Die prys is R100 per bladsy en dit sluit alles in. Ja, minimum ses bladsye. 'n Voorblad en 'n profielblad is dan daarby ingesluit. Die persoon wat die bladsye bespreek moet dit in gelyke bladsye bespreek. M.a.w. 6 of 8 of 10 ens.
Ek verkies dat die skryfwerk op die forum geplaas word. Daar kan almal lees en help om tikfoute reg te maak en te skuur en skaaf as dit nodig is. Die prente of foto's moet hoë kwaliteit wees, nie kleiner gemaak nie, anders kan ek dit nie gebruik nie.
Ek spasieer self die skryfwerk op die agtergrond. Moenie vir my goed stuur wat ek nie kan verander nie. Ek moet seker maak dat die spasies reg is, want die bladsye word gesny voordat dit gebind word en jy wil nie hê jou titel, of jou naam onder aan, of die skryfwerk langs die kante, word afgesny nie.
Sodra die proefboek gereed is sal die drukker vir my 'n prys gee vir boek 2. Ek kan nie op hierdie stadium vir julle sê wat dit gaan kos nie. Die prys sal ook afhang van hoeveel boeke ons bestel. As julle solank vir my min of meer kan sê wie wil hoeveel boeke bestel, kan ek 'n lys maak. Ek hoop en hou styf duime vas, dat dit nie veel meer as boek 1 sal kos nie.
Ek wil die proewe na die drukkers toe neem voordat ons die 27ste Mei vir drie maande 'n kontrak in Vryburg gaan doen. Ek doen dus 'n beroep op almal om hulle werk so gou as moontlik in hul eie plekkies te plaas en vir my 'n lysie te stuur met die name van die gedigte of kortverhale.
Ek hoop dit is al die inligting.
Baie dankie Fransi, die voorreg is myne.