Wekom Marieliefie, dit is die eerste plasing van jou wat ek waarneem. Ek spring op en af en juig!
Ek dink nou ernstig oor wie is die kettie en wie is die klip? Die kettie is die wapen en die klip die ammunisie. Die een is nikswerd sonder die ander. Dit beteken ons is aan die heup vas!
Hier in Leeupoort werk dit ietsie anders. Jy kan die kettie gryp en vir 'n aap of 'n bobbejaan mik, dan maak hulle 0 skoon. (Nou moet ek eers verduidelik. Op die forum beteken die 0 'n "gat".)
Dit laat my dink dat die vrou die kettie is. Die grootste gevaar! Ha-ha. (My ikone wil nog steeds nie werk nie.)
Adele, jy is nog 'n pragtige mens met baie "vooma" en ek is oortuig dat jy weer 'n maatjie sal vind. Intussen wil ons weer jou maatjies wees soos altyd. Dankie dat julle deelneem. Sonder julle is daar nie 'n forum nie.