• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Woordgedagtes ....

Started by adele, January 12, 2017, 08:34:50 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Woordgedagte 11

Jabes

Jabes het Israel se God gevra
om hom elke dag te dra
wye velde te gee as grondgebied
smart weg te keer, Sy Wil geskied.

Ek is klein in dié lewe rof
my wêreld eens radeloos verdof
vra ek Hom ook om my te leer
en lê elke hunkering voor Sy voete neer.

©adéle theron

adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Net toe ek wou dankie skryf is daar nog 'n woordskat geplaas  :notworthy: :icon_salut: Dankie vir kosbare deel matertjie.

adele

dankie dat jy dit lees, lief Raaitjie, ek gaan nou aan met skryf spesifiek hiervoor, maar ai, my gedagtes verloor my soms langs die busstop.
adéle  :grommit:

adele

Woordgedagtes 12

Sy plan

Hy het 'n plan met my naam gemerk
en lei my om gewillig vir Hom te werk.
Met basuin en simbaal het Hy my geroep
maar ek dwaal weer weg na die aardse groep,
dan fluister Hy my naam, Sy stem sag en teer,
deur trane draai ek terug, ewig te jubel tot Sy Eer!

©adéle theron
adéle  :grommit:

adele

Woordgedagtes 13

Jakobus sê ons het nie
omdat ons nie vra nie ...

maar ek het as kind
geleer om respekvol
afhanklik, aan Christus te vra

So kom ek, Heer
met my versoek
om elke dag hier
in die skaduwee
naby U te kniel

In eerbied aan U
my lewensnodige te vra;
te ontvang wat in
U Raadsplan beskik is
vir my liggaam en my gees
dit wat nodig is ...

©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Neem hierdie gebed met my saam op die lewenspad.

adele

Woordgedagtes 14

Ontferm U oor my

Waarheen gaan al my gebede
as ek opsoek is na U vrede?
Help my, Heer, in hierdie land,
hou my veilig in U hand.

Hy gaan my beskerm
Hom elke dag oor my ontferm-
sê nié ek gaan nie swaarkry nie,
maar gee my elke uur hulp daarby.

©adéle theron

adéle  :grommit:

adele

Woordgedagtes 15

Gee als prys

Ons staan in Geregtigheid van God
Christus het dit volbring, Sy Gebod
ons leef in vreugde onder sy Genade
met vrede vermy ons die kwade
slawe van sonde is ons nie meer
dit het ons gebreek, dit was so seer
dit kan nie anders, ons gee als prys
loop daarvan oor om almal te wys
Hy is al in my lewe, my volle Verlossing
die Ewige Lewe het Hy vir my gebring.

©adéle theron

adéle  :grommit:

adele

'n Kraai vlieg

verwonderd oor die water
sonder naat of strand
geen takkie of holte
om sy pootjies in te plant
te gou het hy sy nes verlaat

het die duif nie langer gewag
voor hy met wye draai
oor aardse kontoere
en skeerkringe
gesoek het na 'n rusplek nie

kom skep jy dan eers
uit God se genadekruik
sy hulp en raad en liefde wyd
eer jy voortvarend
jou lewensboom gaan soek

©adéle theron

adéle  :grommit:

adele

Genade

Gee ons, VaderHeer, U seën
en lei ons na Sionshoogte
na die Nuwe Jerusalem
al is ons nietig mens
dra U genade ons weer
en dank en loof ons U heeldag deur.

Gister was my hart
en siel vanmekaar geskeur,
nog nooit was my binnekant so seer
almal op aarde het my verlaat
daar in my leegte vul U my
en dank en loof ek U heeldag deur.

©adéle theron
adéle  :grommit:

adele

Het jy vir my 'n sakkie meel?
Ek wil vyf broodjies bak,
want sien ... die wêreld is so skeel.

Elkeen soek 'n wonderwerk,
maar mis die teerheid in
'n brose vlindervlerk.

Blind staar hul verby die maan,
of God se koloriet
daar waar die son ondergaan.

Daarom wil ek Sy broodjie gee
aan almal wat wil hoor!
"Kom! Kry en neem ekstra met jul mee."

Later kan ons die brokstukke weer
optel en God prys,
ja, twaalf mandjies vol, suiwer tot Sy eer.

©adéle theron
adéle  :grommit:

adele

Ek wil U dien, Here
(sonder tromme en simbale)
in die ruising van die wind

met gebed en omgee
wat van U af ons omvou

dankie gee vir genade
en seëning aan elkeen van ons

gevul met U Liefde
(my tranedam loop oor)
wat my skoonwas van alle vuil
tot ek rein en seker
U Liefde en Genade
alles myne kan noem.

©adéle theron
adéle  :grommit:

adele

      Hy hoop futiel
     vir agt-en-dertig jaar
    nooit kon hy eerste
   die roering ervaar
  maar voor 'n engelhand weer
die water by Betesda beweeg
het Iemand hom reeds daar voorgekeer.
 
Hy bekla sy lot en lê sy seer
voor hierdie Man se voete neer
maar op die Sabbat stuur Jesus hom
met bed en al op 'n nuwe weg.

Kom geliefdes en prys die Heer
  en laat geen fariseër jou weerhou
   om Christus se liefde
    elke dag in jou hart toe te vou.

©adéle theron

adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Vandag neem ek vanuit jou kosbare mandjie vir my Woordbroodjies as padkos  :notworthy: :icon_salut:

adele

dankie vriendin, ek het 'n stilte beleef, maar moet weer gaan woordwortels grou vir verdere woordgedagtes ....  :toothy4:
adéle  :grommit: