• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Verskoon my Frans...

Started by Meraai vannie Baai, October 24, 2021, 09:10:46 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Lees ek nou op die gevreetboek die volgende: When French people swear, do they say 'Pardon my English?' Wat dink julle? Is hier iemand wat gepeperde Frans kan praat? My pa se Frans het so geklink die jare toe ons vir sending moes leer Frans praat: 'Se noe se woe se moer!' Ons het besluit dit is nie goed vir my pa se hart nie en sending begin mos hoeka by jou eie mense, so ons kan liewers maar net aanhou Afrikaans praat.

Assie

Ek gee nie om in watter taal hulle vloek nie solank hulle kan soen...
Le phok...

:mumum:

Naas

ASSIE. Moenie so despiraat klink nie. Wat wil jy met 'n Fransman maak wat in Engels vloek?

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

Oh how I love it when you talk foreign...

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek het gehoop geweet die humor van julle twee gaan hierdie ene ons eie maak. Lief lief lief  :notworthy: :hello2:

Assie

De quoi parles-tu? Je ne cherche pas un français. Ils ne s'embrassent pas aussi bien que les garçons paysans.
(Waarvan praat julle? Ek soek nie 'n Fransman nie. Hulle soen nie so lekker soos 'n boerseun nie.

:mumum:

PM

Ag nee sies Assie!  Joune ook!   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.