Author Topic: Die weer  (Read 8122 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Die weer
« Reply #15 on: October 24, 2011, 07:40:54 PM »
Ek het gesit en leer, heel onskuldig, hier slaat daai eerste groot korrels ons sink dak, ek dog ek spring 6meter hoog, my moeder kom vinnig aangestap en vra is ek okay en wat het geval haha toe gebeur dit weer en weer en toe haal dit baie groot en baie hard... was nogals awesome om na te sit en kyk
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die weer
« Reply #16 on: October 25, 2011, 04:44:23 AM »
Gelukkig was dit donker toe die groot haelkorrels ons area getref het. Ek sou my stukkend gehuil het as ek moes sien hoe my tuin karnuffel word.  Dit is steeds nie lekker om te sien hoe alles aan flarde is nie.  Die meeste stukkende blare is al afgesny, maar daar is nog 'n paar wat moet plek maak vir nuwe groei.  Dankie tog vir nuwe groei.  Ons sal maar 'n paar maande die kaalgatgeit in die oë staar. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Die weer
« Reply #17 on: October 25, 2011, 03:21:43 PM »
sjoe ons tuintjie lyk ook maar baie erg, ek het sulke pragtige pienk/pers rose weet nie rerig nie dalk is hul eintlike kleur plum. maar ja, daar is niks van hulle oor nie. dit was redelik donker hier ook maar mens kon nog alles sien oordat ons so hoog bly is die omliggende omgewing alles net pragtige uitsig so baie plek vir lig om deur te syfer.
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die weer
« Reply #18 on: October 25, 2011, 03:46:11 PM »
Die hoë bome hier keer nogal baie lig af. Wat ek die meeste mis is die maan.  In ons vorige huis het die maan met sy voet in my slaapkamer ontwaak.  Nou moet ek 'n ent in die straat afstap om dit te sien.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Die weer
« Reply #19 on: October 25, 2011, 09:20:43 PM »
Ons sien die maan hier oor die berge opkom.... dits altyd mooi om te sien
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die weer
« Reply #20 on: October 26, 2011, 07:18:29 AM »
Ons was baie gelukkig om, in Bloubergstrand, die meeste van die tyd, 'n eenheid te bewoon wat op die see uitkyk.  As jy weet van Blouberg sal jy weet die maan sak net agter Robbeneiland weg en dit is die mooiste mooiste maanpaadjies oor die see.  Duisende sterretjies weerkaats in die water en dit is die beste voedsel vir 'n honger siel.
Om te weet is om te verstaan.