Author Topic: Bespreek jou bladsye vir boek twee.  (Read 27168 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« on: January 21, 2012, 08:10:51 AM »
Besprekings vir bladsye vir boek 2 is nou oop.   :icon_biggrin:

Met boek 1 was daar baie onvoorsiene kostes waarvan ek net mooi niks geweet het nie.
Boek 2 se bladsye sal R100.00 per bladsy kos.  Ek glo dit sal al die kostes dek en ons sal weer 'n boek met uitstaande gehalte kan "voorsit" teen R250.00 per boek.


Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #1 on: January 22, 2012, 03:59:04 PM »
PM, Ek wil ses bladsye bespreek asseblief. 
Sal die bedrag inbetaal sodra my spaarvark se magie weer gevul is.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #2 on: January 23, 2012, 09:05:45 AM »
Dankie Ellé, daar is nog baie tyd om te betaal. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #3 on: April 04, 2012, 08:46:28 AM »
Julle kan hier bladsye bespreek vir boek twee.  

Lees asseblief die eerste inskrywing.  
 :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #4 on: April 05, 2012, 04:20:41 PM »
so die R100 per blad is altwee kante van een A4 blad?

Dis reg ...

ek het by die boek bespreeking mos gese ek neem 6 A4 blaaie ...

en ek sal al die werkies wat ek innie boek gaan plak - hier kom nes onder die uwe se topic :-)
« Last Edit: April 07, 2012, 12:21:39 PM by Ah Willa »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #5 on: April 06, 2012, 07:08:08 AM »
Nee, R100 per bladsy.  As jy dus ses blaaie vat, is dit 12 bladsye en dan kos dit R1,200.00

Jou werk moet jy net in jou eie plekkie hou.  Dit word nie nog op ander plekke geplaas nie.  Dit sal tog net dubbel soveel spasie opneem.  Daar by "Kom ons help mekaar" is van ons werk ook dubbel geplaas om mekaar te help om dit te skuur en skaaf.  

Sodra jy dan hier gelees en geantwoord het, sal ek hierdie topic verwyder.   :love7:
« Last Edit: April 07, 2012, 12:22:05 PM by Ah Willa »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #6 on: April 06, 2012, 09:51:57 AM »
Kom ons vat saam dat ons mekaar nou mooi verstaan want julle twee smokkel nou met mekaar se koppe:

1 (een) A4 bladsy aan een kant gedruk kos R100
1 (een) A4 bladsy aan beide kante gedruk kos R200

As die boek dus oop voor jou le kyk jy na R200 (R100 links en R100 regs)

Wlla as jy dus een bladsy koop is dit net aan een kant gedruk, die volgende koper betaal vir die agterkant van dieselfde bladsy.




 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: April 07, 2012, 12:22:24 PM by Ah Willa »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #7 on: April 06, 2012, 05:13:11 PM »
okay - hoe stel ek dit dan .. net 6 kante geprint x R100 elke = R600  dis al wat ek wil bestel ....


mmm  dus neem ek net 3 A4 bladsye teen R200 elke = R600 ... is dit nou reg?

« Last Edit: April 07, 2012, 12:22:46 PM by Ah Willa »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #8 on: April 07, 2012, 06:05:34 AM »
Nou is dit heeltemal reg!  :love7:
Jy kan nou net hierdie bestelling by "Bladsybesprekings vir boek 2" gaan doen, dan is alles mooi bymekaar.  
« Last Edit: April 07, 2012, 12:24:06 PM by Ah Willa »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #9 on: April 07, 2012, 07:42:47 AM »
Kom ek maak julle nou totaal en al deurmekaar..

Blaai = sheet = 2 bladsye
Bladsy = page = page 1, page 2

1 Blaai het twee bladsy = page 1, page 2/bladsy 1, bladsy twee.

Willa, jy het 3 A4 blaaie met 6 kante/bladsye = bladsy 1, 2, 3 tot ses.
« Last Edit: April 07, 2012, 12:24:29 PM by Ah Willa »
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #10 on: April 07, 2012, 07:53:17 AM »
Nou verstaan ons mooi!  :icon_biggrin:
Dankie matertjie.   :bootyshake:
« Last Edit: April 07, 2012, 12:23:32 PM by Ah Willa »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #11 on: April 07, 2012, 09:41:04 AM »
 :sign10: :sign10: :hello2: :hello2: :hello2: :hello2: :hello2:









