Author Topic: ek is lus om te "stir" vanoggend  (Read 12668 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
ek is lus om te "stir" vanoggend
« on: October 24, 2011, 08:19:50 AM »
http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Spogskool-laat-hare-rys-oor-matrieks-se-boskasies-20111023

Spogskool laat hare rys oor matrieks se boskasies
2011-10-23 22:42

    Artikelopsies
    Deel
    Kry Die Burger op

Jan Gerber

 Matriekseuns aan die Hoërskool D.F. Malan in Bellville kon Vrydag eers hul eksamennommer vir die eindeksamen kry ná ’n draai by die haarkapper.

Die ontstelde ma van een van die seuns, wat nie haar naam wil noem nie omdat sy hom nie “verder wil verneder nie”, het gister aan Die Burger vertel haar seun en sowat 10 tot 15 ander seuns moes Vrydag hoor hulle mag nie hul eksamennommers kry wat op die antwoordstelle vir die eindeksamen ingevul moet word nie, omdat hul hare te lank is.

Volgens die ma was haar seun se hare nie besonder lank nie, maar dit het aan sy kraag geraak.

Hy het haar omstreeks 08:40 ontsteld gebel en die situasie verduidelik. Sy het hom aangeraai om maar sy hare te laat sny en dan terug te keer na die skool vir sy eksamennommer. Dit is toe wat hy gedoen het.

Hoewel sy glo hy mag nie verbied word om eksamen te skryf nie, wou sy nie só ’n kans waag wanneer hy vanoggend vir sy Engelsvraestel by die skool opdaag nie.

Sy het gesê sy kan nie begryp waarom hy in die eksamentyd aan só iets onderwerp moes word nie. Sy meen die skool is kleinlik daaroor.

Die skoolhoof, me. Joh Dorfling, het gister bevestig sommige seuns is hul eksamennommers geweier totdat hul haarlengte aan skoolvoorskrifte voldoen het.

“Dit is gedoen om hulle te beskerm,” het sy gesê en verduidelik die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) vereis dat leerders tydens die eindeksamen netjies en in skooldrag moet wees.

Sy was bevrees dat van die leerders in die sop kon beland by die monitors wat die eindeksamen dophou indien hulle nie netjies is nie. Sy het te kenne gegee dat die leerders nie verbied sou word om hul eksamen af te lê indien hulle nie hul hare gesny het nie.

Na Dorfling se wete het al die seuns teen Vrydagmiddag hul nommers bekom.

“Ek kan regtig nie sien waar die skool verkeerd is nie,” het sy gesê.

“Hoekom sal ’n ouer nie wil hê haar kind moet netjies lyk nie?” het sy gewonder.

Die WKOD kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: ek is lus om te "stir" vanoggend
« Reply #1 on: October 24, 2011, 10:41:52 AM »
Ek het ook soort gelyke ding oorgekom.

Nou nie met lang hare nie.

Ek het dit nie so mooi hanteer soos die moeder nie. Ek het die skool gebel en gevra of hulle groot amok wil hê of wil voorkom, want as ek daar in storm sal al wat 'n tafel is om gegooi word en ek sal seker maak dat die wereld daarvan te hore sal kom. Die onderwyser was toe heel tegemoetkomend.

Ek dink dis skandelik dat skole of onderwysers nog meer druk op die kinders sit. Dis wanneer ek baie lief is om die druk in 'n spieel beeld terug te stuur.

 :angel12:



Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: ek is lus om te "stir" vanoggend
« Reply #2 on: October 24, 2011, 11:07:40 AM »
So tjop die onderwysers en die skole maar net af.
Die matriek leerling is onderworpe aan die skool se reels tot hy sy laaste eksamen klaar geskryf het.
As die skool een van die reels laat "gaan" is daar chaos wanneer al die ander ook oorboord gegooi word. Een van die groot probleme in SA skole is juis die feit dat ouers nie meer die skool se dissipline ondersteun nie en ALTYD die leerder se kant kies. Daarmee se ek nie die skool is nooit verkeerd nie maar reels bly reels en hulle is juis daar om die leerder dissipline te leer.

Maar nou ja. Soos die onderwysers en die skole op die oomblik verneder en geboelie word deur leerders wat baas is oor hul ouers wil geen onderwyser wat sy sout werd is meer in die beroep wees nie.
Kom ons los die hare, kleredrag en netheid en verkoop dagga aan die leerders by die skoolhek sodat hulle lekker op 'n trip kan gaan terwyl hulle eksamen skryf.
Die stert swaai hoeka lankal die kat rond.
Viva leerders! Viva!!!!


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: ek is lus om te "stir" vanoggend
« Reply #3 on: October 24, 2011, 11:13:59 AM »
wanneer het dit verander of was ons en die onnies in ons jong dae onder verkeerde indruk?

Na ons laaste dag het ons nie meer skoolklere aangetrek nie en is daar nie meer gebodder oor ons hare nie. Ons hare was korterig agv haar inspeksie kort na sept eksamen.

Ons kon en wou nie droogmaak nie want ons kon uit die koshuis geskors word en waar gaan jy dan bly om eksamen te skryf. Ek wou so gou as kan met skool klaar maak want ek het nie juis van skool gehou nie.

Ek het my eindeksamen kaalvoet geskryf. dit het gehelp in die wiskunde want toe kon ek op my tone ook tel.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: ek is lus om te "stir" vanoggend
« Reply #4 on: October 24, 2011, 11:49:35 AM »
Plaasskool?





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: ek is lus om te "stir" vanoggend
« Reply #5 on: October 24, 2011, 12:13:48 PM »
nee landbouskool op riversdal.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ek is lus om te "stir" vanoggend
« Reply #6 on: October 24, 2011, 12:38:56 PM »
Die vraag is eintlik of vandag se ouers besef wat die verpligting van 'n ouer is.

Jy moet jou kind so groot maak dat daardie kind die aanslae van die lewe kan hanteer.  Die doel van 'n ouer is om 'n kind gereed te kry om sy eie plek in die samelewing te kan vol staan.  Hy moet weet dat hy/sy die volgende leiers van die land is; die volgende ouers wat weer op hulle beurt moet kinders grootmaak.  Hou dus by die klein reëltjies, dan sal die grotes vir hulself sorg. 

'n Ouer wat enige reëls en regulasies teenstaan, besef nie hoeveel verwarring hy/sy by sy kinders kweek nie.  In ons dae sou jou alie gebrand het as jy nie by die reëls gehou het nie, niemand het ondersoek ingestel oor hoe regverdig dit is nie.  Hou net daarby. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: ek is lus om te "stir" vanoggend
« Reply #7 on: October 24, 2011, 07:19:09 PM »
Dit is nou nie asof die leerder klaar is met skool en kan chill nie,  hy is net besig om eksamen te skryf.
Alle reels geld nog steeds al gaan jy nie meer elke dag klas toe nie.
Daar is 'n helse verskil in die dissipline van toet toe ons in matriek was as nou.  Om die waarheid te se, daar is amper geen disipline meer nie.
Hoekom?  Die ouers kan hul bloedjies nie meer hanteer nie en moet daarom met alles saamstem om in die kinders se goeie boekies te wees.
As jy vir een kind oorsien en hy laat sy hare groei en in die aller wildste mode kam (?) of jel, sal die res soos 'n trop wille perde uitbreek en alles op horings neem. 
In elk geval, waarom kan die kinders nie nog 'n paar weke wag voordat hulle alles oorboord gooi nie.
Moet se, toe my kind op skool was het sy vriende gese hy het die coolste ma, want sy het nooit die leisels te styf gehou nie.  Maar dit was toe.  Nou is anders.
elle

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: ek is lus om te "stir" vanoggend
« Reply #8 on: October 24, 2011, 09:14:50 PM »
Ek dink daar word 'n paar dingetjies bietjie misgekyk in die situasie, soos wat ek bedoel is dat die storie lyk dalk so maar daar is ander faktore wat in ag gebring moet word.  Ek is self gladni teen skool reels nie, maar ek voel daar is 'n punt. Soos byvoorbeeld, as jy matriekafskeid wil hou, doen dit na matriek eksamen, want almal wat daar was het snaakse kleure hare en lang hare en naels en dinge, en ek weet dat die meisies wat ek gegrimmeer het het baie baie geld op hul pragtige haartjies spandeeer om dit so mooi te maak, maar om eksamen te kon skryf moes sy dit terug kleur.  Nou ek is regtig nie iemand wat reels sommer breek of iets nie, maar dink julle nie dit is dan 'n groot mors van geld om dit nie toe te laat nie?  Ek verstaan lang hare is 'n issue met die jong mans, en daar is perke in alles, maar ek kan nie dink dat dit so erg was dat hy dit dadelik moes sny nie, kon hy nie net 'n waarskuwing gekry het en gese het dit moet beter lyk die volgende keer wanr hulle hom sien nie?   En dit is net hare, wat nog van die naels wat vir amper R300 gedoen was? wat nou ook afgehaal moet word?

maak dit wat ek se sin? of sit ek die pot heeltemal mis?
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ek is lus om te "stir" vanoggend
« Reply #9 on: October 25, 2011, 03:44:57 AM »
Ek reken 'n mens moet altyd by die begin begin.  Die begin is: hou by die reëls.  As 'n mens eers gaan sit en dink hoe onregverdig of onsinnig sekere reëls en regulasies is, sal jy baie ongelukkig en gefrustreerd anderkant uitkom.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: ek is lus om te "stir" vanoggend
« Reply #10 on: October 25, 2011, 03:27:04 PM »
Nee natuurlik is dit so. 

