Waarom 'n digter deur sulke foltering wil gaan uitgesonder die bewondering van sy mede digters, gaan my te bowe.
Marius dit gaan nie om 'bewondering' van mede digters nie maar die huppelende plesier wat persoonlik geput word om 'n struktuur onder die rumatiekkniege te kry en in die proses jouself te kan uitdruk binne streng voorgeskrewe riglyne. Vir sommiges van ons is dit 'n ERG verslawende woordsandput, maar weereens - soos met alles in die lewe verskil smaak - en is hierdie uitdagende hoekie nie vir almal ewe gewild in die ABC speelpark nie. Dit is soos 'n gogga wat byt en hou!
PM mater, hier is die lyne waarvan ek jou Vrydag vertel het waarmee ek gewroeg het. Net na dit vir jou geplaas was, sien ek oe my Grietjie, daar is agt stansas en ek het nie 'n idee watter ene is oorbodig nie LOL. Die abcdef's het frieken rondomtalie gespeel met my
Ek krap ook nog kop soos jy, of 'n mens mag verander aan die herhaalde woorde. Die beste sal seker wees om deur soveel erkende voorbeelde as moontlik te gaan en loer of dit voorkom of nie
*Om 'n Sestina te skryf was vir my so net so erg as om teen loodregte kranse
te probeer uitklim. 'n Mens wonder bevange hoe
dit sal verloop, en of jy ooit tot heelbo sal kan klouter
met hoogtevrees? Wat sal van hierdie uitdaging word?
Daarbo wag presies nege en dertig struktuele versreëls om
in sewe stansas te kom pronk, via 'n baie onsekere woordvraat!
Soms wonder ek of hierdie stiksienige woordvraat
nie haarself nog te pletter gaan loop teen die kranse
nie? Veral wanneer daar desperaat gepoog word om
soos nou, kop te krap en probeer ontsyfer hoe
skep jy 'n gewraakte Sestina? Heel wiskundig word
van jou verwag om teen 'n presiese progressie te 'klouter'.
Rymelary is verbode terwyl jy oor die ses, sesreëlstansas klouter
en 'n tornada (met sy half-stansa-jassie), moet hierdie woordvraat
bangbroekig probeer klee sodat al die eindwoorde gereflekteer word.
Daar was so geskommel aan my ABCDEF's dat die kranse
saam met Oupa Uil gekoggel het "Hoe-hoe? Hoe-hoe?"
Om alles te kroon, kras die kraaie "Draai om! Draai om!"
Maar, met die skep van elke reël word die drange sterker om
nog 'n bietjie verder te gaan, want terwyl jy aanhou klouter,
is die vordering stadig maar seker. Voel jy vers na vers, hoe
daar holtes geskep word vir die voete van 'n woordvraat
teen die hange van ons ou meesters se rigiede kranse
wat deur eeue heen, nog steeds die lokaas kon word
waarmee brawe digters met strukture verlei gaan word.
Ek verstaan hoekom sommiges klokslag aanhou woeker om
teen die uitdagendste ABC kranse -
gewapen met slegs verse, te bly klouter.
Terwyl ander wonder of 'n woordvraat
verslaaf kan raak aan
hoe? Wie weet, miskien raak elke "hoe"
die magnetiese aantrekkingskrag en word
'n uitdaging vir die skeptiese woordvraat?
Dalk verjaag hulle die 'struktuurspoke' om
opgewonde saam met ons te kom klouter
teen die eens 'gekisde' kranse.
Persoonlik weet ek hoe verligtend dit voel vir
Bang San om
Brawe Anna te word. Met hernude ywer wil ek voort klouter.
Die woordvraat gaan hang soos aap se kind, teen geliefde kranse.
*Na aanleiding van Caroline M. Davies se 'Writing a Sestina'.