• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die weer

Started by PM, October 19, 2011, 01:17:29 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek was so verdiep in my werk ek het nie agter gekom dit word al hoe donkerder om my nie.  Toe die weerlig klap, klap ek amper die grond! 
En hier kom die groot haelkorrels, agge nee, nie weer nie!
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Hie hie ..skuus ek weet dis nie snaaks nie, maar ek sien hoe jy die groot klap. Kostlik! Eina daai arme blare wat nog heel was na die laaste pakslae.

:angel12:

PM

Ek kan ruk soos ek skrik.  Hannes weet hy moet waarsku voor hy nuus!   :icon_biggrin:

Gelukkig was dit nie so erg soos die eerste keer nie.  Magret het kom sê 'n ruit het gebreek, maar ek dink dit was 'n vol-waterwerke-avo se skuld. 

Dit het heerlik gereën, net toe die laaste van die 3 kubuke meter kompos/kraalmis ingewerk is.  Ons Kaaskop het nie gedink dit ruik so lekker nie, maar ek is mal oor die reuk.  Sy is ook laasnag huistoe.  Net net die reën gemis.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Hey, jy is bang of jy is nie.  Jy skrik of nie. 
Ek is mal oor storms, wil sommer midde-in een klim.
Julle moet dat ek julle vertel waar my ma opgeland het een nag tydens 'n Vrystaat storm...
elle

Meraai vannie Baai

Pssssst PM - moenie skrik nie hoor. Is weer net ekke giggel-giggel  :sign10: Angelica my plek heeeelvoor geboek vir daai storie hoor!

PM

Kom ons gaan sit solank in Elle se galery en wag.  Daar is altyd 'n botteltjie piekborreltjies.  :bootyshake:

Nee Elle, ek is bang vir swaar weer.  Ek moet keer of ek "hieper ventileer". As dit so donker raak 12 uur in die middag, dan is daar pêre! Hulle skuif die meubels rond hier bo vir 'n vale en almal daar neem foto's.  Nee, dit is nie vir my nie.

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Terwyl ons weg was die week het die weer onse modem des-emme toe geklits! Snik snik. My gevoel dit het heeltyd nag gewees vir drie dae aanmekaar sonder kontak met die buitewereld julle! Vreeslike storm beleef by die karavaanpark. PM is goed jy was nie naby nie  :icon_biggrin: Onse kinders, klein en groot het onder die afdakkie gestaan en hulle vergaap aan die donderende skouspel. Self kleinman het met sy gesiggie so opgehef na bo, ogies gesluit - die atmosfeer ingedrink! Sien ek sommige voorliefdes is beslis gene gebonde. En ek dink dieselfde sal dalk dan ook deurgetrek kan word na vrese??

Naas

Ek is en was nog altyd lief vir die donderweer maar ek dink nie dis oorerflik nie want my oupa het eenslag gese, "As daai donderweer my skape steel, skiet ek hom vol gate en dan donder ek hom deur die gate."





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Hê-hê Naas, ek dink ons oupas is familie.   :icon_biggrin:

As 'n mens buite is as die storms so woed, dan voel 'n mens mos baie nader daaraan.
Ek het al 'n paar noue ontkomings met die weerlig gehad en weet hoeveel skade dit kan berokken.  Ons het net so aan die voet van Thaba Tswani, die berg van yster, gebly en die weerlig is baie lief vir daardie area.  Die ouens wat daar diensplig gedoen het (Voortrekkerhoogte) sal weet waarvan ek praat.  Dit is nie 'n man se maat nie.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Aarde juig!!  Vergeet ek van daai donner storie.
Kyk uit oor die naweek daarvoor.
En dan is daar nog daai opvolg van Stomp se terugkeer dorp toe!
Hang tien, moet nog gaan klas loop more en dan is die res van die naweek myne.
Toedels.. klink nou soos 7e Laan se  Paula..  lekker dag vir julle.
En die wat gaan pad vat, please, wees versigtig.  Dink ook vir die d.. inges aan jou voor, agter, links en regs van jou.
En met die Taxi-vliegtuie innie lug, kan ons nie versigtig genoeg wees nie.

elle

PM

Ons sien uit na die opgevolge dele.  Mag jy 'n lang rustige naweek hê sodat ons 'n lang uitgebreide opgevolg kan kry.
Geniet die klas, dalk gebeur daar weer iets waaroor jy kan kom opgevolg.  :icon_biggrin:
Jy moet ook visistis is op die pad. Vat vir Stomp saam, dalk sorg hy vir nog lekker leesgoed.
Maak darem 'n kansie vir saamkuier met ons ook.   :love7:   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

#11
 :hello:

Ek het ook effense gemengde gevoelens oor donderweer. Ontsag, bewondering,maar ook vrees.

Ek dink ek was met daardie selfde storm (hael) besig om te swaai. Ek het gedink dit sal so lekker wees om in die reën te swaai, maar toe begin die haelkorrels tref- eina.

Fransi


PM

O gaats!  ... en so 'n haelkorrel kan vir jou seer slaat!

Fransi, aan die regterkant van die venstertjie is 'n blou koevertjie met 'n potloodjie op. As jy daarop klik dan maak dit weer jou briefie oop en dan kan jy die vingerfoutjie gou regmaak.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi