• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wat van liefde?

Started by Naas, August 09, 2018, 04:12:50 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Wat van 'n soen?
Wat van liefde?
Wat van lewe?
Wat van siekte?

Agter die kraalmuur
In die inry teater
In die kerk
Wat van 'n soen?

In my arms
In my huis
In my wese
Wat van liefde?

Omring deur natuur
Omring deur vriende
Omring deur familie
Wat van lewe?

Maar net 'n kug
Maar net 'n pyn
Maar net 'n geraamte
Wat van siekte?

Wat van siekte?
Wat van lewe?
Wat van liefde?
Wat van 'n soen?



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#1
WOW!!! Ek het nie woorde nie. Net dankbaarheid vir die voorreg om jou in ons lewe te he Naas. Ek het hierdie pragskepping nou weer van onder na bo gelees.... dit is meestelik gedoen.  :notworthy: :icon_salut:

Anton Louw

Dankie Naas!  Dit is baie mooi  :icon_cheers:
Kamp is koning!

Anastasia

Soveel vrae, so min antwoorde.  Dankie vir die deel van jou innerlike strikvrae oor die lewe.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

adele

adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

#5
Die herhaling en ritme in hierdie gedig het 'n magiese aantrekkingskrag vir my. As ek die eerste vrae lees, en daarna die moontlikheid van waar/hoe dit kan plaasvind - afgesluit met herhaling van die vraag, het dit 'n dieper betekenis vir ons as leser. Dit is nou ingekleur met moontlikhede. Die gedig vloei ineen soos die herhaling in die natuur. In die laaste vers is ons terug by die vrae van soen, liefde, lewe, siekte, maar hierdie keer voel 'n mens of jy beter toegerus is weens die feit dat jy die formaat omgedraai het met siekte, lewe, liefde en 'n soen.

Siekte is deel van die lewe en liefde met 'n soentjie daarby is die salf en pleister op baie einas. Naas, jy het 'herhaalde vraag en antwoord struktuur' meesterlik ingespan. Inderdaad die bewys van hoe herhaling 'n fantastiese woord-instrument vir digters is. En ek is van vooraf bewus van die feit dat die antwoord soms vasgevang is in die vraag vanself as ons dieper delf.
:notworthy: :icon_salut: :book1:


PM

Wat meer kan ek sê?  Raaitjie jy het dit mooi vas gevat. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai