• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Fôkkôlie

Started by Naas, April 27, 2011, 09:49:12 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Ek wou vir julle boodskap stuur van die nuwe kontrepsie af maar die ding is net slim in Engels en verstaan fôkkôlie  as mens met hom Afrikaans praat. Gelukkig kyk ek voor ek send druk: Aki de lis.  :color: (Ek het julle lief) ek kry dit nie uitgevee nie, hoop nie die ding kan self stuur ook nie  :icon_bigsmurf: As iemand so boodskap kry, ek pleit onskuldig.

Trappies kan ek ook van jou spesiale tee kry seblief?

PM

Ons se twee seuns ruil toe hulle voertuie so ewe gelyk in vir nuwes.  Hulle voertuie het ook sulke kontrepsies in wat Engelse ore het. My fountjie vertel ook vir my wie skakel, maar dit klink maar rof.  Hannes is "Hêns".  :evil6:
Die tegnologie vorder darem flink.  Wonder wat is volgende?

  Trappies, is dit nou "Sceletium activa"?  :angel4:  Sal moet help soek na daardie plantjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

PM op die boksie staan "Giggel Rooibos met Sceletium - Happy Rooibos with Sceletium". Ek het bietjie gaan loer op oom Google, en die wil vir my amper seg, dat 'n soort van Kannas is. Nou my plat brain is my te vertelle dat daai dêng wat ons nie mag groei in ons tuin nie.  :evil6:      :dontknow:

Die tee is beskikbaar by Annique, so as julle 'n agent naby het, koop dit by hulle. Dit werk  :icon_biggrin:.

http://www.kanna.co.za/

Dit lyk eerder soos 'n vet plant as 'n Dagga plantjie.  :evil6:

:angel12:

PM

#33
Die poppie wat ons huis huur werk vir Annietjie. Ek sal haar bietjie skakel.
Nou is die tyd vir Naas se "so kalm soos 'n daggawalm" en Trappies se "giggelteetjies".  :angel8:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Giggel ek nou, nee ek het nie van die happy Rooibos in nie. Net 'n rooietjie - myse Outop sweer hoog en laag dit is enige verkouekiem se dood uit 'n glas.

PM

Heerlike ou dae saam gekuier.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Telegram uit Gatkantland: PM, jy was 'n slagoffer van die woorrdief  :bootyshake: :book1: :notworthy:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4338.msg29609#msg29609

PM


Onthou ek nou weer van hierdie saad!
Op pad hierheen hou ons stil by 'n padstal.  Manief vrek mos oor koop!   
  Daar koop ek toe 'n pakkie fokkoltjiesaad.  Dit kos R1.00   Op die pakkie is die aanwysings en al.  Laggend vra ek toe vir die Kaapse meisie waar die saad dan is.  Vra sy:  Wat verstaan mevrou dan nou nie van fokkeltjiesaad nie?  Al die fokkol is daar binne in!
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek het nou 'n nuwe party gestig. Dit word afgekort as EVF. (Ek Voel Fokkollie)
In kort werk dit so.
Ledegeld is R100 per maand maar as jy dit nie betaal nie... EVF
As jy nie vir my wil stem nie... EVF
As jy nie met my saamstem nie... EVF
As die ander party wen... EVF
As die ander partye die land in die grond in boer... EVF
Wat ook al verder gebeur... EVF
As julle nie hier wil lees en antwoord nie... EV ook F.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

Oom Naas, ons is te laat om kandidate vir die verkiesing te registreer.

:mumum:

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#41
Ek is nou deel van die EVF party. Het ook iets om vanaand te probeer as Outop by die huis kom. Nie ek of die kinders of sy kollegas het hom al ooit hoor swets nie. Diekant van die aardbol is die kras deel van Fôkkôlie deel van die taal en as dinge verkeerd gaan by die werk vra hulle graag vir Outop of dit F'd is dan antwoord hy net: it is not happy! En die res verloop so: "you mean to say it is F'd?" .... "No, it is not happy at all."  So ek gaan hom vertel van die nuwe party waarvan ek deel is en wag vir sy antwoord  :`ip2:

Assie


PM

Ja-nee, dit is so waar, waarder as die waarheid.   :angel7:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Wat was Outop se reaksie oor jou nuwe party?
Ongelukkig kan jy nie vir my stem daar in gatkantland nie maar EVF.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.