Author Topic: Hoek innie hol  (Read 1288 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Hoek innie hol
« on: August 14, 2018, 08:02:31 PM »
Hoe sien 'n mens aan 'n man se hol dat hy oud word?

Hy hol stadiger.
Ons kuier by my broer se ex en haar nuwe man op Franskraal. Ek verstaan hoekom sy hom bo my broer verkies want hy het tools wat selfs ek begeer. Draaibanke (hout en metaal) 'n freesmasjien, strekarmsaag, jy noem dit hy het dit.
So deur die gesels praat ons van visvang want dis mos darem by die see. Ek noem dat ek so min kans kry om vis te vang dat ek al al my visstokke en visgerei verkoop het of weggeggee het.
Hy se ek kan sy nuwe visstok en katrol leen en gaan visvang want hy het Saterdag 'n bestelling wat moet klaar kom en gaan nie juis goeie geselskap wees nie. Vertel my van die duur visstok en katrol en hoe lekker die goed werk en hoe geheg hy daaraan geraak het maar hy weet ek sal dit goed oppas.
Ek sien my vrou raak ysbergerig maar besluit om dit te ignoreer.
Saterdaoggend, voor ek wakker is is ek al in die motor met nuwe visstok en katrol deur die agtervenster op pad water toe.
Langs die pad loop ek 'n ou vriend van my raak. OB is onmiddelik vuur en vlam toe hy hoor ek is op pad viswaters toe. Hy vra nie eers nie. Klim sommer in die kar en daar gaan ons.
Eers ry jy mos nou stadig op en af want die besluit waar jy gaan vang is 'n belangrike besluit. So tusse my en OB sorteer ons darem die moontlikhede met intense bespreking uit.
Ek sien dis amper hoogwater en daar is so 'n klompie rotse wat darem droog bly bo die water en nie te ver van die rotse nie maak die water so mooi sterk skuim waar mens darem met sekerheid 'n galjoentjie of dalk 'n ou hangbergertjie kan haak.
So gaan maak ek en OB ons tuis daar op die rotse.
Dis koud maar ons is ou vriende en gesels onsself warm terwyl ek die duur visgerei regmaak vir die eerste gooi.
Met my unieke onderstel is ek nou nie meer so beweeglik soos voorheen nie en het 'n gewoonte aangelaar om alles maar so sit sit te doen. Met OB se hulp kry ek darem die aas gelaai.
Met die dat ek die stok so agtertoe swaai besef ek die kol waarin ek moet gooi is bietjie verder as wat ek gedink het so ek haal uit en swaai daai duur stok met mening.
Die volgende oomblik skop 'n perd of 'n ding my onder die gat en met my vorentoe momentum van ingooi is daar geen keer nie. Ek is hoog trap, laag trap, gly val, val gly met duur stok en al in die vrieskoue water in. Al wat in my kop draai is "Ek weet jy sal dit goed oppas." Ek is bo die water... ek is onder die water. Eers teen die rotse en dan weer onder die water en van balans is daar geen sprake nie. Die hele tyd hou ek daai duur visstok soos 'n pasgebore baba in my arms en bo die water.
Eindelik kry ek vastrapplek sodat ek darem kan staan. Ek sit daai duur visstok en katrol versigtig bo op die rotse neer voor ek self uit daai koue water klim.
Al my klere is deurnat en sit aan my lyf vas. Ek bewe soos 'n vibrator met everlasting batterye in. Voor ek oppak om huis toe te gaan gesels ek die laaste helfte uit daai OB bottel uit vir hitte.
Soos die hitte terugkeer voel ek een helse pyn in my agterent en onthou die perd wat my geskop het. Ek kyk rond maar daar is nie mens of dier in sig nie, net die lee bottel OB.
By nadere ondersoek besef ek dat die hoek my in die hol gevang het met die ingooislag.
Nou sit ek hier by ongevalle sit en bibber terwyl 'n vrouedoktertjie sukkel om die hoek uit my sitgedeelte te kry want my vrou weier om my te help. Sy se domastrand moet maar ly en nie haar tyd met nietighede mors nie.
Ek dink my visvangdae is verby.


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: August 14, 2018, 08:08:03 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Hoek innie hol
« Reply #1 on: August 14, 2018, 09:14:18 PM »
Lekker lag ek, jou vertellings is sterker as die seestroom!  Ek het sommer dadelik geweet wie jou vriend OB is, onthou hom nog goed van studente dae.  Studente toere.  Kon dit nie sonder OB aandurf nie!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoek innie hol
« Reply #2 on: August 14, 2018, 11:09:09 PM »
Hiehiehie, ek is bietjie agter (tyd ingesluit). Moet erken die eerste lees van vriend OB het ek gedog hy is seker lief vir die bottel en dit is sy bynaam  :pottytrain2: