Ek is seker die mees ongeorganiseerste persoon wat ek ken. Ek kan net nie my lewe orden soos ander nie. Dalk oor ek nie so lank wil of kan konsentreer op iets wat my glad nie aanstaan nie.
Vandat ek tuis is het ek net nie tyd vir niks nie.
Huisskoon maak - my babas kan nogal vuil maak. 4 Voete wat in en uit loop gras in loop stof, sand en water. Eish.... ( moet se ek hou nie van die taak nie )
Dan probeer ek met my "nuwe besigheid" aangaan. Optimizor Dog Food. Ek moet se dit gaan aan, ongelukkig maak ek nie genoeg nie. Nog nie. Ek is seker te hastig.
Dan tussen in verkoop ek Annique, wat ek dink ek mee gaan stop. Hulle maak die Depo toe hier dan moet ons dit met die pos aankoop met kostes wat onsin word.
EK hou nie daarvan nie.
Soek nog werk ook.
Kos maak en ek hou nogal daarvan om nuwe resepte uit te probeer. Met 'n Budget!
As ek dit so neer pen klink dit nou nie na baie nie, nou hoekom is ek so moeg? Ek kry nie kans vir niks nie. Nie om hier rond te hardloop en wegkruipertjie te speel nie, nie om my stokperdjies te doen. Net om hier tuis te sit en (hoe se hulle) "slum".