Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Lox on October 21, 2011, 06:57:17 PM

Title: gedagte vir die dag
Post by: Lox on October 21, 2011, 06:57:17 PM
Iets om elke dag te onthou!
As jou tong te skerp is kan jy dalk jou eie keel afsny.
As jy jou drome wil bewaarheid moet jy nie te lank slaap nie.
Die geringste daad is beter as die grootste voorneme.
Van alles wat jy dra is jou uitdrukking die belangrikste.
Die beste medisyne vir goeie vriende maak is om een te wees.
Die 10 gebooie is nie 'n veelvoudige keuse nie.
Die geluk in jou lewe hang af van die kwaliteit van jou denke.
Jou gemoed werk soos 'n valskerm: slegs as dit oop is.
Jou idees sal nie werk as jy dit nie ook doen nie.
Die swaarste ding om rond te dra is wraakgedagtes.
Moenie veiligheidsreëls per ongeluk leer nie.
Ons grootste leuens is die wat ons vir onsself vertel.
Om tot gevolgtrekkings te spring is 'n gevaarlike oefening.
Selfs 'n skilpad maak vordering as hy net sy kop uitsteek.
Iets wat jy kan gee en nog steeds hou is jou woord.
Vriende loop in, as al die ander uitloop.

LEKKER DAG!
Title: Re: gedagte vir die dag
Post by: PM on October 22, 2011, 04:02:10 AM
Dankie vir die aandra Lox.  Dit is pragtige gedagtes wat my vrolik deur die dag sal dra.  :icon_salut:
Title: Re: gedagte vir die dag
Post by: Angelica on October 22, 2011, 06:34:31 PM
Ek dink ek moet 'n paar van hierdie gedagtes ter harte neem.
Title: Re: gedagte vir die dag
Post by: Lox on October 22, 2011, 06:53:27 PM
plesier PM

ek moet saamstem angeliek maar die probleem is die onthou daarvan.
Title: Re: gedagte vir die dag
Post by: Angelica on October 23, 2011, 06:07:19 AM
Lox, jy is reg.
Ek praat gewoonlik voor ek dink, tot my spyt agterna.
Title: Re: gedagte vir die dag
Post by: PM on October 23, 2011, 06:44:04 AM
Ek ly aan dieselfde siekte Ellé.

Lox, jy sal nou elke dag 'n gedagte moet bring matertjie.  Ons hou die plekkie dop.
Title: Re: gedagte vir die dag
Post by: Fransi on October 24, 2011, 10:37:35 AM
 :hello:

Dit is pragtig.
Title: Re: gedagte vir die dag
Post by: Chichi on October 24, 2011, 07:30:06 PM
Ek dink dit is nogals oulik jong!!!
Title: Re: gedagte vir die dag
Post by: Meraai vannie Baai on October 31, 2011, 04:36:22 AM
Outoppie se wyse gedagte vir die dag: Jy moet vergewe anders het jy nie vrede nie MAAR jy moet nie vergeet nie -want dan het jy ook nie vrede nie omdat jy dieselfde fout, weer gaan maak!
Title: Re: gedagte vir die dag
Post by: PM on October 31, 2011, 01:22:41 PM
Ons leer mos maar uit ons foute uit.
As jy jonk is, probeer jy vir die kinders "preek".  Hulle verstaan wat jy sê, maar hulle besef nie die omvang nie.  Ondervinding is die beste leermeester.
Title: Re: gedagte vir die dag
Post by: Chichi on November 01, 2011, 10:40:26 AM
Sjoe dits ware woorde daardie PM!!