Author Topic: Stekie vir Stekie  (Read 2981 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Stekie vir Stekie
« on: September 02, 2013, 12:20:38 PM »
So sit ek toe mos Sondag en soom inwerk vir die broek wat ek al in April gekoop het. My ouma, aan my pa se kant, het altyd gese dat ‘n mens nie op ‘n Sondag naaldwerk mag doen nie want elke stekie wat jy insit steek jy in die Meester se oog. Nou voel ek so bietjie skuldig maar ek wil darem ook graag die broek Maandag aantrek.
Dwaal my gedagtes, as selfverdediging teen die skuldig, ver in my verlede rond.
Ek onthou stories.
Stories soos die een van die Rus, Amerikaner en Koos. Die Rus vertel daar was ‘n motorongeluk by hulle op ’n verlate pad. Gelukkig was daar ‘n dokter naby want een van die slagoffers het sy been so beseer dat dit geamputeer moes word. Die dokter kon toe die been amputeer en die skrynwerker wat saam met hom was tel daar ‘n dooie stomp op en kerf vir daai man ‘n been en ‘n voet. Hy het dit so goed gedoen dat die been later deel van die slagoffer geword het. Soveel so dat die been tot gebloei het as hy sy toon stamp.
Die Amerikaner se daai’s niks. By hulle het ‘n man in ‘n skietgeveg altwee sy oë verloor. Sy vriend was ‘n glasblaser en het vir hom twee glasoë uit ‘n wynglas se bodem gemaak. Dit was so suksesvol dat die man weer twintig twintig visie gehad het daarna.
Nee wat, weet Koos te vertel. In Suid Afrika was daar ‘n bomontploffing en al wat van die man oorgebly het was ‘n paar brille, ‘n pankop en ‘n poepol. Die dokters het dit weer aanmekaargesit en daarvan ‘n staatspresident gemaak.
Die storie laat my toe dink aan die storie wat my ma se oom Brent vir ons vertel het. Kyk daai man het storievertel uitgedink.
Hy vertel hulle gaan jag. Maar dis nie vreinde saam nie, nee, dis sommer ‘n paar ouens wat deur die boer genooi is omdat hy hulle ken. Onder hulle was daar ‘n dokter, ‘n ginikoloog en ‘n plastiese snykundige. Volgens oom Brent was die ginikoloog nie juis goeie geselskap nie en kon hy ook nie juis jag nie. Die ginikoloog het as gevolg van sy beroep erg aan tonnelvisie gely en kon dus nie die wild betyds sien nie.
So kuier hulle die aand om die kampvuur na die dag se jag. Almal het baie te sê en stories oor die dag se gebeure doen die rondte. Die ginikoloog staan op om ‘n draai te loop. Dis mos maar hoe dit gebeur. ‘n man drink een bier dan piepie hy ‘n sixpack.
Hulle hoor een harde slag en toe hulle gaan ondersoek instel kry hulle die ginokoloog op die naat van sy rug langs die toilet. Hy het frontaal in die toilet se muur vasgeloop omdat hy dit nie gesien het nie.
Sy oogbank bloei.
Die dokter ondersoek hom en wil ‘n pleister opplak. Nee, sê die snykundige, as hulle net ‘n pleister opplak gaan die man ‘n aaklige letsel oorhou. Hy gaan eerder steke insit.
So leen hulle naald en gare by die boer se vrou. Alles word in alkohol gesteriliseer en die slagoffer word ’n paar doppe whiskey ingejaag om die pyn te verdoof. Die wat toekyk voel hulle moet ook van die verdowingsmiddels inneem en die snykundige neem self ‘n goeie dosis net om sy hande mooi stil te kry sodat hy nou nie te veel bewe nie.
Vol konsentrasie en onder luide aanmoediging en lopende kommentaar begin hy daar met die operasie in die lig van die enigste flits wat batterye in het. ‘n Uur en ‘n half later toe sit hy daai naald en gare neer. Die flits ook teen daardie tyd al flou gewerk.
Ons is almal uitgeput van die spanning en slaan almal die kooi.
Die volgende oggend in die daglig aanskou ons die snykundige se lieflike handewerk. Twee en veertig fyn stekies, netjies en presies ingesit deur ‘n meester. Drie stekies maak die snytjie toe en die ander nege en dertig loop al op die bloedstreep teen die ginikoloog se vang af.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stekie vir Stekie
« Reply #1 on: September 02, 2013, 03:17:34 PM »
Dit was nou goeie medisyne vir die dag.  Dankie Naas, ek het dit baie geniet. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Stekie vir Stekie
« Reply #2 on: September 02, 2013, 04:25:02 PM »
 :icon_biggrin:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Stekie vir Stekie
« Reply #3 on: September 02, 2013, 06:16:10 PM »
Sy verdiende loon... hy wil mos bloei.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stekie vir Stekie
« Reply #4 on: September 03, 2013, 08:54:06 AM »
Daai aanmerking pas uitstekend!   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Stekie vir Stekie
« Reply #5 on: October 03, 2013, 02:14:19 PM »
Het die storie baie geniet  :icon_biggrin:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Stekie vir Stekie
« Reply #6 on: August 22, 2018, 12:11:52 AM »
skouerlees... (Dis ook al wat ek deesdae lees.) ek hierdie een weer en besef ons maak vordering. Ons kan in vandag se tyd uit lieg en bedrieg en 'n leë belofte 'n president aanmekaarsit.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Stekie vir Stekie
« Reply #7 on: August 22, 2018, 12:55:48 AM »
Iewers langs die pad het ek die ene gemis. Gelukkig lees ek toe oor jou skouer hahahahah. As grinnik en giggel 'n beroep was, was ek 'n grinnikeloog of 'n giggelloog. Jou stories is altyd skreeusnaaks Naas. Dankie vir my lagpil vandag. Nou moet ek my stert in rat kry. Dankie ook vir my 'skouerlees'
 :notworthy: :hello2: :read2: