• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Lock Pandok se "2013 P-menu"

Started by Meraai vannie Baai, January 01, 2013, 04:03:23 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai



Georgie Porgie het puddin' & pie gehad.
Rowley Powley spog met sy pumpkin pie.
Orgy-porgy se Ford & fun - aldus Huxley,
pas so reg in Outop se kraal.

Maar vir die honger gas van oupa en ouma
is die Lock Pandok se menu sommer nommerpas
want daar's pudding & pie EN pizza!
                 :toothy4:
*Sy pa het 'n graafvol groente voorgestel
ek weet die Dokter sou dit beaam ...
maar oumas verstaan wat laat ogies blink,
en dit is hoeka mos net een maal 'n jaar
"nuwejaarsdag"!

Fransi

So lekker, ons het ook pizza gemaak. :-)

Meraai vannie Baai

Fransi kan ek seblief jou pizza resep bedel vir hierdie afdeling in ons verskombuis?  :notworthy: :book1: :love7:

Fransi

 :icon_biggrin: Meraai, ons koop die pizza basis en dan sit ons sommer wat ons ookal in die huis het op as vulsel. :-) Hahaha, ons het nie pynappels gehad nie, net 'n blik met ingelegde appelstukkies- dit het ook op die pizza gekom.

Meraai vannie Baai

Hmmmm. Ek raak slim hier  :icon_biggrin: Dankie Fransi sal beslis probeer. Ons kaboutertjies kuier nog hier en hulle is soos ruspers ...altoos aan die knubbel  :toothy4:

PM

Ek moet iewers 'n lekker pizzadegieresep hĂȘ.  Sal bietjie gaan soek en dit kom plaas.

Raaitjie, jou tafels is altyd so keurig gedek.  Dalk moet ek kom kers opsteek. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oe wonnnnerlik! Bring daai resep groot sebliefie hoor en  :icon_bigsmurf: dankie vir die mooi kompliment PM.

PM

Hier is solank 'n skakel.  Die resep wat ek het skud jy in 'n houer tot dit 'n bolletjie is dan druk jy dit net in die pan in.  Ongelukkig is alles weggepak na die vloed, maar sodra ek uitpak kry ek dit weer en dan stuur ek dit aan. 

http://www.foodnetwork.com/recipe-collections/pizza-dough/index.html?No=0&sort=MostViewed
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Fransi

 :hello:

PM, ek het nou gaan kyk na die resep en dit lyk heerlik.

My ma het ook een gehad wat jy skud in 'n bak, totdat dit 'n bolletjie is wat jy kan plat druk in 'n oondbak, maar ek weet nie waar die resep is nie. Dit was altyd 'n groot bederf, maar ek onthou die kors was nie soos 'n gewone pizza een nie, meer bros.

Dit is so waar, Meraai-hulle se tafels  laat my altyd dink dat elke ete daar beslis spesiaal is. Pragtig. :-)