• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Verspreekte gesegdes/woorde

Started by Meraai vannie Baai, September 20, 2021, 01:21:39 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Brandewyn - Rooiwyn het nie brieke nie.   :color:   Let daarop dat 'n mens Rooiwyn met 'n hoofletter spel.  :notworthy:

Om te weet is om te verstaan.

Naas

#16
Ou tante Babie (uitgesreek baabie en nie beibie soos in die liedjies nie) van die Paarl het vreeslik maklik geskrik. Al staan jy voor haar en begin net skielik praat, skrik sy en begin praat in tale. Ek sal liewerste nie vertaal nie maar deel van haar rympie was "donnerse bul tril". Glo my die res was erger.
As kinders, o my sonde, het ons haar gereeld skrik gemaak om ons woordeskat uit te brei. (gits, weet ek nou nie hoe om daai bry te spel nie.)

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Vermoed die laaste 'y' is reg Naas. Ek lankal besef mens moet jou nie verspreek met tril as jy van bul wil praat nie. Nou weet ek hoekom - dit leer kindertjies in tale praat.

Meraai vannie Baai

Antjie Patat se verspreekte woorde

Ek gaan juis die naweek saam in die wildtuin kamp en sleep twee kinnertjies saam, want hulle moet die liefde leer.. 

om nou die woord "sleep" by die kinnertjies te gebruik...aitog!

Ek gaat hulle in die kar laai en so saam sleep.. en nie agter die towbar aan nie.


PM

'n Mens se verbeelding raak mos op loop as jy iets wat jy geskryf het weer lees en jy besef dat dit nog 'n ander betekenis ook kan hê.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.