vroeër jare van seisoen arbeid gebruik gemaak vir oes maar nie meer nie die blou masjien vreet maar.

ek gebruik wel seisoen arbeid in lente vir suier werk en soms om vuilgoed te skoffel. probeer maar so min as kan met mense werk. mense is probleme.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #31 on: November 13, 2011, 03:10:13 PM »
Skuus as ek weer vra Lox.  Word daar nog wyn in houtvate verouder en en en...
Ek is mal oor die geur van wyn uit houtvate.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #32 on: November 13, 2011, 05:50:31 PM »
ja daar word nog sommige wyne in vate verouder. nie alle wyne nie. en sommige wyne wat in vate was word versny me ander wat nie in vate was om die oordonderde hout geur effe in die bek te ruk. chardonaay word soms gehout. chardonay is ook 'n cultivar wat soms na dit gegis het vir so paar maande gelos en op die gismoer laat lê waar ander cultvars dadelik afgepomp sal word. die chardoany se gismoer dink ek gee daai botteragtige karakter, wat ek niks van hou nie.

soms word hout sawe of hout splinters in die wyn geplaas tydens gisting om hout karakter te bevorder. vate is vreeslik duur.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #33 on: November 13, 2011, 06:29:55 PM »
so word die druiwe by die kelder afgelaai



die bak waarin dit afgelaai word



handoes




werkers kry koeldrank op i warm dag




vroeg oggend lig word tyd net na blok N geoes is. het 4 uur die oggend begin.



mooi dagbreek van die masjien af



dis die latte wat die druiwe afskud, loop weerskante van die druiwe en skud heen en weer.



die oggend het klomp boere in die nag begin en die ry staan toe al in die pad voor oopmaaktyd.



wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #34 on: November 13, 2011, 06:46:13 PM »
die pyp in die sloot gesit en opgevul, toe het ons 'n brug.



en opgevul,







toe het ons 'n brug.




wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #35 on: November 13, 2011, 07:39:24 PM »
Nou wil ek weet of die houtvate slegs eenkeer gebruik kan word en watter rooiwyn word nog in vate verouder. 

Ek dink ook vieruur in die oggend is die beste tyd om te werk.  Hier by ons begin die vogeltjies dan al fluit en dan geniet ek die heerlike koel lug.  Ongelukkig kan ek net die lug sien verkleur, geen mooi sonsopkoms of sonsondergang soos daar by die see nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #36 on: November 13, 2011, 07:55:52 PM »
houtvate kan paar keer gebruik word, maar hulle hout karakter neem af met die jare
so 3 keer dink ek vir wyn en dan gebruik hulle soms dieselfde vate vir por wat dalk 5 jaar in die vat lê.

vir brandewyn gebruik hulle nuwe vate en ek dink ook net 1 keer veral as dit 10 jaar of 20 jaar in vate lê. dalk word die 3 jaar brandewyn se vate 'n 2 de keer gebruik.

brandewyn verdamp teen sowat 1 liter per maand uit die vate en moet gereeld opgevul word. as jy hele dag in daai brandewyn stoor werk kan jy getrek raak van die dampe inasem en dis hoogs ontvlambaar. wanneer jy in daai stoor ingaan los jy jou rookgoed en vuurhoutjies en lighter en selfone en enige elektroniese goed buite die deur.

pinotage, shiraz, cabernet saugvinon, merlot, en nog paar ander rooiwyne word soms in vate gehou vir so jaar.

as jy gelukkig is mag jy uit die tenk skep maar dan moet jy die keldermeester ken.



as jy my ken en ons is genoeg bymekaar kan ons so 3 liter bottel oopmaak vir die aand



brandewyn vate hou sowat 250 na 300 liter elk.




rooiwyn vate.



ek is nie seker of brandewyn en rooiwyn vate selfde vate is nie maar dit kan verskil want ek het in Frankryk op 'n plaas gewees met eie kelder en 4 kuipers wat vate maak. selfde  wyn in die 4 manne se verskillende vate dan kom die smake en geure anders uit. elke vat kan sy eie karakter hê.

hier word ruby cabernet afgetip by die kelder.



dit is een van die min rooi cultivars wat rooi sap het, meeste se sap is wat en jy kan witwyn daarvan maak. die kleur en geur kom uit die doppe.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #37 on: November 13, 2011, 08:13:14 PM »
Lox, ek lief al die inligting en ek lief jou vir al die tyd wat jy spandeer om die inligting oor te dra.  Baie dankie daarvoor en dankie vir die foto's. 

Ek sou darem wat wou gee om weer my glasie in daai tenk te doop!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #38 on: November 13, 2011, 08:50:51 PM »
ons kan dit dalk eendag reël. daai tenk se wyn is nog nie gefilter of gestabiliseer nie maw so effens vaal wyn, en die geure is baie beter want die stabilisasie en filter laat van die geure ook verlore gaan. nou gaan jy vra hoekom dna filter. dis om die wyn blink te kry, alle onsuiwerhede uit te haal en ook die wynsteen wat die afsaksel in die bottel maak.

die filter is 0,02 mikron, baie fyn as jy dink 1 mikron is 1 miljoenste van 1 millimeter
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #39 on: November 14, 2011, 01:44:35 AM »
Trippppel WOW vir al hierdie inligting Stoffetjie!!!  :hello2: :notworthy: Ek en Outop gaan rustig weer deur alles gaan. Dis verseker  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #40 on: November 14, 2011, 07:29:09 AM »
Daai afsaksel het ek al 'n paar keer in 'n goeie ou bottel rooiwyn gesien.  Ek is mal daaroor as die ander hul neuse daarvoor optrek, dan kan ek die hele bottel vir myself kry.   :icon_biggrin:

Raaitjie, as iemand daar naby Lox is en hulle maak nie van die aanbod om saam met hom deur die plaas en die kelders te gaan, gebruik nie, dan weet hulle nie wat hulle mis nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #41 on: November 15, 2011, 12:39:53 AM »
Ons het so twee weke gelede deur 'n kelder gegaan hier by ons, maar die ouens kan gaan kersopsteek by Lox!!! Ek het voorheen slaafs al Stoffel se inligting by die ou forum verslind en het dus vooraf 'n idee gehad van wat om te verwag. Teleurgesteld gewees met die eweknie diekant LOL!

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #42 on: November 15, 2011, 07:22:09 PM »
Sou nooit kon raai dat my een vragie aan Lox soveel inligting bevat nie.
Dankie Lox.  Ek sal weer deur alles lees en dan sal ek meer onthou daarvan.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #43 on: November 15, 2011, 09:45:06 PM »
Dankie aan jou Angelica, dit was 'n treffer vraag met 'n "super topic". 
Kyk nou net hoe laat 'n handjievol die brug bewe!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #44 on: November 16, 2011, 08:33:54 PM »
ek sal julle laat toets skryf wanneer julle kom plaas besoek doen.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #45 on: November 17, 2011, 05:12:39 AM »
Oeps, op hierdie stadium van die geveg gaan ek my eie IK toets dop.   :icon_biggrin: 
Naas, waar is jy?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #46 on: November 17, 2011, 06:38:58 AM »
dis darem nie IK toets nie net algemene wingerd kennis
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lox, vertel vir my....
« Reply #47 on: November 17, 2011, 07:44:35 AM »
Ons sal moet swot Ellé!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.