 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: April 07, 2012, 12:23:08 PM by Ah Willa »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #12 on: April 07, 2012, 10:49:11 AM »
PM'ie, sluit die R100 per bladSY    :icon_biggrin:   alles in, grafiese plasing op foto-agtergrond ook?
of gaan dit ekstra R20 kos soos in boek 1?
« Last Edit: April 07, 2012, 12:24:52 PM by Ah Willa »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #13 on: April 07, 2012, 03:13:37 PM »
Ja, dit sluit alles in en dan kan ons die verkoopprys op R250.00 hou as ons drukkers vir ons dieselfde prys vra om die boeke, dieselfde gehalte, te druk. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #14 on: April 07, 2012, 03:36:27 PM »
PM,  ek bespreek 4 bladsye = R400
Die uitgawes van die moeder van die groem saai havoc in my budget.

Ook moet ek weet wanneer dit betaal moet wees.
Ook wanneer ons skriwwels klaar moet wees.

Dankie, vriendin.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #15 on: April 07, 2012, 03:56:47 PM »
Ek glo nie die boek sal reg wees om drukkers toe te gaan voor die einde Augustus nie.  Dan sal ek dit eers moet betaal wanneer dit gereed is en dit gee ons ses maande tyd om te spaar en geld oor te betaal. 
As dit eingsinds moontlik is, wil ek graag nie minder as ses baldsye in 'n bundeltjie hê nie, en jy dink verniet jy gaan met so min wegkom!  Ek wil al jou mooi gedigte in die boek hê.   :notworthy:

O ja, die skriwwels, julle kan maar net vir my die name van julle werkies gee, ek sal dit gaan oppik by jul eie plekkies.  Stuur asseblief vir my foto's of agtergrondmateriaal aan soos wat julle dit het, maar asseblief eers na die einde April.  Vir die wat niks stuur nie sal ek self agtergrond voorsien. 
Ongelukkig sal dit moet wag tot ek weer in die land van vinnige internet is, van hier af sal dit my 'n jaar en 'n fortuin kos! 
« Last Edit: April 07, 2012, 04:00:46 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #16 on: April 07, 2012, 04:28:36 PM »
Oepsie... ja sien, ek het vergeet van minimum.
Nou toe, dan is dit 6 Bladsye - R600.
Sjoe, gee my kans om weer bymekaar te maak.
Dankie.
Hier by my is die internet net sy stadig. 
Ek dink die bytjies by die bye-nes vergeet soms om die 'On' knoppie te druk.

Groete
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #17 on: April 07, 2012, 04:52:42 PM »
Dankie matertjie.  Ek waardeer dit!  Soos gewoonlik sal die gedigte wat julle in julle eie plekkies plaas vir die boek, gratis wees.  Met almal se hulp is al die kostes vir die forum betaal tot en met die einde van Februarie volgende jaar!   :hello2:





« Last Edit: April 16, 2012, 08:22:42 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #18 on: April 16, 2012, 08:25:34 AM »
Besprekings gemaak deur forumlede tot op hede:

Angelica  6 bladsye
Ah Willa  6 bladsye
Gedigstrukture  plus minus 36 bladsye
PM  20 bladsye
Suikersakkiehumor  plus minus 10 bladsye
Epitaaf ook plus minus 10 bladsye
Meraai vannie Baai 6 bladsye

As daar nog iemand is, kom bespreek asseblief.  Laat ook vir my weet wat julle nog in boek twee wil sien.
« Last Edit: April 18, 2012, 03:55:00 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #19 on: April 17, 2012, 01:55:09 AM »
Ek sal ook 6 blaaie neem dankie mater (gaan gou 'n blikkie gleuf insny en begin spaar)  :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #20 on: April 18, 2012, 03:56:05 PM »
Dankie vir die ondersteuning Raaitjie.   :love7:
Ek het dit so aangeteken. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #21 on: June 19, 2012, 12:42:04 PM »
Moeder PM en ForumFamilie -

ek is nou nie lelik nie .. maar ek gaan liefs van boek twee ontrek ... ek sal nog my 6 bladsye betaal en dit afstaan aan Engeltjie/Adele/Naas - hulle werkies is ongelooflik en moet gedeel word.   Ek voel nie minderwaardig nie - net dat my werk nog flou is teenoor die meesters en dat ek eerder nog wil groei na boek 3 toe .... my werk het nogal 'n groot verdieping en verkorting geneem ... ek het nog so een of twee wat nog nie klaar is nie , want ek nou in die laaste week geskryf het  - nie my gewone lang-storie-gedigte nie.  

