Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on April 20, 2012, 06:47:00 AM

Title: Vryval
Post by: Naas on April 20, 2012, 06:47:00 AM
Vry op die wieke van die suidoos
vir oulaas sweef ek
bo my eiland tralies.
Vry van lewensboeie.

Op die rand van Tafelberg
het ek na vryheid verlang.
Wind deur my vryval hare,
vry op die wieke van die suidoos

Oor glas en baksteen reuse
met see se grougroen omsoom.
Saam met sorgvry seevoëls,
vir oulaas sweef ek.

Ek kyk af oor stad en kerk,
oor liefhe en oor werk.
Sien die boeie van depressie
bo my eiland tralies.

Dan vir laas knip ek my oë,
vou ek my vlerke toe
en vryval na die rotse...
Vry van lewensboeie.

Gebroke kyk ek Godwaarts
bo my eiland tralies.
Vir oulaas sweef ek
vry op die wieke van die suidoos


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Vryval
Post by: PM on April 20, 2012, 07:47:11 AM
WOW!  Naas!  WOW!  :notworthy:
Title: Re: Vryval
Post by: Naas on September 02, 2018, 04:39:35 PM
Dis die voordeel van 'n digter wees... Jy kan in jou verbeelding alles eindig deur van Tafelberg te spring terwyl jy in werklikheid nie die geld het om op die berg te kom nie.  :dontknow: :icon_scratch:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Vryval
Post by: Meraai vannie Baai on September 02, 2018, 10:46:33 PM
En iewers langs die bergpad het ek die ene gemis sniksnik. PUIK!!!