Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on May 21, 2021, 08:17:04 AM

Title: Dapper op 'n draffie
Post by: PM on May 21, 2021, 08:17:04 AM
Hoe gaan dit met almal.  Hier sit ons nou in Annlin, sit nie eintlik nie, werk ons onderstelle af om die plek weer skoon en netjies te kry.  Dit is nou vol drie weke en vier mense wat swoeg.  Hannes doen aankope en probeer vure doodslaan.  'n Mens kan nie glo dat sekere mense soos varke kan leef en alles om hulle verwoes nie.   :crybaby2:
Title: Re: Dapper op 'n draffie
Post by: Meraai vannie Baai on May 23, 2021, 08:41:19 AM
Diekant van die aardbol skop ons nog in paaiemente. So wonderlik om jou weer raak te loop in die forumgange lief PM.  Ons kan amper handskud en ons voorstel ne  :icon_biggrin:
Title: Re: Dapper op 'n draffie
Post by: PM on May 23, 2021, 09:24:06 AM
Voorwaar, nou praat jy Sustertjie.  Ek is bly dit gaan goed met julle.  (As 'n ou nog kan skop moet dit mos goed gaan.)


Hoe gaan dit met jou gesondheid en Outoppie?
Title: Re: Dapper op 'n draffie
Post by: Meraai vannie Baai on May 23, 2021, 10:01:17 AM
O hene ek bloos sommer. Julle, daar is regtig so ding soos "KARMA".  :toothy4:

Vertel ek mos vir die hele wye wereld hoe gesond my Outoppie is na onlangse reeks bloedtoetse. Spog onheilig  :icon_bigsmurf:

Myse wederhelf het meer as net twee blertsies goud gister gekry.... hy het wakker geword met keelseer en oorinfeksie. Ek weet nou een ding: karma is 'n bogger. Hy kom byt vir jou aan die rondste boud!

Title: Re: Dapper op 'n draffie
Post by: PM on May 24, 2021, 04:05:10 AM
Ek hoop dit gaan gou beter.  Soms gebeur die dinge maar net sommer.