• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Woordgedagtes ....

Started by adele, January 12, 2017, 08:34:50 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Gerhardus Ebersöhn

#30
Quote from: adele on April 16, 2017, 10:21:52 PM
      Hy hoop futiel
     vir agt-en-dertig jaar
    nooit kon hy eerste
   die roering ervaar
  maar voor 'n engelhand weer
die water by Betesda beweeg
het Iemand hom reeds daar voorgekeer.
 
Hy bekla sy lot en lê sy seer
voor hierdie Man se voete neer
maar .

Kom geliefdes en prys die Heer
  en laat geen fariseër jou weerhou
   om Christus se liefde
    elke dag in jou hart toe te vou.

©adéle theron


Wonderlik! Kom ons prys die Here, want: "op die Sabbat stuur Jesus hom
met bed en al op 'n nuwe weg.
"
"Kyk dan, julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn! Want Ek gaan iets in julle dae doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie ... dat God Hom opgewek het uit die dode: om na verderf, nooit, weer terug te keer nie." "In julle dae", op God se Sabbat. Ja!

PM

Ja regtig Adele, jy kan nie toelaat dat hierdie woordgedagtes opdroog nie.  Dankie sustertjie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek staan vanoggend weer verstom oor hoe iemand uit twee 'heilige' monde kan praat. Dit wat G.E hier skryf en wat hy op openbare media 'getuig' is twee kante van een munt. Mater Adele, jy is en bly vir my en baie ander DIE mooiste voorbeeld van 'n volgeling van Jesus. Doet groot asb voort.