Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Pret met woorde => Topic started by: Meraai vannie Baai on October 24, 2021, 08:10:46 AM

Title: Verskoon my Frans...
Post by: Meraai vannie Baai on October 24, 2021, 08:10:46 AM
Lees ek nou op die gevreetboek die volgende: When French people swear, do they say 'Pardon my English?' Wat dink julle? Is hier iemand wat gepeperde Frans kan praat? My pa se Frans het so geklink die jare toe ons vir sending moes leer Frans praat: 'Se noe se woe se moer!' Ons het besluit dit is nie goed vir my pa se hart nie en sending begin mos hoeka by jou eie mense, so ons kan liewers maar net aanhou Afrikaans praat.
Title: Re: Verskoon my Frans...
Post by: Assie on October 24, 2021, 10:27:35 AM
Ek gee nie om in watter taal hulle vloek nie solank hulle kan soen...
Le phok...

 :mumum:
Title: Re: Verskoon my Frans...
Post by: Naas on October 24, 2021, 04:33:16 PM
ASSIE. Moenie so despiraat klink nie. Wat wil jy met 'n Fransman maak wat in Engels vloek?

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Verskoon my Frans...
Post by: Naas on October 24, 2021, 06:50:20 PM
Oh how I love it when you talk foreign...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Verskoon my Frans...
Post by: Meraai vannie Baai on October 25, 2021, 02:22:37 AM
Ek het gehoop geweet die humor van julle twee gaan hierdie ene ons eie maak. Lief lief lief  :notworthy: :hello2:
Title: Re: Verskoon my Frans...
Post by: Assie on October 25, 2021, 08:02:41 AM
De quoi parles-tu? Je ne cherche pas un français. Ils ne s'embrassent pas aussi bien que les garçons paysans.
(Waarvan praat julle? Ek soek nie 'n Fransman nie. Hulle soen nie so lekker soos 'n boerseun nie.

 :mumum:
Title: Re: Verskoon my Frans...
Post by: PM on October 25, 2021, 01:06:10 PM
Ag nee sies Assie!  Joune ook!   :dontknow: