Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on August 09, 2018, 03:12:50 AM

Title: Wat van liefde?
Post by: Naas on August 09, 2018, 03:12:50 AM
Wat van ‘n soen?
Wat van liefde?
Wat van lewe?
Wat van siekte?

Agter die kraalmuur
In die inry teater
In die kerk
Wat van ‘n soen?

In my arms
In my huis
In my wese
Wat van liefde?

Omring deur natuur
Omring deur vriende
Omring deur familie
Wat van lewe?

Maar net ‘n kug
Maar net ‘n pyn
Maar net ‘n geraamte
Wat van siekte?

Wat van siekte?
Wat van lewe?
Wat van liefde?
Wat van ‘n soen?



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wat van liefde?
Post by: Meraai vannie Baai on August 09, 2018, 03:36:10 AM
WOW!!! Ek het nie woorde nie. Net dankbaarheid vir die voorreg om jou in ons lewe te he Naas. Ek het hierdie pragskepping nou weer van onder na bo gelees.... dit is meestelik gedoen.  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Wat van liefde?
Post by: Anton Louw on August 09, 2018, 06:01:19 AM
Dankie Naas!  Dit is baie mooi  :icon_cheers:
Title: Re: Wat van liefde?
Post by: Anastasia on August 09, 2018, 06:57:37 AM
Soveel vrae, so min antwoorde.  Dankie vir die deel van jou innerlike strikvrae oor die lewe.
Title: Re: Wat van liefde?
Post by: adele on August 09, 2018, 01:09:10 PM
Naas ....  :love7:
Title: Re: Wat van liefde?
Post by: Meraai vannie Baai on August 10, 2018, 11:42:41 PM
Die herhaling en ritme in hierdie gedig het 'n magiese aantrekkingskrag vir my. As ek die eerste vrae lees, en daarna die moontlikheid van waar/hoe dit kan plaasvind - afgesluit met herhaling van die vraag, het dit 'n dieper betekenis vir ons as leser. Dit is nou ingekleur met moontlikhede. Die gedig vloei ineen soos die herhaling in die natuur. In die laaste vers is ons terug by die vrae van soen, liefde, lewe, siekte, maar hierdie keer voel 'n mens of jy beter toegerus is weens die feit dat jy die formaat omgedraai het met siekte, lewe, liefde en 'n soen.

Siekte is deel van die lewe en liefde met 'n soentjie daarby is die salf en pleister op baie einas. Naas, jy het 'herhaalde vraag en antwoord struktuur' meesterlik ingespan. Inderdaad die bewys van hoe herhaling 'n fantastiese woord-instrument vir digters is. En ek is van vooraf bewus van die feit dat die antwoord soms vasgevang is in die vraag vanself as ons dieper delf.
 :notworthy: :icon_salut: :book1:

Title: Re: Wat van liefde?
Post by: PM on August 13, 2018, 02:50:44 PM
Wat meer kan ek sê?  Raaitjie jy het dit mooi vas gevat. 
Title: Re: Wat van liefde?
Post by: Meraai vannie Baai on August 16, 2018, 03:51:50 AM
Jy was 'n slagoffer van die woorddief:  :notworthy: :love7: :icon_salut:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4297.msg29102#msg29102