• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

gedagte vir die dag

Started by Lox, October 21, 2011, 07:57:17 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

Iets om elke dag te onthou!
As jou tong te skerp is kan jy dalk jou eie keel afsny.
As jy jou drome wil bewaarheid moet jy nie te lank slaap nie.
Die geringste daad is beter as die grootste voorneme.
Van alles wat jy dra is jou uitdrukking die belangrikste.
Die beste medisyne vir goeie vriende maak is om een te wees.
Die 10 gebooie is nie 'n veelvoudige keuse nie.
Die geluk in jou lewe hang af van die kwaliteit van jou denke.
Jou gemoed werk soos 'n valskerm: slegs as dit oop is.
Jou idees sal nie werk as jy dit nie ook doen nie.
Die swaarste ding om rond te dra is wraakgedagtes.
Moenie veiligheidsreëls per ongeluk leer nie.
Ons grootste leuens is die wat ons vir onsself vertel.
Om tot gevolgtrekkings te spring is 'n gevaarlike oefening.
Selfs 'n skilpad maak vordering as hy net sy kop uitsteek.
Iets wat jy kan gee en nog steeds hou is jou woord.
Vriende loop in, as al die ander uitloop.

LEKKER DAG!
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dankie vir die aandra Lox.  Dit is pragtige gedagtes wat my vrolik deur die dag sal dra.  :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ek dink ek moet 'n paar van hierdie gedagtes ter harte neem.
elle

Lox

plesier PM

ek moet saamstem angeliek maar die probleem is die onthou daarvan.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Angelica

Lox, jy is reg.
Ek praat gewoonlik voor ek dink, tot my spyt agterna.
elle

PM

Ek ly aan dieselfde siekte Ellé.

Lox, jy sal nou elke dag 'n gedagte moet bring matertjie.  Ons hou die plekkie dop.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Chichi

Ek dink dit is nogals oulik jong!!!
*The one and only AWESOME-EST


Meraai vannie Baai

Outoppie se wyse gedagte vir die dag: Jy moet vergewe anders het jy nie vrede nie MAAR jy moet nie vergeet nie -want dan het jy ook nie vrede nie omdat jy dieselfde fout, weer gaan maak!

PM

Ons leer mos maar uit ons foute uit.
As jy jonk is, probeer jy vir die kinders "preek".  Hulle verstaan wat jy sê, maar hulle besef nie die omvang nie.  Ondervinding is die beste leermeester.
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Sjoe dits ware woorde daardie PM!!
*The one and only AWESOME-EST