• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vier Seisoene

Started by PM, April 01, 2013, 11:22:22 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Dankie Ansie.  Ek hoop dit gaan al stukke beter met jou.  Jy is baie skaars, wanneer bring jy weer van jou skryfwerk. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Ek sal eersdaags weer plaas. Was net bang jy hol weer met dit boek toe!!!   :angel8: Gaan baie beter met my dankie.

PM

Ha ha, nee vriendin, die boek is vol.  Daar is al 60 bladsye in boek 3.  Julle sal maar solank  moet begin spaar.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Eish dankie!!! Nou kan ek ontspan!!  :sleepy1:

Ans Botha

O ja ek wou nog vir julle gesĂȘ het hoekom skryf ek sonder leestekens. Leon van Nierop het vir my gesĂȘ die goed is lastig. Nou ja nou maak ek nie van dit gebruik nie, en ek kom nogals agter as 'n mens so 'n gedig voordra, kan jy jou eie leiding neem met die voordra daarvan, die voordraer kan sy eie gedig met ander woorde skep as hy dit voordra. Maar ek kan verstaan hoekom digters aandring op leestekens.

PM

Dit is goed so Ansie.  Ek dink ook leestekens is net nodig as jou werk dalk anders gelees word as wat jy dit graag wil oordra.

'n Goeie voorbeeld vir my is Elle (Angelica) se  Bird's Eye View.  Ek het dit effens aangepas om op 'n bladsy te pas en sal dit in haar plek gaan plaas sodat ek kan toestemming kry om dit so in die boek te gebruik. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Ek het dit gaan lees PM dit is pragtig. En as jy dit voordra, daar is soveel maniere om dit te doen as dit so geskryf is. Skuus!! Ek hou nogals van voordra. Ek kan nie 'n gedig lees sonder om dit op die voordra wyse te lees nie.

PM

Dit is die beste manier om dit te doen Ansie.  Ek is bietjie toegegooi, uit die program kan ek ook nie iets raap en plak nie, ek moet dit eers oorskryf.  Sal dit binnekort kom doen. 
Om te weet is om te verstaan.