• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Woordgedagtes ....

Started by adele, January 12, 2017, 08:34:50 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Ons eer met lied en lofgesang
ons Vader wat Lewe gee
na wie ons elke dag verlang

Hy klop-klop weer aan my hart
met vreugde nooi ek Hom in
om te help dra aan swaar en smart

met my hele wese gee ek als aan Hom
om net sy Liefde te ervaar
want Sy genade laat my stom

©adéle theron

adéle  :grommit:

adele

#1
U breek die brood
en vyfvissies
dan word dit liefde
wat uitkring en ons voed

Vul dit Mandjies
waaruit ons krummels kan neem
en verder gaan deel
en deel
en deel . . .
liefde wat mense
kan oortuig van U
Getrouheid, Genade en Seën.

©adéle theron

adéle  :grommit:

adele

Altaarvertroue

Abraham het God so vertrou
dat hy 'n altaar van klippe bou;
hy het verseker nie verstaan
hoekom hy Isak moet laat gaan?

'n Geloofstoets aan hom gestel,
kon hom wurg tot in 'n hel,
maar aan God egter, al die eer,
Abraham het weer vertrou, soos elke keer!

©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Wens ek het woorde gehad om jou te kon laat verstaan HOE pragtige voorbeeld jy vir ons is mater. PM lankal dit baie mooi opgesom dat jy vir haar die perfekte voorbeeld is van Christenskap.

adele

oh neee, onthou, ek kan net 'n voorbeeld wees as swakste sondige mens met foute en versoekings wat soms onweerstaanbaar is, maar wat wel in Christus se voetspore volg, na die beste van my vermoë met my hand in Syne en onder leiding van die Heilige Gees.
adéle  :grommit:

PM

Dit is juis hierdie nederigheid en die pragtige voorbeeld wat jy vir almal om jou stel wat die antwoord is Adele.

Raaitjie, jy moet haar ontmoet en tyd saam met haar spandeer.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Wens ek kon PM. Glo dat ons ure om sou kuier en verryk mekaar groet met 'n regte egte drukkie  :love7:

adele

Woordgedagtes 4

Hierdie Pad lei my waar ek moet gaan
en dui aan ons sy Geestelike Rigting aan.
Gebruik dan sy Riglyne aan ons gegee
in sy Woord, die Padkaart van ons lewe.

©adéle theron

adéle  :grommit:

adele

Woordgedagtes 5

'n spierwit steentjie
graveer U my naam
'n nuwe naam
U maak my rein
en nuut ... geborge
in U ewige liefde

Openb 2:17   

©adéle theron

adéle  :grommit:

adele

Woordgedagtes 6

'n Linnelap

U kleed was net 'n linnelap
en die voetpad seker stofgetrap
doelgerig het sy vorentoe gebeur
tussen al die baie mense deur.

Haar vingers het aan
   die soom geraak
      maar haar geloof
          het haar gesond gemaak.
 
                 Matth 9:20 – 21

©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Pragtig mater. Die rympatroon val sag op die oog en oor.  :notworthy:

adele

Woordgedagtes 7

Sy vergifnis

Die hand van die man
wat U gaan verraai,
   is by ons aan tafel.
   Wie gaan teen Hom draai?

'n Haan moet kraai
voor die son kom groet.
   Gaan ek tot in ewigheid
   vir my verloëning boet?

Elkeen van ons wil
suiwer onskuld voorhou,
   maar hoe kan ék 'n graf
   vir al my sondes grou?     

Sy oë is sag,
sy stem ruik na bloedsweet-
   "Vergewe hulle, Vader,
     hulle het nie geweet."

©adéle theron

adéle  :grommit:

adele

Woordgedagtes 8

Wie het al verder aan Josef gedink as net sy gesukkel om van Potifar se vrou af weg te kom, daardie tipe mense wat deur valse beskuldigings 'n ander se lewe kan verwoes? Maar deur in God te glo, het ten minste een man waarvan ons weet, beter uit die gemors gekom as wat die vrou ooit kon dink. As mense maar vandag ook wil besef dat valse beskuldigings net jou eie siek binneste verwoes.

Josef

Ek dink aan Josef, eensaam,
en wonder oor sy jare verby,
wie het hom ondersteun,
hoe het hy geloof verkry?

Ons wil hoort by 'n groep
om ons gedagtes te help dra,
maar vergeet dat ons
maar net vir Hom kan vra...

Gen 40:23
 
Maar die hoof van die skinkers
het nie aan Josef gedink nie;
hy het van Josef vergeet.

©adéle theron
adéle  :grommit:

adele

Wanneer vygies jubel

In vreugde stap ons saam met Hom
oor die vlaktes van Sy eiendom.
Daar buk ons af want teen die grond
rank vygies nou, veelkleurig bont.
Klein vetplantjies beur moedig voort
waar sandwoestyn aan Hom behoort.

Toe gaan sit ons eenkant op 'n klip
en dink weer aan die stal en krip-
geen blommekleur was daar te sien,
al het die wyses Hom kom dien.
Maar aan die einde van Sy lewe
het ook die veld na vreugd' gestrewe.

©adéle theron
adéle  :grommit:

adele

Woordgedagtes 10

Nog 'n bietjie slaap
wees maar nog 'n bietjie luier
en voor jy jou kom kry
is jy weer aan die sluimer

Skyn die son al deur jou venster
weet net dagbreek wag nie vir jou
die deur na God se sonskyndag
is die skemeruur se grou

©adéle theron

adéle  :grommit: