• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hoe nou gemaak?

Started by Naas, November 29, 2011, 05:47:18 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek kla nie maar hou julle net op hoogte.
Matiz gaan vandag na die vierde motordokter wat belowe hy kan hom regmaak.
Gisteroggend tienuur begin my vakansie (ses weke wat in drie weke ingepas word hierdie jaar.)
Gister middag gaan staan die nuwe bakkie die tweede keer. Hy is nou by die motordokter. Weet nie vir hoe lank nie. Gelukkig nog onder waarborg.
Ons kry die ou bakkie, wat so baie moeilikheid gegee het, terug want Wouter moet vrag aflewer in Langebaan vandag. Word verseker hulle het ou bakkie reggemaak en daar sal nie probleme wees nie.
Vanoggend half sewe word ek wakker geskud. Ou bakkie wil nie vat nie. Sukkel 'n halfuur in die reen om bakkie aan die gang te kry en Wouter is laat vir werk by die nuwe werk.
Positiewe kant. My vakansie is ten minste twee uur langer want ek is nou wakker. Ek sou laat geslaap het omdat ek in elk geval nerens kan gaan nie.
Die lewe is vir my 'n lied. Net jammer hierdie karkoor begin nou al meer afgesaag klink.
Dis koud. Komberse en 'n boek vir my vandag.
O ja. Hoop dat die ou bakkie Langebaan haal met die vrag wat afgelewer moet word.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Die ou bakkie sal Langebaan haal en weer veilig terugkom.   :bootyshake:

Ek glo Maatjie sal gou weer reg wees en dat dit nie te veel sal kos nie.  Maatjie sal vir jou nog baie vreugde bring.  Hy is met 'n goeie hart gegee.   :love7:

Ja-nee, as jy ses weke in drie weke wil inpas sal jy permanent wakker moet wees.   :icon_biggrin:
Ek hoop jy geniet die ruskansie en dat al jou wiele-probleme iets van die verlede is.  As jy 'n kansie kry kan jy kom help skoonmaak by Vinstra.  Die huurders is gelukkig nou uit, maar die plek wat ons ses maande gelede opgeknap het, moet oorgedoen word.  Ons sien nou eers hulle het met paddas, kewers en muskiete geboer in die swembad.  Hoop nie die leeus vang ons as ons grassny nie.  Dalk  IS  daar 'n rede hoekom ons so "gekasty" word.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Die "goeie hart" twyfel ek nie een oomblik aan nie.   :love7:

Weet julle hoeveel petrol spaar ek met al die karre wat staan.  :toothy4: :toothy4:






:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Nou kyk, daar's die silver-rantjie om 'n baie swart wolk.  :love7:

Weet nie van julle nie, maar dit voel net of die jaar sleg afsluit. Met almal van ons.  :dontknow: Gelukkig is daar daai silver gedeelte... :toothy4:

:angel12:

PM

Dit is goed so, as die sleg verby is kan ons weer die goeie geniet.  Dit is vakansie en dit is feesgety.  Ons het nog baie om voor dankbaar te wees, al gaan dit broekskeur.   :bootyshake:
Hou julle elkeen van my maatjies styf vas en seg vir hulle ek is nog lief vir hulle. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :love7:

Wat af is moet weer op. :-)

PM

Ek hoop nou nie jy gee  my net valse hoop nie Fransi.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Los maar die feesgety hier uit.  :angel7: Die winkeliers ken net twee kersliedjies: "Wat 'n vriend het ons in Jesus" en "Jingle tills"






:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ag Naas, luister maar "jingle tits" en dan voel jy soveel beter.  :icon_biggrin:  Twee hande vol is darem beter as niks!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.