Author Topic: Versekering is 'n nagmerrie  (Read 1053 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Versekering is 'n nagmerrie
« on: September 08, 2021, 09:13:32 PM »
Skuus, ek was weer vandag baie doenig met nuwe kwotasies vir 'n nuwe versekering.
Glo vir my, ek is vanaf 1970 by Santam verseker en na 51 jaar se getroue premies, kry ek steeds net 'n skop onder die gat!
Ek moet soos 'n katwyf baklei vir elke eis wat ek eis.  Met 4 eiendomme op my naam en drie geiser eise in 10 jaar, moet ek nou R2500 bybetaal vir "multi eise"!  Nee, dit werk nie vir my nie. 
My premies sal nou minder as die helfte wees vir meer voordele.  Wat bedoel u dan nou oor lojaliteit?
Die laaste tien jaar by PSG, die onderskrywers vir Santam, was vir my 'n nagmerrie.  Maar tot hiertoe en nie verder nie.
Totsiens Santam en PSG.  Vaarwel, julle sal wel julle gatte sien.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versekering is 'n nagmerrie
« Reply #1 on: September 08, 2021, 11:15:30 PM »
Ek is altyd verstom oor die slu skuiwergate wat hulle klousules het, so goed versteek, jy sien gereeld jou eie O. Sterkte mater.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Versekering is 'n nagmerrie
« Reply #2 on: September 09, 2021, 06:11:45 AM »
Skuus oor die gatstories, maar ek word so kwaad.  Die laaste drie maande baklei ek met die versekering oor haelskade wat die dak in sy peetjie in gevoeter het.  Nee, hulle betaal niks nie, want dit is "maintenance".  Onderhoud my 0 my skat.  Ons het pas, van Januarie af, duisende rande betaal om van die sinkplate te vervang en selfs op plekke nuwe dakkappe opgesit. 
Na vreeslike gespook betaal hulle net die helfte van die plafonne wat vervang moes word.  Nou spook ek verder.  Ek wag vir die verslag van die ou wat die dak kom herstel het na die haelskade, dan baklei ek verder.  Op my ouderdom wil ek nie so sukkel nie.
Die nuwe versekeraars vra my ook nie R118 per maand om my agent te wees nie.  Ek het geen bybetalings nie.  Toe die dame na my eise geskiedenis kyk kon sy haar oge nie glo om te sien hoe min ons in al die jare by Santam geeis het en wat ons premie is nie.   :dontknow:

Om te weet is om te verstaan.