• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Aspoesterjie

Started by Naas, December 15, 2012, 08:21:04 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Aspoestertjie

Ek sal wel agter die lek van die tong kom. Joubertina is mos maar klein.



:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Gawelina

Raaitjie jy moet goed navorsing oor daai prins of dan koning se agtergrond doen. Ons willie vir Assie 'n ridder op die wit perd belowe en 'n moer op 'n muil aflewer nie.

Aspoestertjie

 :sign10: Ek het al so baie moere op die plaas geplant, Oupa kla al daar's nie meer grond oor vir Appels nie want daar's te veel aard appels.




:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

Heheheh Assie jy blaas sommer lewe in ons almal  :toothy4: PM, ek sal sorre dat ek deeglik navors vir ons Assie se ridder hoor  :angel4:

PM

Ek het net so lig-ligies probeer uitvis by Tante Langkloofnuus.  Sy is maar versigtig vir Assie, sy seg daai girlie kan vir jou appels swaai hoor.  Seg sy, isse slimkop daai, die appel val nie ver van die boom af nie.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek lief so aard appel, veral as hy swem in botter mette suurroomswemkeppie heheheh!

Meraai vannie Baai

Het ek my nou verlustig van vooraf. Herkou aan die humor soos djare gelede se vicks-chappies! Was die goed so groot of was ons net kleiner? In alle gevalle, ek het getrou aan die woorddief se aard weer gegaps:
Wil nie 'n ridder op die wit perd belowe en 'n moer op 'n muil aflewer nie.
:hello2: :notworthy: :icon_biggrin:

PM

Assie, het jy darem nou al 'n ridder of sukkel jy nog met die moere?

Om te weet is om te verstaan.

Assie

Aai julle! Nes ek dink dinge gaan goed... Hier is blykbaar nou weer 'n nuwe vroumens oppie dorp wat al die jongmans by die huis hou. Glo 'n ene Kouwit nommertjie.
Ek is nou al moeg van met ander vrouens baklei vir 'n man se aandag. Hulle moet maar vat wat hulle kry. Het al daar met die veeartsie saam besluit ek vat nie man wat rondloop nie. Hulle het net slegte gewoontes wat mens kan siek maak by die hart.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Ek bang die Kouwit nommertjie meer as die donker homself Assie, so ek half simpatie met die manne wat eerder by die huis bly. Hang aan nooi, sy sal die wyk moet neem een of ander tyd en dan gaan die soektog voort vir jou prins op 'n witperd. Ek sal diekant die boertjies ook so van 'n afstand af beloer op die internet en laat weet wie het iets om die lyf en 'n paar duisend morg is ook nie te versmaai nie hoor.

PM

Solank hy net nie van Assie verwag om hom te help slange en krokkedille vang nie.  Ek het al op tv gesien wat daai Ausie boere doen.  :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Oupa ek wil 'n man he...
Watse man my liewe kind? wil jy dalk 'n Ausie he?
Nee Oupa, nee. 'n Ausie man die wil ek nie want die kangeroo wals die kin ek nie.
Dit is my plesier met die boerjong kerels hier...



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

En nou gaan ek die hele dag daai deuntjie neurie. Dierbaar!!!  :hello2: :headbang: :bootyshake:

PM

Pragtig! 


Sal Assie van die langarm dans hou?  Op die misvloer, bestrooi met mieliemeel?
Om te weet is om te verstaan.