Author Topic: Aanlyn koerante..  (Read 3778 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Aanlyn koerante..
« on: May 11, 2013, 06:32:40 AM »
Ek lees al die koerante aanlyn.
Ek koop nie die papierweergawe. Papier is pulp is hout is bome... en ek lief bome.
Het ook nie klein hondjies wat moet leer om nie oral in die huis te piepie en ook nie parotte wat daagliks skoon papier in hul hokke moet kry.
Maar nou het hulle hierdie idee gekry om alles te verander en daar is nie meer 'n opsie om kommentaar te lewer op die berigte.  En die kommentare kan skreeusnaaks wees. 
As jy ouer word, wil jy nie so baie veranderings meemaak nie.  Ja ek weet ons moet bybly, maar hoekom krap aan 'n ding wat werk?
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aanlyn koerante..
« Reply #1 on: May 11, 2013, 09:11:33 AM »
Ek lees ook graag aanlynkoerante, maar ek maak nog hewig staat op koerantpapier.  Ek glo nou maar vir eens dat niks 'n venster so blik kry soos 'n stuk koerantpapier nie en hoe maak jy nou 'n vuurtjie wat nie "stink" nie sonder koerantpapier. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Aanlyn koerante..
« Reply #2 on: May 15, 2013, 01:45:26 PM »
Aanlyn of aflyn - om te ewe vir my - ek lees dit nie sommer nie!!  Die inhoud stink gewoontlik van negatiewe dinge. 

Maar ek gebruik ook graag koerante - op Woensdae word die Tygerburger by ons afgelaai - gratis nogal.  Ons maak hulle mooi bymekaar.
En Theo geniet dit so om op dit te verf.  Ons vou vliegtuiggies en een van die mooi dae gaan ons kites begin maak.


Dit is ook lekker om op die werkstafel te sit as ek skep met dit en dat ...

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aanlyn koerante..
« Reply #3 on: May 15, 2013, 03:39:04 PM »
Ja sien jy nou, 'n mens kan niks met 'n aanlynkoerant maak as jy dit klaar gelees het nie!   :icon_biggrin:  Dit is darem baie handig.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Aanlyn koerante..
« Reply #4 on: May 17, 2013, 04:17:58 AM »
Aanlyn koerante kan mens lek en plak en aanstuur en dis ook al ... wag .. mens kan dit ook aanhaal ... maar dis te suur en naar om aan te haal :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Aanlyn koerante..
« Reply #5 on: May 17, 2013, 04:54:26 AM »
dis amper soos jare gelede toe al meer mense begin draadloos luister het.
toe is die rvaag gevra wat is die voordeel of nadeel van nuus op draadloos ipv koerant.....jy kan nie 'n vis in 'n draadloos toedraai nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aanlyn koerante..
« Reply #6 on: May 17, 2013, 09:23:40 AM »
Daar het jy dit.   :icon_biggrin:  Ek dink hulle vul mekaar mooi aan.  Dit is darem baie lekker om 'n keuse te hĂȘ. 
Om te weet is om te verstaan.