• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gemmerkoekies

Started by PM, March 30, 2011, 04:20:01 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 12 Guests are viewing this topic.

PM

Gemmerkoekies

Bestanddele

1 kg meelblom
250 gram  botter
1 k suiker
1 eier
500 gram goue stroop
4 t fyn gemmer
3/4 e koeksoda
125 ml melk
1/2 t sout

Klop die botter en suiker saam tot dit goed gemeng is. Voeg die eier en die melk by en meng deeglik.
Voeg die goue stroop by.
Sif die meelblom, die koeksoda en gemmer saam.
Voeg dit om die beurt met die melk by die bottermengsel.
Meng alles goed saam en knie tot dit 'n gladde stywe deeg vorm.
Vorm balletjies so groot soos okkerneute en druk hulle met die duim effens plat op 'n gesmeerde bakplaat.
Bak 8 tot 10 minute in 'n matige oond 180 grade C.  (350 grade F)

Hierdie resep is voldoende vir omtrent 10 dosyn koekies
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het SO gesoek na die resep!! Baie dankie mater. Gaan dadelik vir Meisiekind ook aanstuur  :love7: :notworthy:

PM

Groot plesier Raaitjie. As ons in die Kaap is gaan ek vir Ouma Naas haal sodat sy kan kom help bak.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ouma Naas is nou hier en ons het so pas die mengsel aangemaak. ♪ Nou-nou eet ons lekker! ♪
Om te weet is om te verstaan.