Author Topic: Kondensmelk koekies (sit deur die meule)  (Read 7414 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Kondensmelk koekies (sit deur die meule)
« on: January 30, 2012, 08:45:18 AM »
Hierdie resep kan deur die meuletjie gemaak word of sommer net okkerneutgrootte balletjies gerol word en in die middel effens plat gedruk word.

Bestanddele:
12 Koppies meel (4 koppies is plus minus 500gr)
1   Blik kondensmelk
1   Pakkie koeksoda (3 telepels is 'n pakkie)
1   Pakkie kremetart
750 ml Margarine of botter
4   Eiers
1 eetlepel stroop
3 koppies suiker (750 ml)

So maak mens:
Meng suiker en botter.
Voeg eiers een-een by.
Voeg stroop en kondensmelk by.
Meng goed.
Sif die droge bestanddele saam en voeg by die vorige mengsel.
Meng goed.
Laat die deeg vir so 15 minute staan.
Druk uit en bak 180 grade C.
Bak tot ligbruin.
Om te weet is om te verstaan.