• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Rituele gewoonte

Started by Assie, September 09, 2021, 08:41:51 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie

Nee wat Ta PM, dan roer ek maar my eie pap.

:mumum:

PM

#16
Jaaa wat!  Ek sal ook nou maar moet gaan pap roer, want soos dit  'n ritueel in hierdie huis is om gaste te onthaal, so sal ek die pap roer.  Gou onder die stort gaan rond dans en dan gaan inkopies doen.  Dit is die voordeel om weer terug te wees in die stad, waar die honde jou mal blaf en die sirenes die dooies opwek.  Ons is naby die winkels en kan gou 'n paar goedjies gaan koop.  In Leeupoort was die naaste winkels 100 km heen en terug. 
Nou moet ek keer om nie te vergeet dat ek more weer kan vars brood net om die hoek  kry nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat

Naas...hahahahahakamp 
Assie...... ek het my nou vrek gelag vir jou oupa en die hangholle.....
My vriendin het my geseg...mens laat nie jou kinners met n laaitie met so hanghol broek speel nie, hy het weke se onkruid daar binne, wat nie gewas word nie, en hulle leer wydsbeen loop vir aspris slegter lyk.... en jou kinders mag hulle nie bang maak nie... die reuk is gewaarborg jarre oud....daai p@epe kan mos nie iewers gaan nie, want dis noue pype....  dit maak soos n seep-bubble.... dit draai en draai en draai en word net meer of groter.... en stinker

Meraai vannie Baai

Ek het al my dae om die vraat van 'n woordmandjie te laat stilstaan. Die armpies wil sommer self die lyne steel  :headbang: :sign10:

PM

Los dit maar Raaitjie, laat die ding maar steel.  Dit is 'n Suid-Afrika-Mandjie.  LĂȘ hy teel hy, staan hy steel hy!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.