• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dapper op 'n draffie

Started by PM, May 21, 2021, 09:17:04 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hoe gaan dit met almal.  Hier sit ons nou in Annlin, sit nie eintlik nie, werk ons onderstelle af om die plek weer skoon en netjies te kry.  Dit is nou vol drie weke en vier mense wat swoeg.  Hannes doen aankope en probeer vure doodslaan.  'n Mens kan nie glo dat sekere mense soos varke kan leef en alles om hulle verwoes nie.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Diekant van die aardbol skop ons nog in paaiemente. So wonderlik om jou weer raak te loop in die forumgange lief PM.  Ons kan amper handskud en ons voorstel ne  :icon_biggrin:

PM

Voorwaar, nou praat jy Sustertjie.  Ek is bly dit gaan goed met julle.  (As 'n ou nog kan skop moet dit mos goed gaan.)


Hoe gaan dit met jou gesondheid en Outoppie?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#3
O hene ek bloos sommer. Julle, daar is regtig so ding soos "KARMA".  :toothy4:

Vertel ek mos vir die hele wye wereld hoe gesond my Outoppie is na onlangse reeks bloedtoetse. Spog onheilig  :icon_bigsmurf:

Myse wederhelf het meer as net twee blertsies goud gister gekry.... hy het wakker geword met keelseer en oorinfeksie. Ek weet nou een ding: karma is 'n bogger. Hy kom byt vir jou aan die rondste boud!


PM

Ek hoop dit gaan gou beter.  Soms gebeur die dinge maar net sommer. 
Om te weet is om te verstaan.