Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Klein koekies => Topic started by: PM on March 30, 2011, 03:20:01 AM

Title: Gemmerkoekies
Post by: PM on March 30, 2011, 03:20:01 AM
Gemmerkoekies

Bestanddele

1 kg meelblom
250 gram  botter
1 k suiker
1 eier
500 gram goue stroop
4 t fyn gemmer
3/4 e koeksoda
125 ml melk
1/2 t sout

Klop die botter en suiker saam tot dit goed gemeng is. Voeg die eier en die melk by en meng deeglik.
Voeg die goue stroop by.
Sif die meelblom, die koeksoda en gemmer saam.
Voeg dit om die beurt met die melk by die bottermengsel.
Meng alles goed saam en knie tot dit 'n gladde stywe deeg vorm.
Vorm balletjies so groot soos okkerneute en druk hulle met die duim effens plat op 'n gesmeerde bakplaat.
Bak 8 tot 10 minute in 'n matige oond 180 grade C.  (350 grade F)

Hierdie resep is voldoende vir omtrent 10 dosyn koekies
Title: Re: Gemmerkoekies
Post by: Meraai vannie Baai on January 23, 2012, 05:32:17 AM
Ek het SO gesoek na die resep!! Baie dankie mater. Gaan dadelik vir Meisiekind ook aanstuur  :love7: :notworthy:
Title: Re: Gemmerkoekies
Post by: PM on January 23, 2012, 07:39:56 AM
Groot plesier Raaitjie. As ons in die Kaap is gaan ek vir Ouma Naas haal sodat sy kan kom help bak.  :icon_biggrin:
Title: Re: Gemmerkoekies
Post by: PM on January 30, 2012, 08:24:55 AM
Ouma Naas is nou hier en ons het so pas die mengsel aangemaak. ♪ Nou-nou eet ons lekker! ♪