Maar, ek voel steeds, hoekom die reels maak en dan dit so moeilik maak om die reels na te kom? Moet mens nie iewers in die lewe iemand iets gun nie? Of hoekom nie die reels so maak en so hou nie?
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ek is lus om te "stir" vanoggend
« Reply #11 on: October 25, 2011, 03:41:58 PM »
Alles verander maar.  Toe ons op skool was kon die leerlingraad netjiese rompe, sykouse en mooi hofskoene dra.  Wat was nou regverdig daaraan?  Ek sou graag al die matriekmeisies in daardie drag wou sien, met netjiese oorbelletjies daarby. 
Ongelukkig het 'n mens nie altyd 'n keuse in alles nie en dit wat jy nie kan verander nie moet jy maar so aanvaar.  Dit help nie om rebels te raak nie, want dit maak die lewe net vir jouself moeilik.  Dikwels vir almal om jou ook. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: ek is lus om te "stir" vanoggend
« Reply #12 on: October 26, 2011, 07:40:27 AM »
 :hello:

Dit laat my nou aan 'n eie ervaring dink. Ek is bietjie verstrooid en is eenkeer ook uit die eksamensaal gejaag- ek het vergeet om my naellak van die naweek af te haal. Ek was beslis verkeerd, maar voel tog dit kon op 'n minder vernederende manier gedoen gewees het. Normaalweg was ek regtig okay met die akademie- top vier in my standerd, maar daardie spesifieke vraestel het baie sleg gegaan, omdat ek so ontsteld was.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ek is lus om te "stir" vanoggend
« Reply #13 on: October 26, 2011, 11:32:58 AM »
Ongelukkig kry 'n mens mense wat so dom soos grond is.  Dit was nou heel onnodig.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: ek is lus om te "stir" vanoggend
« Reply #14 on: October 27, 2011, 06:58:27 AM »
ek het dit nie teen die reëls self nakom nie, i reël moet nagekom word maar ek het dit teen die simpel reëls wat soms vir my nie sin maak nie. soos laas week by kaappunt wat die toergroep daar was wat 'n kameraman gehad het wat vir hulle 'n video ( DVD0 van hulle toer in suid afrika gemaak het en hy is verbied om dvd te neem maar fotos mag geneem word.

wat is die verskil, en deesdae se foto kameras kan ook dvd neem maar dis ok, maar met die video kamera mag daar nie afgeneem word nie.

so is die ou tydse hare reël vir skool seuns ook vir my, iets wat onnodig streng is, reëls wat gemaak was toe die mode pee pot style was en nou is die mode enigiets van skinhead tot lang hare. wie het besluit dat hare so kort moet wees, een wat jaloers is dat hy nie meer langer hare kan groei nie en bleskop is?

dis soos wat ons kerkraad tot onlangs ( so paar jaar gelede) nog die reël gehad het dat swartpak en wit das gedra moet word. na baie kere se probeer is dit darem uitgestem omdat tye verander het en die mense se gesindheid het ook verander omdat dit nei meer so rigied is dat jy moet swartpak dra nie. van verlede jaar november af is dit ook verander dat die kerkraadlede by hulle gesinne mag sit as hulle wil.

net so voel ek oor die skool reël wat in 1864 geskryf is oor hare lengtes vir seuns......nee wag in 1864 het die voortrekker leiers lang hare gedra, tot in die anglo boere oorlog ook en van hulle was goeie leiers met langer hare en al.

ok so voel ek oor die hare skool reëls wat seker in 1948 gemaak is ( na die oorlog en als militaristies was) en nou na 60 jaar is daar nog nie weer na die reëls gekyk om dit te hersien nie.
van die engelse skole het daai reël hersien en van hulle seuns het baie lang hare en ek glo op die lang duur is daar minder, baie minder onnodige konflik tussen die kinders en onnies want daar is nie so simpel reël wat afgedwing moet word nie.

ek het dit teen simpel en onnodige reëls wat sommige rigied toegepas word en ander glad nie toegepas word nie waarvan ek dink haarlengte vir seuns is so simpel onnodige reël wat onnodige konfilk en wrywing tussen kinders en onnies bring.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.