Ek wil nie boek 2 terug hou nie ... en ek het nog baie werk om te doen aan my gedigte ... en ek sal baie beslis almal se input/skaaf en leer waardeer by myse huisie - al my gedigte is oop vir input van julle af.  

Ek sal reg wees vir boek 3 ... maar julle het my volle onderteuning met boek 2 ... ek sal boek een en twee soveel moontlik help bemark ... en oral waar ek kan my skills aan bied vir boek 2

Sien uit na boek 3 om saam met almal gekroon te word as 'n WoW  ... nou is julle reeds wow en ek is nog net ow ... maar ek is op pad ... ek werk regtig hard ... lief julle almal en ek geniet dit so baie om julle werk te lees

Engeltjie se simfonie het nou net hier by my verby gerol ... die een wat daar in haar huisie oor die velde gestooi was ... hy's op pad na een van julle - wou nie se waarheen hy klinkend rol nie  :toothy4:
« Last Edit: June 19, 2012, 12:51:35 PM by Ah Willa »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #22 on: June 19, 2012, 07:51:56 PM »
Ek dink nou weer jy is vinnig op pad om 'n goeie bydrae te lewer.  Ons almal werk ons stukkend om te help skuur en skaaf aan jou werk.  Nou kry ons dit mooi op dreef en nou wil jy dit weg gee?  Sorry Girl.   :nono:  Dink maar weer!  Jy sal jou se gatta in ratta kry en jou bydrae maak!  Basta!  Ah Willa,  6 bladsye, finish en klaar!

Besprekings gemaak deur forumlede tot op hede:

Angelica  6 bladsye
Ah Willa  6 bladsye
Gedigstrukture  plus minus 36 bladsye
PM  20 bladsye
Suikersakkiehumor  plus minus 10 bladsye
Epitaaf ook plus minus 10 bladsye
Meraai vannie Baai 6 bladsye

As daar nog iemand is, kom bespreek asseblief.  Laat ook vir my weet wat julle nog in boek twee wil sien.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #23 on: June 20, 2012, 04:48:04 AM »
Waar is Adele en Naas se werk ... dit kan nie weg gelaat word nie ...

Okay ... ek is besig om deur 'n nuwe seisoen se cocon te breek .. my vlerke nog nie eens oop nie ...

ek gaan al die plassings by my huisie verwyder ... behalwe die waar daar werklik baie geskaaf en geskuur is ...

dan gaan ek nie self my bydrae's kies nie PM ... want dalk is nie objectief genoeg nie ... ek laat dit dan oor aan jou om te kies.

Ek het nog twee nuwes wat ek vanoggend kan by sit ... die laaste een - helmal die teenoorgestelde van wat ek nog ooit gedig het ...  en boon-op kort - nie 'n verhaal gedig of gebed gedig nie (dis wat ek mos maar altyd gedig het)  :headbang:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #24 on: June 20, 2012, 08:54:24 AM »
Adéle en Naas se werk kom nog.  Moenie komkommer nie.  Die boek het 250 bladsye wat moet vol kom, al neem dit nog 'n rukkie, ons is nie haastig nie. 
'n Paar van ons skrywers het 'n opdraende stryd met finansies, maar ons sal dit op een of ander manier oorbrug.  My brein is kliphard aan die werk. 
Ek sou graag wou sien dat elke skrywer die goed wat hy/sy in boek twee wil hê, kom plaas.  Kom ons kry eers die bladsye vol en dan komkommer ons oor die geld.  Daar is al 150 bladsye in die boek eenkant gehou.  My werk, die gedigstukture, ander goed wat oorgestaan het vir boek twee ens.  Die res van die bladsye is vir die skrywers, waarvan 18 bladsye reeds geneem is.  Daar is ander skrywers wat nog nie presies seker is hoeveel bladsye hulle werk sal opneem nie, dit is nog nie hier bygetel nie.  So, ons is sterk op pad. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #25 on: June 20, 2012, 09:53:30 AM »
 :icon_scratch: sal ook dink aan 'n plan om almal se werkies te kan in ...

mens kan dalk sponsers per mini-digbundel kry??


