Ag Trappies, ek wens ons kon nog 'n daggie of wat oorbly. Ek het jou manlief en kinders so gemis, sou wat wou gee om nog oor te bly.
Vanaand het ek 'n geweldige gemoedsbeskokking. Vir party mense het die a-klanke mos 'n ernstige skop in die ribbes. Soos my welaf tante, haar man was mos 'n mynkaptein, gesê het, as haar kindrs kak gesê het was hulle by die a-klanke, as my ma se kinders so laag gedaal het was dit 'n ernstige oortreding. Sies! Aan die anderkant van die treinspoor!
Nou gaan hierdie beskokking oor 'n netelige sakie. Ek is mos nou lelik gebore. My fffflippen hel. 'n Mens sou sweer dat ek 'n inset in die saak gehad het. Ek het mos nou nie gehelp om myself te maak nie! Iemand het die lelike eendjie en liewe heksie met mekaar verwar! Die een so lelik soos die ander!
Nou moet ons Hannes se "afskuitspartytjie" gaan fier! Word ek aangesê om my hare te laat doen, my bakkies te laat verf, my naels te laat doen, (toonnaels ook so by my kool) en 'n uitrusting te gaan koop!
Wie het nou waar die klits kwyt geraak! Kyk hier liewe broers en susters, of julle laaik my of julle laaik my nie. As ons liewe Heretjie wou gehad het ek moes 'n skildery gewees het het Hy my iewers opgehang en my Mona Lisa genoem. No go!
Ek weet julle het al van daai mooi Afrikaanse uitdrukking gehoor! Al dra 'n aap 'n goue ring, hy bly maar
'n lelike ding!
Nee wat, ek sal liewers saam met Joe by Jack se kaie gaan pap en rooierige wors eet. Hierdie ge-aansittery is nie vir my nie. Help asseblief, ek is in die moeilikheid!