• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vryval

Started by Naas, April 20, 2012, 07:47:00 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Vry op die wieke van die suidoos
vir oulaas sweef ek
bo my eiland tralies.
Vry van lewensboeie.

Op die rand van Tafelberg
het ek na vryheid verlang.
Wind deur my vryval hare,
vry op die wieke van die suidoos

Oor glas en baksteen reuse
met see se grougroen omsoom.
Saam met sorgvry seevoëls,
vir oulaas sweef ek.

Ek kyk af oor stad en kerk,
oor liefhe en oor werk.
Sien die boeie van depressie
bo my eiland tralies.

Dan vir laas knip ek my oë,
vou ek my vlerke toe
en vryval na die rotse...
Vry van lewensboeie.

Gebroke kyk ek Godwaarts
bo my eiland tralies.
Vir oulaas sweef ek
vry op die wieke van die suidoos


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

WOW!  Naas!  WOW!  :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

#2
Dis die voordeel van 'n digter wees... Jy kan in jou verbeelding alles eindig deur van Tafelberg te spring terwyl jy in werklikheid nie die geld het om op die berg te kom nie.  :dontknow: :icon_scratch:


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

En iewers langs die bergpad het ek die ene gemis sniksnik. PUIK!!!