• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My hart - Suid-Afrika

Started by PM, December 04, 2012, 10:07:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

lees ek weer deur en voel sommer die laaste reel met meer emosie [net my gedagtegang]

Dit is my land     my hartland     my Suid-Afrika!

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Hier het ek dit reggemaak soos jy voorgestel het Adéle.  Baie dankie vir jou wakker oog matertjie.  Sê net as daar nog iets fout is.  Ek het eers gebloos en toe lekker gelag vir my haak en steek.   :icon_biggrin:

My hart - Suid-Afrika

Vier seisoene     wat kontrasterend teen mekaar afspeel
wat verandering     'n gegewe maak.
Die dissa en kraanvoël     ook die blom
proteas teen die berg se hang
haak-en-steek en kremetart in die veld
doringbome op die vlaktes
en wilgers op die rivier se oewer,
kleimure en dekgras,
berge     valeie     heuwels
see en woestyn.
Sonsopkoms en weer ondergaan,
skemer- en oggendlig,
aand- en môrester,
die melkweg     die suiderkruis     suikerbosrand
en die maan.
Die springbok     koedoe     bosbok en eland,
volstruis en patrys,
troupant en fisant,
rooikophoutkapper en Jannietjie fiskaal.
Dan wil ek ook onthou-
die roep van Piet-my-Vrou.
Vetkoek     pannekoek
koesisters     mosbeskuit     biltong en boeretroos.
Dit is my land     my hartland     my Suid-Afrika!
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

#17
Ekke wil nou nie snaaks wees nie, maar :

Dit is my hart     my land     my Suid-Afrika.  

het vir my meer na gedruk hoe belangrik dit alles is ... dis nie net die land wat ter sake is nie maar ook die hart

in Adele se voorstel is dit nou net die land wat saak maak en nie meer die hart nie ....

Ek persoonlik verkies die oorspronklike weergawe - vir my se dit baie meer as Dit is my land     my hartland     my Suid-Afrika!

Dit is hart     land     Suid-Afrika
Dit is my land    my hartland     my Suid-Afrika!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek hou daarvan om alle insette te kry.  Ek sal hoor wat seg die ander ouens.  Baie dankie Willa. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Ah Willa

ek hou ook van die insette - dis intersant om te sien hoe elkeen se werk dan groei ...
en dis ook lekker om te sien hoe elkeen die selfde diamand ervaar  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Dit is so Wils, ons verskil almal van mekaar en elkeen het sy eie voorkeure.  Dit is 'n spesiale voorreg om jou werk te kan plaas en die ouens gee hulle inset sodat jy breër na die saak kan kyk en 'n beter keuse kan maak.  Ek bloos bloedrooi as ek "terug kom aarde toe" en ek sien hoeveel nalatige foute ek gemaak het. 
As ek skryf is ek op 'n ander planeet mos!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

ek dink ek ken daai planeet  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Die een is nou boektoe.  Dankie julle ouens vir al die hulp.
Om te weet is om te verstaan.

adele

  :icon_biggrin:  ekke ken selfs daai planeet se susterplaneet ook ... het ook al so hoog gedink van 'n skrywe of twee van my ... o alla gedorie, :toothy4: tot Eben dit met my deurgewerk het   :nono:   soos net die onderwyser in hom kan doen en soos jy se' PM, daai terugkom aarde toe ...  coffee2: 

en mag ekke nog 'n klein veranderinkie noem?  :icon_scratch:  is daardie "dissa" 'n heideblom? soos in "disa" skuus ek dit nie ook annerdag opgemerk het nie... 

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

#25
Hallo lief Adéle, ek het jou gemis. 
Die disa is 'n orgideë wat hoog bo in die berge groei.  Dit is rooi en het drie blare, is ook die Noord Transvaalse rugbyspan se kenteken. 

Baie dankie, ek het daai een gemis.  So 'n stoute essie wat 'n tweelingsustertjie nodig het!   :icon_biggrin:
Dankie vir jou wakker oog sustertjie. 

Dit lyk nou so:

My hart - Suid-Afrika

Vier seisoene     
wat kontrasterend teen mekaar afspeel
wat verandering     'n gegewe maak.
Die dissa en kraanvoël     
ook die blomproteas teen die berg se hang
haak-en-steek en kremetart in die veld,
doringbome op die vlaktes
en wilgers op die rivier se oewer,
kleimure en dekgras
berge     valeie     heuwels
see en woestyn.
Sonsopkoms en weer ondergaan,
skemer- en oggendlig,
aand- en môrester,
die melkweg     die suiderkruis     suikerbosrand
en die maan.
Die groot vyf,
springbok     koedoe     bosbok en eland,
volstruis     patrys,
troupant en fisant,
rooikophoutkapper en jannietjie fiskaal.
Dan wil ek ook onthou-
die roep van piet-my-vrou,
vetkoek     pannekoek
biltong en koesisters     mosbeskuit en boeretroos.
Dit is my hart     my land     mý  Suid-Afrika!

© PM





Om te weet is om te verstaan.

adele

#26
ek hou ook meer van jou eerste 2 reels in twee as in een reel.
mmm ... en biltong kort 'n 't' 

  :grommit: 
adéle  :grommit:

PM

Ag toggie Pieternella!  :`ip2:

Dankie Adéle, dit was nou pure nalatigheid van my.  Skuus matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek lees nou eers hier en gaan krap waar dit nie jeuk nie.
My broer se naam is Jannie met 'n hoofletter. Die oomblik as ek sy naam gebruik om 'n dier of voël te noem word dit met 'n klein lettertjie geskryf. Bv. jan fiskaal (jannetjie fiskaal wat se verkleinwoord eintlik jan fiskaaltjie is maar ek lief die gebruik van jannetjie fiskaal.) En verder gebruik ons piet my vrou (klein lettertjie)
Om dinge verder te bemoeilik. As ek 'n jan fiskaal wyfie het as troeteldier en ek noem haar Grietjie is sy Grietjie jan fiskaal.
Kortweg, jan fiskaal is die spesie daarom nie hoofletter nie maar as ek 'n spesiale individu van die jan fiskaal familie het en ek noem hom Jan, dan is sy naam Jan die jan fiskaal.


:icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ag jy weet dan dat ek elke insetsel, elke komtaartjie en elke stukkie hulp wat ek kan kry hoogs waardeer. 
Jy bly my mentor en my leermeester.  Baie dankie vir die hulp.
Tog bekyk ek hierdie gediggie so en ek wonder wie dit geskryf het.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.