BV die eerste blad van die mini-bundel :

Splinters
deur
Engeltjie

Geborg deur

en dan 'n groot spasie vir hul advertensie :-)

ons kan so lank almal begin Google vir groot SA maatskappy soos SASOL ens .. en kyk wat is hulle sosiale verantwoordelikehede ...

dan kan PM hulle nader met die boek se plan/funksie/doel en een van die mini-bundels se inhoud en vra of hulle nie die spesifieke bundel wil sponsor nie ...
en vir die strukture .. 'n ander maatskappy wat dit dalk wil sponsor ...  ens ...


Hier is 'n vinnige aanmekaargeggooide idee van wat ek bedoel ... ek sal ook by Andre hoor of TruSoft wel myne kan sponsor - dan wanneer jy die briewe skryf, kan jy se Ah,Willa!  naam van bundel reeds geborg deur : Trusoft .. blah blah blah

my bundel het nog nie 'n naam nie ... so ek het sommer net mini-bundel getik ... en onthou dis net 'n vinnig aanmekaar gooi om te illustreer wat ek bedoel :

(so as ek dit nou reg het - betaal die borg 6 bladsy vir my bundel plus die title blad)


??? 
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #26 on: June 20, 2012, 10:00:39 AM »
Andre se dis reg TruSoft Software cc kan Ah,Willa! se mini-bundel sponsor ...

6 bladsye plus title blad - 7 = R700, is dit reg??
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #27 on: June 20, 2012, 11:40:51 AM »
Ons bladsye werk 2X2.  'n Minimum van 6 bladsye. 
Die titelblady en die profielbladsy langsaan en dan die werk 2X2 bladsye langs mekaar.
Ons wil elke bundeltjie 'n gelyke getal bladsye hê sodat die een ou se werk nie in die ander ou se bundeltjie begin nie.  Dus praat ons van jou bundeltjie =  6 of 8 bladsye ens.



Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #28 on: June 20, 2012, 11:45:47 AM »
sal met Andre check of dit 8 kan wees .. maar hy het laas 6 okay toe ons persoonlik daarvoor sou betaal - nou gaan die company dit sponsor :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #29 on: June 30, 2012, 06:22:24 AM »
ek kom net sê hoekom ek stil is hierso, dis nie dat ek nie belangstel nie, maar die lewe het maar 'n manier om mens oor heuwels en deur valleie te stuur ... en ek is hierdie jaar weer in een van die diep valleie, al is dit daar baie mooi en is ek omring met watervalle en varings ...

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #30 on: June 30, 2012, 06:52:23 AM »
Daar is nog baie tyd om te spaar Adéle en die wat dit nie kan maak nie kan gratis aan die gedigstrukture deelneem.  Met die verspoeling is my beplanning ook 'n bietjie deurmekaar gegooi. 
Ek sal nog 'n rukkie kans gee vir ons eie skrywers om plek te bespreek, voordat ek ander ouens 'n kans gee. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #31 on: March 16, 2013, 08:27:49 AM »
Sit my neer vir 6 bladsye asseblief. Is daar 'n tema vir die boek 2? En verduidelik wat gebeur met gedigstrukture.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #32 on: March 16, 2013, 08:59:28 AM »
Ons besluit watter gedigstrukture ons gaan plaas vir boek 2.  Dit sal in die konstruksiewerf aangewys word.
Daar is 'n verduideliking van hoe die struktuur werk en dan gebruik ek van die skrywers se voorbeelde. Daardie afdeling in die boek word deur myself betaal.  (As ek 'n geldjie kortkom sal manlief
las.)   :icon_biggrin:

Dankie Marius, ek sit jou 6 bladsye neer. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #33 on: March 16, 2013, 09:10:14 AM »
Ouens, hier is 'n lysie, as ek iewers 'n fout gemaak het of iemand uitgelaat het, laat weet asseblief vir my. 

Besprekings gemaak deur forumlede tot op hede:

Angelica  6 bladsye  (klaar betaal)
Ah Willa  6 bladsye  (klaar betaal)
Jan Dink   6 bladsye  (klaar betaal)
Gedigstrukture  plus minus 36 bladsye  (klaar betaal)
PM  20 bladsye  (klaar betaal)
Suikersakkiehumor  plus minus 10 bladsye  (klaar betaal)
Epitaaf ook plus minus 10 bladsye  (klaar betaal)
Meraai vannie Baai 6 bladsye  (klaar betaal)
Adéle 6 bladsye  (klaar betaal)
Fransie  6 bladsye  (klaar betaal)
Marius  6 bladsye 
Jannie Rossouw  6 bladsye 

Daar is nog mense wat belangstel.  Sal julle asseblief kom bespreek.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #34 on: March 19, 2013, 10:22:37 AM »
hoeveel tyd het ons oor??? 

Ek wil graag iets rondom Autism doen .. ek het een gedig wat in Engels is ...

As ek weet hoeveel tyd ek het - kan ek nog aan ander werk

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #35 on: March 19, 2013, 03:19:20 PM »
Ek wil die boek op die laatste einde Mei drukkers toe neem.  Dan het ek tyd om die proefboek deur te werk en as dit einde Junie gereed is vir die drukkers terug te gee. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #36 on: May 05, 2013, 06:09:52 PM »
PM, net om dit alles bymekaar te kry:
Minimum 6 Bladsye
Prys = R100 per bladsy en dit sluit ALLES in ?
Wat sal die prys van een Boek 2 wees?
Is dit verpligtend om te registreer by Afr Forum? En indien nie, waarheen en in watter formaat moet dit gestuur word?
Die foto's, indien die persoon dit self wil byvoeg, moet hoe gedoen word?
Wanneer is die heel, heel laaste datum dat plasings kan geskied?

Gee asb al die info vir my sodat ek dit kan aangee vir 'n FB-vriend.
Dankie skattie.
elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #37 on: May 06, 2013, 07:53:40 AM »
 :hello:

Hallo PM, ek dink ek het nog twee blaaie betaal en gestuur- so myne is 8?

Baie dankie vir al jou harde werk en baie dankie vir die voorreg om weer deel te kan wees.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #38 on: May 06, 2013, 08:11:51 AM »
Die prys is R100 per bladsy en dit sluit alles in.  Ja, minimum ses bladsye.  'n Voorblad en 'n profielblad is dan daarby ingesluit.  Die persoon wat die bladsye bespreek moet dit in gelyke bladsye bespreek.  M.a.w.  6 of 8 of 10 ens.  
Ek verkies dat die skryfwerk op die forum geplaas word.  Daar kan almal lees en help om tikfoute reg te maak en te skuur en skaaf as dit nodig is.  Die prente of foto's moet hoë kwaliteit wees, nie kleiner gemaak nie, anders kan ek dit nie gebruik nie.  
Ek spasieer self die skryfwerk op die agtergrond.  Moenie vir my goed stuur wat ek nie kan verander nie.  Ek moet seker maak dat die spasies reg is, want die bladsye word gesny voordat dit gebind word en jy wil nie hê jou titel, of jou naam onder aan, of die skryfwerk langs die kante, word afgesny nie.  
Sodra die proefboek gereed is sal die drukker vir my 'n prys gee vir boek 2.  Ek kan nie op hierdie stadium vir julle sê wat dit gaan kos nie.  Die prys sal ook afhang van hoeveel boeke ons bestel.  As julle solank vir my min of meer kan sê wie wil hoeveel boeke bestel, kan ek 'n lys maak.  Ek hoop en hou styf duime vas, dat dit nie veel meer as boek 1 sal kos nie.  
Ek wil die proewe na die drukkers toe neem voordat ons die 27ste Mei vir drie maande 'n kontrak in Vryburg gaan doen.  Ek doen dus 'n beroep op almal om hulle werk so gou as moontlik in hul eie plekkies te plaas en vir my 'n lysie te stuur met die name van die gedigte of kortverhale.    
Ek hoop dit is al die inligting.  

Baie dankie Fransi, die voorreg is myne.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #39 on: May 06, 2013, 06:00:13 PM »
Elsabe wil die volgende he:
Boek 1  x  1
Boek 2  x  2

Dankie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #40 on: May 07, 2013, 07:50:17 AM »
Goed so, sodra ek by die huis kom sal ek vir jou 'n boek stuur.  Waarheen?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #41 on: May 07, 2013, 07:25:56 PM »
Giggles... hiernatoe.
Sal vir jou die posadres stuur.
Jy is dierbaar.  Ons lief jou sommer in stukkies.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #42 on: May 08, 2013, 06:20:42 AM »
Ek is bly om te sien jy het ook nog so 'n stoutgat dogtertjie wat daar in jou bly.   :icon_biggrin:
Ek lief julle ook stinkend.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #43 on: May 14, 2013, 12:09:13 PM »
ek wil 3 A4 blaaie bespreek. dit is dan inderdaad 6 bladsye

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #44 on: May 14, 2013, 12:16:28 PM »
PM neem kennis.  Dankie Natalie. 
Om te weet is om te verstaan.